Huiskat Flashcards Preview

Afrikaans > Huiskat > Flashcards

Flashcards in Huiskat Deck (10)
Loading flashcards...
1
Q

Waarom kan hierdie gedig nie dadelik as ‘n sonnet geklassifieer word nie?

A

Daar is drie strofes in die gedig. Eers later sien ons dis twee kwatryne en een sestet.

2
Q

Hoe sou die lidwoord “n” die titel van die gedig verander het?

A

Die leser sou gedink het dat die gedig oor ‘n soort kat gaan – ‘n voorbeeld van ‘n kat wat deel is van ‘n huishouding.

3
Q

Watter twee afsonderlike woorde dui aan dat daar wel mense in die huis is?

A

“Ons” in r.5 en “Ek” in r.13.

4
Q

Wat is polisindeton en waarom word dit in r.4 gebruik

A

Polisindeton is die herhaling van ‘n voegwoord – in hierdie geval “en” om elke afsonderlike deel van die kat se liggaam wat die son “opsuig”, te beklemtoon.

5
Q

Waarom is die reptiel-metafoor dwarsdeur die gedig effektief?

A

Die afsydigheid en koudheid van die kat herinner aan ‘n slang se aard.

6
Q

Waarom het die kat nie ‘n naam nie?

A

Die kat het nie ‘n siel nie; sy is anoniem – naamloos.

7
Q

Hoe lyk agaat?

A

Dis ‘n groenerige, harde halfedelsteen met gekleurde lagies.

8
Q

Soek in elke kwatryn en die sestet voorbeelde van alliterasie.

A

Kwatryn 1: bene, buig, behaaglik (r.1 en 2) Kwatryn 2: smal skerwe staar Sestet:hol hand behoedsaam / smalend sluit stuit

9
Q

Bespreek die eufemisme “reggemaak en waarom is die aanhhalingsteken effektief?

A

‘n Eufemisme versag die werklikheid. Die woord “reggemaak” dui aan dat die kat nou onvrugbaar is, die kat is eintlik nie reggemaak nie

10
Q

Hoe verskil katte van honde wat in huise bly?

A

Daar is baie verskille, maar honde sal nie naamloos bly nie en hulle soek liefde by die mens terwyl katte afsydig is. Algemene bespreking in die klas word aangemoedig.