Sure En Basise Flashcards
(17 cards)
Waarom is sure en basisse belangrik in ons daaglikse lewe?
Hulle het spesifieke eienskappe wat dit geskik maak vir gebruik in die huis (soos skoonmaakmiddels) en in nywerhede (soos chemiese vervaardiging).
Noem drie algemene voorbeelde van sure wat ons daagliks gebruik.
Suurlemoensap, asyn, tee.
Hoe smaak sure?
Sure het ’n skerp of suur smaak wat vir meeste mense onaangenaam is.
Hoe voel sure op die vel?
Hulle voel grof of bytend en kan ’n branderige sensasie veroorsaak.
Wat beteken dit as ’n stof vretend is?
Dit beteken die stof kan ander stowwe vernietig of wegvreet – baie sure is vretend.
Wat moet jy doen wanneer jy met sure werk?
Dra altyd handskoene en wees versigtig, want sure kan brandwonde veroorsaak.
Noem drie algemene voorbeelde van basisse.
Waspoeier, koeksoda, seep.
Hoe smaak basisse?
Basisse het ’n bitter smaak wat vir meeste mense onaangenaam is.
Hoe voel basisse op die vel?
Basisse voel glad of glibberig wanneer dit aan die vel raak.
Watter gevaar hou party basisse in?
Sommige basisse is korrosief (vretend) en kan vel en materiale beskadig.
Wat is ’n alkalie?
’n Basis wat in water kan oplos.
Wat moet jy dra wanneer jy met basisse eksperimenteer?
Handskoene – vir veiligheid teen vretende eienskappe.
Wat is ’n neutrale stof?
’n Neutrale stof is ’n stof wat nie soos ’n suur of ’n basis optree nie.
Watter eienskappe het neutrale stowwe?
Neutrale stowwe toon geen eienskappe van sure of basisse nie.
Noem ’n voorbeeld van ’n neutrale stof.
Suiwer water is ’n voorbeeld van ’n neutrale stof.
Is afelsout ’n suur, basis of neutrale stof?
Afelsout is ’n neutrale stof wat ons daagliks gebruik.
In watter kategorie val neutrale stowwe?
Hulle vorm ’n aparte kategorie wat nie suur of basis is nie.