Hoofstuk 4- Reaksies Met Suurstof Flashcards
Tabel op p. 48 in handboek
Gee die chemiese formule vir:
1- magnetit
2- roes
1- Fe3O4
2- Fe2O3
Wat is roes
‘n Stadige chemiese reaksie wat plaasvind as yster met suurstof reageer in die teenwoordigheid van water om yster(III)oksied te vorm
Hoekom rig roes skade aan
Die metaal vorm klein vlokkies wat nie aan die metaal vaskleef en die metaal sodoende verswak.
Wat is korrosie van metale
Wanner ‘n metaal weggevreet word en bros raak
Wat beïnvloed die tempo waarteen yster roes
Die hoeveelheid suurstof waaraan dit blootgestel is
Die hoeveelheid water waaraan dit blootgestel is en die hoeveelheid soute in die water
Die suurgehalte waaraan dit blootgestel is
Onsuiwerhede in die yster laat dit stadiger roes
Noem 5 maniere om roes te voorkom
Verf
Olie vir bewegende dele
Plastieklae om yster
Elektroplateting
Galvanisering
Wat is ‘n koolwaterstof, wat gebeur as dit verbrand word
‘n Verbinding wat slegs bestaan uit koolstofatome en waterstofatome soos metaan en butaan. Die verbranding gee altyd koolstofdioksied en water
Met watter kleur vlamme brand die volgende:
1- Swawel
2- Yster
3- Magnesium
4- Koolstof
1- Blou
2- Heldergeel
3- Wit
4- Oranje
Wat gebeur as silwer met swawel reageer
Dit verkleur swart omdat silwersulfied vorm
Wat gebeur as koper met koolstofdioksied in vogtige lug reageer
Dit verkleur groen omdat koperkarbonaat vorm