3. Skenkingsbelasting Flashcards

1
Q

Op wie is skenkingsbelasting van toepassing

A
  • Slegs inwoners van SA
  • inwoners= maatskappye en indivdue
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Watse tipe belasting in skenkingsbelasting

A
  • Kapitale belasting wat oorgedra kan word
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Die soort kapitale belastings in RSA

A

= Skenkingsbelasting EN Boedelbelasting

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

WAAROP WORD SKENKINGSBELASTING GEHEF?

A
  • die waarde van die eiendom wat beskik word deur n inwoner van die RSA, in die vorm van donasie
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

As Armand gratis rekenmeesterswerk vir Celeste doen - kwalifiseer dit as ‘n skenking?

A

Nee, daar is nie n oordrag van eiendom nie

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

WAT IS DIE KOERS WAARTEEN SB GEHEF WORD?

A
  • 20% op skenkings tot en met ‘n waarde van R30 000 000; of
  • 25% op skenkings groter as R30 miljoen.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

WIE IS AANSPREEKLIK VIR SKENKINGSBELASTING (SB)?

A
  • Die SKENKER betaal SB!!!
  • Maar: as die skenker versuim om die SB te betaal dan is die begunstigde aanspreeklik vir SB.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Voorbeeld 1: Binne gemeenskap van goedere

K is getroud met Y en die huweliksooreenkoms is binne gemeenskap van goedere. So, as K besluit om sy vakansiehuis te skenk aan haar sussie, wie betaal SB?

A

Gaan kyk:
Hoe is hulle getroud?

Binne gemeenskap van goedere so die vakansiehuis vorm deel van hulle gesamentlike boedel was sal beteken dat beide K en Y ‘n gelyke aandeel in die skenking gehad. So hulle (K:Y) gaan (50:50) SB betaal.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Voorbeeld 2: Buite gemeenskap van goedere

  • M is getroud met V en die huweliksooreenkoms is buite gemeenskap van goedere. So, as M besluit om die vakansiehuis te skenk aan sy sussie, wie betaal SB?
A
  • Hulle is buite gemeenskap van goedere getroud so die huis vorm NIE deel van hul gesamentlike boedel NIE.
  • Omrede M die donasie gemaak – betaal hy die SB alleenlik. (M:V) (100:0)
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

SKENKINGS DEUR MAATSKAPPYE GEMAAK OP INSTRUKSIE VAN ANDER

A
  • Indien ‘n maatskappy ‘n instruksie van ‘n iemand ontvang om ‘n donasie te maak, dan is die persoon wat die instruksie gegee het = aanspreeklik vir SB.
  • Weereens, die persoon wat die instruksie gegee het moet ‘n INWONER van RSA wees.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

WANNEER WORD SB BETAAL?

A
  • SB word betaal aan die einde van die maand – wat volg op die maand waarin die skenking gemaak is. Bv. Maak skenking in Maart dan moet SB betaal wees teen 30 April.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Wanneer is n skriftelike skenking geldig

A

Op die dag van die kontrak

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Wanneer is n verbale skenking geldig

A
  • Op die dag wat die aflewering van die eindom gemaak is
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Hoe word SB betaal ?

A
  • Per Donasie en nie op eenslag aan die einde van die JVA nie
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

7 STAPPE OM SB UIT TE WERK

A

Stap 1: Inwoner van RSA?

Stap 2: Gratis beskikking of teen n waarde laer as MW ?

Stap 3: Spesifieke vrystelling ?

Stap 4: Waarde van donasie

Stap 5: Pas algemene vrystelling toe

Stap 6: Bedrag nie minder as R0

Stap 7: maal met 20% / 25%

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
16
Q

Algemene Vrystelling - Natuurlike persone:

A

Die som van alle eiendom wat geskenk was deur ‘n natuurlike persoon verkry ‘n R100 000 vrystelling vir die JVA. (nie prorata nie) (Die R100k geld vir elke gade ongeag of hulle binne gemeenskap van goedere getroud is)

17
Q

JVA betekenis

A

Jaar van assessering

18
Q

Algeme Vrystelling - Natuurlike persone:

