Pulse en golwe Flashcards
Definisies
Puls
‘n enkele versteuring in ‘n medium
Transversale puls
n puls waarvan die deeltjies van die medium loodreg beweeg met die rigting van voortplanting van die puls
amplitude
Die maksimumversteuring van ‘n deeltjie vanaf sy rus of ewewigspossie
Beginsel van superponering
Die algebraise som van die amplitude van twee pulse wat dieselfde posisie beklee op dieselfde tyd
konstruktiewe interferensie
Die verskynsel waar die krui van een puls die kruin van ‘n ander puls kruis om ‘n puls met ‘n groter amplitude te vorm
Destruktiewe interferensie
Die verskynsel waar die kruin van een puls met die trog
(buik) van ‘n ander kruis wat ‘n kleiner puls of verkleinde amplitude tot gevolg het
Transversale golf
‘n golf waarin deeltjies van die medium loodreg vibreer met die bewegingdrigting van die golf .’n Tranversale golf is ‘n reeks transversale pulse
Golflengte
die afstand tussen twee opeenvolgende punte in fase
Frekwensie
Die aantal golwe per sekonde verby ‘n punt
Periode
Die tyd wat dit neem om een volledige golf te voltooi
Amplitude
Die maksimum verplasing van ‘n deeltjie vanaf die ewewigsposisie
Kruin
Hoogste punt (piek) op ‘n golf
Trog
Laagste punt op ‘n golf
IN fase
twee punte in fase word geskei word deur ‘n heelgetal volledige golwe
Longitudinale golf
‘n golf waarin die deeltjies van die medium parallel vibreer met die rigting van beweging van die golf