Donker Web Flashcards
(115 cards)
Wie is Xander se pa?
Regter Gericke
Wat was Xander se pa se rol in Project Nursery Rhyme?
Hy het die mense wat in PNR betrokke was teen die wet beskerm.
Wat het met Xander se pa gebeur?
Hy wou nie meer by PNR help nie en toe het hulle hom met ‘n binneband van ‘n motor doodgemaak.
Hoe is John van Rina Owen af “weggevat”?
John het selfdood gepleeg (oordosis pille geneem.)
In watter tronk is Rina se man, Chris Owen?
Kgosi Mampuru (II) / Pretoria Sentraal (se C-Max)
Hoe ken Greg vir Plank?
Greg en Plank was saam op skool by Lawson Kollege
Waar het Greg die vrou met die swart skouerlengte hare, streng
mond en donkerraambril al voorheen gesien?
Hooggeregshof (sy was by Chris Owen se hofsaak)
Later daardie aand by die straatteater (Vensters) herken ‘n dronk
student vir Greg en konfronteer hom. Waarvan beskuldig die student vir Greg?
Hy beskuldig Greg daarvan dat hy sy pa vir die wolwe gegooi het.
Waar het ‘n ander vreemdeling vroeër ook vir Greg herken en hom oor sy pa uitgevra?
By die ontbytsaal in Beaufort-Wes het ‘n vreemde vrou hom herken en oor
sy pa gevra.
Hoe pas Thomas Lawson by Greg se verlede in?
Hy is die stigter van Lawson Kollege / Was voorheen waarnemende
skoolhoof / was huisvriende met Greg se pa/ouers.
Noem twee van die aktiwiteite wat Stadler in sy grootwordjare op die plaas gedoen het.
Kaal geswem / hy en sy broer het kattekwaad aangevang / Vinke geskiet / slange, meerkatte en ‘n jakkals geskiet / diere opgestop
Voor Greg die aand huis toe gaan, vra Lawson om hom in sy
studeerkamer te sien. Waarmee het Lawson ‘n probleem en
hoekom het hy‘n probleem daarmee gehad?
Thomas dink dat Greg sy tyd mors om sportwetenskap te studeer. √ Hy het ‘n probleem daarmee en sê dat sy pa nie dit sou wou hê nie / eerder in ‘n besigheidsrigting studeer.√
Watter skim uit Greg se verlede ontmoet Greg hier in die kerk en
hoe ken die persoon vir Xander?
Tom. √ Hy was Xander se hacker buddy/vriend. / Die terreinbestuurder by Lawson. √
Hoekom sê die persoon dat Greg net soos sy pa is?
Hy sê Greg is net soos sy pa, want hy wil alles met geld oplos.
Hoekom is die woorde op die kanseldoek, ‘n Rivier van Lewende
Water, die volgende dag ironies? Verduidelik volledig.
Tom se lyk word in die Eersterivier gekry. / Tom is dood.
Wat studeer Chloe?
Kuns / visuele kuns
Hoe probeer Chloe om vir Greg deel te maak van die normale
studentelewe op Stellenbosch?
Sy nooi hom om deel van Vensters te wees / deel te neem aan PSO aktiwiteite / nooi hom gereeld om saam met haar en haar vriende uit te gaan
Op watter manier is Chloe deel van Greg se plan?
Chloe moet ‘n foto photoshop / manipuleer sodat dit lyk of Greg die transponder in sy hand ingeplant het.
Wat moet Greg vir Chloe doen as sy hom met sy plan help?
Greg moet kampussekuriteit se kameras hack sodat Chloe dit vir ‘n kunsprojek kan gebruik
Hoe ken Dain en Greg mekaar?
Greg en Dain studeer saam.
Noem een positiewe en een negatiewe invloed wat Dain op Greg het.
Dain aanvaar Greg net soos wat hy is / sê hy is een van hulle / hou nie sy pa se verlede teen Greg nie. √ Hy gee vir Greg Ritalin.
Hoe het Greg hierdie video gekry?
Xander het die video vir Greg (via telegram) gestuur
Wie is die man in die video wat vir sy lewe pleit en wat is sy konneksie met
Xander?
Dit is regter Gericke√ en hy was Xander se pa. √
Hoe weet Greg dat sy pa die waarheid gepraat het toe hy gesê het dat hy nie
by Dok was toe hierdie man verdwyn het nie?
Greg hoor die ander mans se stemme, maar nie een van dit is sy pa s’n nie.