A

Die som van alle eiendom wat geskenk was deur ‘n natuurlike persoon verkry ‘n R100 000 vrystelling vir die JVA. (nie prorata nie) (Die R100k geld vir elke gade ongeag of hulle binne gemeenskap van goedere getroud is)

19
Q

Algeme Vrystelling - Persone anders as natuurlike persone:

A

Toevallige donasies wat nie R10 000 oorskry in ‘n JVA nie. As die JVA langer of korter is as 12mde sal die R10 000. Die R10 000 is net op toevallige donasies (‘incidental donations’) so bv. is ‘n R60k donasie kan gesien word as ‘n nie-toevallige donasie en kan dus nie vir die R10k vrystelling kwalifiseer nie.

20
Q

Spesifieke vrystellings op die volgende skenkings:

A
  • Gades
  • Voor persoon se dood
  • Lank voor die oorledene sterf
  • binne 6mde gekanselleeer
  • reg op buitelandse eiendom
  • Staat donasies
  • Navorsing instansies
  • Politieke Partye
  • goedgekeurde Publieke weldaadsorganisasie
  • Onspanningsklub
  • Fondse
  • Aandele blokmaatskappy
  • Vrywillige toekennings
  • deur Trust aan begunstigdes
  • Boerdery eiendom
  • Een maatskappy aan n ander
  • Bona fida onderhoud betalings
21
Q

Margaret het die volgende donasies in die huidige JVA gemaak:

1.) 3 Maart – R23 000 aan haar boetie

2.) 15 Julie – R75 000 aan haar kleindogter op haar 21ste verjaarsdag

3.) 5 Januarie – R8 000 weer aan haar boetie

4.) 31 Januarie – R5 000 aan haar 19 jarige seun om hom te help om sy studies af te betaal.

A

1.) Geen spesifieke vrystelling nie
Algemene vrystelling is van toepassing: R100 000 – R23 000 = R77 000 wat oor is om in die toekoms te gebruik. Die volle R23 000 is dus vrygestel van SB.

2.) Geen spesifieke vrystelling nie
Algemene vrystelling is van toepassing: R77 000 – R75 000 = R2000
Dus is R2000 oor van die algemene vrystelling.

3.) Geen spesifieke vrystelling nie
Algemene vrystelling van toepassing: R2 000 van die R8 000 is vrygestel. Die ander R6 000 is belasbaar.
Dus: R6 000 x 20% = R12000
Betaalbaar 28 Feb 2024

4.) Hierdie skenking was vir bona fide onderhoud van haar seun en kwalifiseer dus vir die spesifieke vrystelling. Die volle R5000 is dus vrygestel.

22
Q

VOORBEELD 4
Morné Steyn is ʼn inwoner van die Republiek van Suid-Afrika (RSA). Hy het in die huidige jaar van aanslag die volgende skenkings gemaak:

a) R150 000 kontant aan sy kerk op 3 April 2023.

b) Pandora oorbelle ter waarde van R5000 aan sy vrou op 4 Junie 2023.

c) ʼn Twee slaapkamer meenthuis met ʼn kosprys van R202 000 aan sy skoonma op 19 Augustus 2023. Die markwaarde van die woonstel is R750 000.

d) R50 000 aan sy dogter op 15 Oktober 2023, die bedrag is egter binne ses maande na die skenking teruggetrek.

e) R150 000 kontant bonus aan sy sjef op 31 Desember 2023, die bonus is geag as ʼn vrywillige toekenning.

VAN U WORD VERLANG OM
die skenkingsbelasting betaalbaar vir die huidige jaar van aanslag te bereken.

A

(a) Kerk – R150 000
Geen spesifieke vrystelling van toepassing nie.
Die algemene vrystelling van R100 000 is van toepassing.
R100 000 van die R150 000 is vrygestel.
R150 000 – R100 000 = R50 000 wat belasbaar is.
Dus: R50 000 x 20% = R10 000
Die R10 000 betaalbaar teen 31 Mei 2023 aan SARS.

(b) Oorbelle – R5000
Oorbelle aan sy gade word spesifiek vrygestel.

