Definisies Flashcards
Definisie van resultante vektor
n enkele vektor met dieselfde uitwerking as al die ander vektore saam
wat word bedoel met ewewig
wanneer die resultant van twee of meer kragte wat op n punt inwerk 0 is, is die kragte in ewewig
wat is n ekwillibrante krag
n enkele krag wat die ander kragte in ewewig hou. en dit is in die tenoorgestelde rigting as die resulterende krag maar dieselfe grote.
definieer normaal krag
dit is die krag wat deur n oppervlak uitgeoefen word op n voorwerp wat daarmee in kontak is. die normaal krag is loodreg op die oppervlakte
wrywingskrag
die krag wat die beweeging teenwerk en dit is parralel op die oppervlakte waarmee die voorwerk in kontak is
statiese wrywing
die wrywings krag uitgeoefen deur een oppervlak op n ander wanneer daar nie beweeging plaasvind nie
kinetiese wrywing
die wrywingskrag wat n oppervlak op n voorwerp uitoefen wanneer die voorwerp oor die oppervlak beweeg
Newton se eerste beweeging stel
n voorwerp sal in n toestand van rus bly of teen n konstante snellheid beweeg tensy n ongebalanseerde krag daarop inwerk
traagheid
die mate waarin n voorwerp weerstand bied teen die verandering in poisisie in rus of teen konstante beweeing in n reguit lyn
tweede wet
wanneer n netto krag op n voorwerp uitgeoefen word versnell die voorwerp in die rigting van die netto krag. die versnelling is direk eweredig aan die netto krag en omgekeerd eweredig aan die massa
newton se derde wet
wanneer voorwerp a n krag op voorwerp b uitoefen , oefen voorwerp b gelyktydig n ewe groot krag in die teenoor gestelde rigting op voorwerp a uit
newton se universiuele gravitasie wet
elke voorwerk in die heelal oefen n gravitasie aantrekkings krag op n ander voorwerp uit.hierdie aantrekkingskrag is direk eweredig aan die produk van hul massas en omgekeerd eweredig aan die kwadraat van die afstand kwadraat tussen hul middelpunte.