Noem 4 funksies van voedsel in die liggaam.
Mense het 7 soorte voedsels nodig in hul dieet, wat is dit?
Wat noem ons mense wat nie vleis nie eet nie?
Vegatariers
Party mense eet geen kos wat van diere afkomstig is nie (melk,eiers,kaas,vleis ens) Wat noem ons hulle?
Veganiste
Hoe behoort ‘n aktiewe tiener se dieet te lyk?
60% koolhidrate
25% proteïne
15% vette
Kyk na figuur 1.5.1. oor die voedselpiramiede.
Wat is die 2 groepe waarin al die voedsel verdeel kan word?
Wat is organiese voedsel?
Organiese stowwe bestaan uit lang kettings wat onoplosbaar in water is. Hierdie kettings word opgebnou uit koolstofelemente waaraan waterstof en suurstof bind.
Verduidelik waaruit proteïne bestaan.
Die individuele boublokkies van proteïne word aminosure genoem. Proteïne bevat die elemente koolstof, waterstof, suurstof en stikstof, en dikwels ook swavel en fosfor.
Kyk na figuur 1.5.3 oor Proteïne wat bestaan uit aminosure wat kettings vorm.
Noem 6 funksies van proteïne.
Noem 5 bronne van proteïne.
Wat word alles ingesluit onder koolhidrate?
Koolhidrate sluit in stysels, suikers en sellulose.
Waaruit bestaan koolhidrate?
Alle koolhidrate word opgebou uit klein molekule soos glukose. Glukose bestaan gewoonlik uit die elemente koolstof, suurstof en waterstof.
Kyk na die struktuur van ‘n molekuul glukose - ‘n soort koolhidraat - wat die bindings tussen koolstof, waterstof en suurstof toon in figuur 1.5.4.
Noem die 3 funksies van koolhidrate.
Noem 3 bronne van koolhidrate.
Waaruit bestaan vette?
Vette bestaan uit 2 dele: gliserol en vetsure.
Albei hierdie dele bevat die elemente koolstof, waterstof en suurstof. Verskillende soorte vetsure maak verskillende soorte vette. Diervette is gewoonlik vaste stowwe en plantvette (olies) is gewoonlik vloeibaar by kamertemperatuur.
Kyk na die struktuur van ‘n vet in die volgende diagram.
Noem die 6 funksies van vette.
Noem die bronne van vette en ‘n paar voorbeelde van elk.
Wat is vitamiene?
Vitamiene is organiese verbindings wat noodsaaklik is vir die werking van die liggaam. Party vitamiene los op in water en ander los op in vet.
Noem 2 wateroplosbare vitamienes.