(c) Woonstel aan skoonma
Nie spesifiek vrygestel van belasting nie
Algemene vrystelling is van toepassing, maar die volle R100 000 is reeds benut vir die jaar van aanslag.
Dus: R750 000 x 20% = R150 000 betaalbaar op 30 September 2023.

(d) Kontant aan dogter
Spesifieke vrystelling van toepassing. (Tegnies sou hy skenkingsbelasting betaal het teen 30 November en sal dan later terugbetaling ontvang

(e) Sjef
Spesifieke vrystelling is van toepassing. Dus word geen skenkingbelasting betaal nie.

23
Q

VOORBEELD 5 - Algemene vrystelling vir natuurlike persone

Samuel het die volgende skenkings gedurende die jaar van aanslag geëindig 28 Februarie 2024 gemaak:

a. ‘n bedrag van R18 000 aan sy broer op 25 Maart 2023

b. ‘n bedrag van R71 000 aan sy ma op 10 Julie 2023

c. ‘n bedrag van R15 000 aan sy seun op 6 Februarie 2024.

U kan aanvaar dat geen van die bogenoemde skenkings gemaak is vir die bona fide onderhoud van die betrokke persone nie.

VAN U WORD VERLANG
Om te bereken watter bedrae onderhewig sal wees aan skenkingsbelasting gedurende die jaar van aanslag geëindig 28 Februarie 2024.

A

a.) Spesifieke vrystelling R100,000 - R18,000 = R82,000

b.) Spesifieke vrystelling R82,000 - R71,000 = R11,000

c.) R15,000 - R11,000 = R4,000 x 20%

24
Q

VOORBEELD 20.1

Dominique Abrams is die enigste Broodwinner van sy familie. Sy vrou, Ramasela, is ‘n huisvrou. Hulle het twee kinders, ‘n seun en ‘n dogter. Dominique en Ramasela is getroud buite gemeenskap van goedere

Op die eerste van elke maand ontvang Ramasela R30 000 vir huishoudelike uitgawes. Dominique het bereken dat dit hom, uitgesluit skenkings en geskenke, R126 000 in die jaar van aanslag gekos het om Ramasela te onderhou R72 000 om sy seun te onderhou, en R58 500 om sy dogter te onderhou.

Op 20 Januarie 2024 het Dominique vir sy seun ‘n tweedehandse motor gegee vir sy 19de verjaardag. Dominique het die motor vier jaar gelede vir R140 000 gekoop. Sy seun het die motor die volgende dag vir R95 000 verkoop.

Gedurende Februarie 2024 het Dominique geskenke en skenkings aan verskeie lede van sy familie gemaak wat altesaam R120 000 beloop, insluitend geskenke en skenkings aan sy vrou van R30 000.

VAN U WORD VERLANG OM

Die skenkingsbelasting te bereken wat Dominique gedurende die 2024-jaar van aanslag moet betaal.

A

Huishoudelike uitgawes (vrygestel) Aan n gade

Onderhoud van sy vrou (vrygestel) Afhanklik

Onderhoud van sy seun (vrygestel) Afhanklik

Onderhoud van sy dogter (vrygestel) Afhanklik

Donasies aan sy vrou (vrygestel)

19de verjaarsdag geskenk Word in R100 000 geabsorbeer (95,000)

Minus: Jaarlikse vrystelling (maksimum van R100 000)

Bedrag onderhewig aan donasie belasting = 0

Donasies gemaak deur Dominique in Februarie = 120,000

Minus: Donasies gemaak aan sy vrou = (30,000)

Minus: Jaarlike vrystelling (beperk tot R100 000 – R95 000) = (5,000)

Bedrag onderhewig aan skenkings belasting = 85,000

Koers van skenkingsbelasting 20%

Skenikingsbelasting betaalbaar deur Dominique 85,000 x 20% = 17,000

25
Q

VOORBEELD 20.2

Peter en Petru Baardman is getroud binne gemeenskap van goedere.

