Nw 1 Aug 2018 Flashcards Preview

Moné 💌 > Nw 1 Aug 2018 > Flashcards

Flashcards in Nw 1 Aug 2018 Deck (16):
1

Brandstowwe

Dit is stowwe soos steenkool,gas en olie wat verbrand word om energie te produseer

2

Hout

Word versamel en verbrand om hitte en lig te produseer

3

Hout

Hout kom uit plante, veral bome.
Word gebruik om hitte en lig te produseer
Plante gebruik ligenergie van die son, koolstofdioksied en water om te groei
Plante gebruik die energie en stoor dit in hul blare, wortels en dele
Hout bevat ook nou hierdie energie
Verbranding van hout verander die gestoorde energie in lig en hitte

4

Hoofkategorieë van brandstof

Brandstowwe kan verbrand word om hitte en lig te produseer
Kos is die liggaam se brandstof
Sommige brandstowwe is energiebronne vir enjins en kragstasies

5

Steenkool

Soort fossielbrandstof wat verbrand word om hitte te voorsien
Miljoene jare gelede was aarde met water bedek
Plante wat doodgegaan het, het onder water gesink
Oor miljoene jare is die lae plante bedek met sand en afgedruk
Dit is diep onder grond begrawe waar dit warm is
Die plantaardige materiaal is in fossielbrandstowwe verander

6

Fossiel

Omdat dit van plante en diere geskep is wat lank gelede gelewe het
Bv sttenkool, aardgas en olie

7

Was in ń kers

Word verbrand om te lig te verskaf
Was bevat gestoorde energie
As ons dit aan die brand steek, kan ons gestoorde energie in lig verander

8

Paraffien

Brandstof wat gebergde energie bevat
Dit word in paraffienlampies of stowe verbrand
Gee lig en hitte

9

Kos vir liggaam

Mense en diere het energie nodig
Ons kry dit vanaf kos wat ons eet
Kos bevat gebergde energie

10

Energie van voedsel

KiloJoules
Kalorieë

11

Petrol of diesel

Word in voertuie gebruik om te werk
Gebergde energie word bewegingsenergie
Petrol en diesel word van fossielbrandstowwe gemaak
Steenkool word ook verbrand om elektrisiteit te maak

12

Kragstasie

Groot fabriek waar steenkool in groot hoeveelhede verbrand word om elektrisiteit te maak

13

Gasse in lug om ons

Suurstof 20%
Stikstof 79%
Ander 1%

14

Verbranding

Wanneer iets brand

15

Hoekom sal kees ophou brand?

Brandstof (was en lont) is uitgebrand

16

Vuurdriehoek elemente

Suurstof
Brandtof
Hitte