Kunselemente En Ontwerpbeginsels Flashcards
(51 cards)
Wat is die 6 kunselemente?
Lyn, Vorm, Kleur, Toonwaarde, Tekstuur, Ruimte
Wat beteken “ontwerpbeginsels” in kuns?
Dit is hoe kunstenaars kunselemente gebruik om ’n sekere effek te verkry.
Noem enige 5 ontwerpbeginsels.
Komposisie, Balans, Kontras, Klem, Beweging
(ander moontlikhede: Patroon, Ritme, Variasie, Proposie, Eenheid)
Wat is die verskil tussen organiese en geometriese vorms?
Organiese vorms is natuurlik en vryvloeiend, geometriese vorms is meetkundig en simmetries.
Hoe skep ’n kunstenaar beweging in ’n kunswerk?
Deur die gebruik van rigting, herhaling van lyne en patrone, of diagonale/golwende lyne.
Wat is toonwaarde?
Die ligtheid of donkerte van ’n kleur wat help om vorms 3D te laat lyk.
Wat beteken kontras in kuns?
Kontras is die verskil tussen elemente soos lig en donker of glad en rof om sekere dele uit te lig.
Hoekom is variëteit belangrik in ‘n kunswerk?
Om verskeidenheid te skep sodat die kunswerk interessant bly en nie eentonig is nie.
Wat is die doel van balans in ‘n kunswerk?
Om ‘n gevoel van visuele ewewig te gee sodat die werk nie skeef of onvoltooid voel nie.
Watter beginsel help om ‘n kunswerk as ‘n eenheid te laat voel?
Eenheid
Wat is die primêre kleure?
rooi, blou, geel
Wat is die sekondêre kleure?
oranje, groen, pers
Wat is komplimentêre kleure?
kleure oorkant mekaar op die kleurwiel (bv. rooi & groen)
Noem drie warm kleure.
rooi, oranje, geel
Noem drie koue kleure.
blou, groen, pers
Wat is toonwaarde?
Hoe lig of donker ’n kleur is
Wat skep diepte en volume in ’n kunswerk?
toonwaarde
Wat is die funksie van donker en lig toonwaardes?
Gee ’n gevoel van 3D vorm
Wat is die definisie van tekstuur in kuns?
Hoe iets voel of lyk asof dit voel
Wat is die verskil tussen regte en visuele tekstuur?
Regte tekstuur kan fisies gevoel word; visuele tekstuur is ‘n illusie.
Wat is die betekenis van ruimte in kuns?
Die area in en om voorwerpe
Wat is positiewe en negatiewe ruimte?
Positiewe ruimte is gevulde areas; negatiewe ruimte is oop areas
Wat is komposisie in kuns?
Die rangskikking van elemente in die kunswerk
Wat bepaal hoe die kyker se oog deur die werk beweeg?
Komposisie