Gedurende 1 Maart 2023 tot 1 Desember 2023 het Peter geskenke en skenkings aan verskeie lede van sy familie van altesaam R12 000 gemaak, insluitende geskenke en skenkings aan sy vrou Petru van R3 000. Gedurende hierdie tydperk het Petru ook geskenke en skenkings aan verskeie lede van haar familie van R20 000 gemaak, insluitend geskenke en skenkings aan haar man van R200.

Hul enigste dogter het op 15 Januarie 2024, 18 jaar oud geword. Peter het vir haar ‘n muntstukversameling as verjaardag geskenk gegee. Die versameling is op R170 000 gewaardeer.

Petro het vir haar ‘n woonstel as verjaardag geskenk gegee. Petru het hierdie woonstel van haar ma se boedel geërf en in ooreenstemming met die bepalings van die testament sou die woonstel uit hul gesamentlike boedel uitgesluit word. Die woonstel se waarde was R430 000, toe Petru dit geërf het en R750 000 toe sy dit aan haar dogter geskenk het.

VAN U WORD VERLANG OM
Die bedrag skenkingsbelasting te bereken wat Peter en Petru gedurende die 2024-jaar van aanslag moet betaal.

A

Donasies tussen die man en vrou is uitgesluit van donasie belasting (skenkings tussen gades). Omdat hulle binne gemeenskap van goedere getroud is, besit hulle elkeen ‘n deel (50%) van die bates tensy dit spesifiek uitgesluit is van hulle gesamentlike boedel.

Maart - Desember:
Donasies gemaak deur Peter = 12,000
minus: donasies aan gase (vrygestel) = (3,000)

Elke gade besit 50% van die bates wat as donasies is = 9,000

DWS Peter het 4,500 en Petru het 4,500

Donasies gemaak deur Petru = 20,000
minus: donasies aan gade (vrygestel) = (200)

Elke gade besit 50% van die bates wat as donasies is - 19,800
DWS Peter het 9,900 en Petru het 9,900

Totaal vir Peter en Petru = 14,400 elk

Minus: Jaarlikse vrystellings (onder R100,000 dus ten volle)
Peter = (14,400)
Petru = (14,400)

Bedrag onderhewig aan donasie belasting = 0

15 Januarie:
Muntstukversameling (elke gade 50%) = R85,000
Woonstel = Petru 750,000

Minus: Jaarlike vrystellings (R100 000 – R14 400)
Peter = (85,000)
Petru = (85,600)

Bedrag onderhewig aan donasie belasting
Peter = 0
Petru = 749,400

Koers van skenkings belasting (onder R30 miljoen) = 20%

Skeinkings belasting betaalbaar deur Petru = 149,880 (249,400 x 20%)

26
Q

VOORBEELD 20.3

Warona Seete is onlangs afgetree as Hoof Finansiële Beampte van ‘n mediumgrootte mynmaatskappy en het ‘n aansienlike enkelbedrag ontvang. Hy besit en bestuur ook twee besighede wat goedere vir die myn bedryf vervaardig.

Warona vra advies oor die skenkingsbelasting implikasies van die volgende skenkings. Warona was nog altyd ‘n inwoner van die Republiek.

Skenking 1 (nie-inwoner skenk aan ʼn inwoner)
Warona se tannie (nie ‘n inwoner van die Republiek nie) besit die eiendom in Rustenburg waarop een van die fabrieke geleë is. Sy wil die eiendom aan een van Warona se maatskappye (‘n inwoner van die Republiek) skenk.

Skenking 2 (universiteite)
Warona wil geld aan sy voormalige universiteit gee, maar is nie seker wat opsie om te kies nie: (a) ‘n boekskenking aan die biblioteek van die Departement Belasting by ‘n “kwalifiserende” universiteit, of (b) ‘n kontantskenking aan ‘n “kwalifiserende” universiteit se “Charity Rag Fund”.

Skenking 3 (politieke party)
Nadat hy ‘n motiveringstoespraak deur ‘n voormalige president bygewoon het, wil hy ‘n kontantskenking aan ‘n politieke party gee.

Hy oorweeg dit om:
(a) óf die skenking te maak aan die politieke party wat ingevolge die bepalings van artikel 36 van die Kieswet geregistreer is
(b) óf in die alternatief wat hy dit aan die Vriende van die Politieke Jeugorganisasie kan maak.

Alhoewel die Vriende van die Politieke Jeugorganisasie “aktief” in die politiek is, is dit nie ‘n politieke party wat ingevolge die bepalings van artikel 36 van die Kieswet geregistreer is nie. Dit is ook nie ‘n openbare weldaadsorganisasie nie.

Skenking 4 (ontspanningsklub)
Warona is die voorsitter van die plaaslike sokkerklub. Die klub is ‘n ontspanningsklub en goedgekeur vir die SAID-kommissaris ingevolge artikel 30A. Warona het R200 000 aan die klub geskenk om ‘n sokkertoernooi vir plaaslike skole aan te bied.

Skenking 5 (vrywillige toekenning)
Warona gee vir sy huiswerker ‘n bonus, wat geag ʼn vrywillige toekenning, van R25 000 is. Die bonus is nie aan die werknemer betaal in ooreenstemming met haar dienskontrak nie. Dit is op 25 Desember betaal.

Skenking 6 (prysgeld)
Warona se besigheid het 50% van die prysgeld vir ‘n intermyne-pyltjie-toernooi geskenk. In ruil vir sy skenking sal die besigheid se naam in die amptelike program verskyn en sal gereeld deur die media verwys word.

Skenking 7 (verjaarsdag geskenk)
Warona gee sy sekretaresse ‘n verjaardag geskenk (nuwe motorvoertuig) ter waarde van R475 000. Daar moet kennis geneem word dat die sekretaresse ook Warona se “vriend” is.

VAN U WORD VERLANG OM
Met redes te sê of bogenoemde skenkings vrygestel kan word van, of nie aanspreeklik is vir skenkingsbelasting nie.

A

1.) Wetgewing
Skenkingsbelasting word gehef op alle skenkings wat deur ‘n inwoner van die Republiek gemaak word. Skenkingsbelasting word dus nie gehef volgens waar die eiendom geleë is nie, of op die plek waar die skenking gemaak word nie, maar word gehef op ‘n skenker wat ‘n inwoner van die Republiek is.

Gevolgtrekking
Aangesien die skenker nie ‘n inwoner van die Republiek is nie, is geen Suid-Afrikaanse skenkingsbelasting betaalbaar nie.

2.) Wetgewing
Die skenking van biblioteekboeke aan die Departement Belasting by ‘n ‘kwalifiserende’ Universiteit sal vrygestel word van skenkingsbelasting ingevolge artikel 56(1)(h). Hierdie bepaling bied ‘n vrystelling van skenkingsbelasting indien die skenking aan ‘n goedgekeurde openbare weldaadsorganisasie (PBO) gemaak word. ‘n “Kwalifiserende” Universiteit is ‘n goedgekeurde PBO, met die gevolg dat hierdie skenking vrygestel is van skenkingsbelasting.

Gevolgtrekking
Beide skenkings aan universiteite en skenkings aan liefdadigheidsorganisasies kan vrygestel word van skenkingsbelasting. Voordat die vrystelling egter van toepassing kan wees, moet die instelling ‘n goedgekeurde PWO (publieke welsyns organisasie) wees. Dit wil voorkom asof die “kwalifiserende” universiteit se “Charity Rag Fund” erken sal word as ‘n goedgekeurde publieke welsyns organisasie (artikel 56(1)(h)).

3.) Wetgewing
Aangesien die politieke party ingevolge die bepalings van artikel 36 van die Kieswet geregistreer is, is die kwitansies en toevallings vrygestel van normale belasting ingevolge artikel 10(1)(cE). ‘n Direkte gevolg van hierdie vrystelling van normale belasting is dat skenkings wat daaraan gemaak word (of daardeur) ook vrygestel is van skenkingsbelasting (artikel 56(1)(h)).

Gevolgtrekking
Alhoewel Vriende van die Politieke Jeugorganisasie “aktief” in die politiek is, is dit nie ‘n politieke party wat ingevolge die bepalings van artikel 36 van die Kieswet geregistreer is nie.
Daarom sal nie die bepalings van artikel 10 of 56 daarop van toepassing wees nie, met die gevolg dat skenkingsbelasting betaalbaar is.

4.) Die skenkingsbelasting is vrygestel vir ontspanningsklubs as dit goedgekeur is deur die SAID Kommissaris.

5.) Wetgewing
Die werknemer wat die R25 000 vrywillige toekenning van sy werkgewer ontvang, sal vereis word om dit by sy bruto inkomste in te sluit. Dit is in terme van paragraaf (c) van die definisie van “bruto inkomste” as gevolg van die toevallige verhouding tussen die toekenning en sy dienste gelewer of gelewer moet word.

Gevolgtrekking
Wanneer die ontvanger van ʼn skenking vereis word om die waarde van ‘n skenking in sy bruto inkomste in te sluit “ingevolge paragraaf (c), (d), of (i) van die definisie van “bruto inkomste” in artikel 1”, dan is die waarde van die skenking vrygestel van skenkingsbelasting ingevolge artikel 56(1)(k).

6.) Wetgewing
Op grond van die inligting wat verskaf word, blyk dit dat die skenking van 50% van die prysgeld deur die besigheid aan die toernooi gegee is vir advertensie doeleindes, so daar is ‘n direkte verband tussen die skenker se geskenk van die prysgeld en die besigheid van die skenker. Die bedrag wat “geskenk” is, sal dus nie ‘n “ gratis beskikking van eiendom “ wees nie,

Gevolgetrekking
Geen skenking het plaasgevind nie en dus ontstaan geen aanspreeklikheid vir skenkingsbelasting nie.

7.)
Wetgewing
Die oorsaak van hierdie skenking deur Warona aan sy sekretaresse is haar verjaarsdag, tesame met hul vriendskap. Die skenking is nie veroorsaak deur dienste gelewer of gelewer deur die sekretaresse nie, met die gevolg dat daar nie van die sekretaresse verwag sal word om die waarde van hierdie geskenk, R475 000, in haar bruto inkomste in te sluit nie. ‘n Geskenk is ‘n skenking en dit wil voorkom asof nie een van die vrystellings van skenkingsbelasting van toepassing is nie, afgesien van die skenker se basiese jaarlikse vrystelling.

Gevolgtrekking
Skenkingsbelasting is dus betaalbaar op hierdie R475 000, maar eers nadat hy sy basiese jaarlikse vrystelling van R100 000 (of oorblywende gedeelte vir die jaar van aanslag) in ag geneem het.

27
Q

Willem maak ʼn skenking aan Minette ter waarde van R25 000 000 op 1 Julie 2023. Willem het nog nooit enige skenkings van te vore gemaak, behalwe hierdie skenking aan Minette nie.

Wie gaan die skenkingsbelasting betaal, en teen watter koers?

Question 1Answer

Minette gaan die skenkingsbelasting betaal teen ʼn 20% koers.

Willem gaan die skenkingsbelasting betaal teen ʼn 25% koers.

Willem gaan die skenkingsbelasting betaal teen ʼn 20% koers.

Minette gaan die skenkingsbelasting betaal teen ʼn 20% koers.

A

Willem gaan die skenkingsbelasting betaal teen ʼn 20% koers.

28
Q

Marius maak ʼn skenking aan Ryno ter waarde van R38 000 000 op 1 Augustus 2023.

Wanneer is skenkingsbelasting betaalbaar?

Question 2Answer

28 Februarie 2024

1 Augustus 2023

30 September 2023

31 Augustus 2023

A

30 September 202

29
Q

Stian het sy kleinseun, Ruben, belowe op 1 Desember 2023, dat hy eendag sy ses splinternuwe sportmotors kan erf as hy sou afsterf. Die markwaarde van die ses motors op 1 Desember 2023 is R6 000 000.

Watter tipe van vrystelling (indien enige) is van toepassing op hierdie skenking, indien enige?

Question 3Answer

Geen vrystelling nie

Algemene en spesifieke vrystelling

Spesifieke vrystelling

Algemene vrystelling

A

Spesifieke vrystelling

30
Q

Adri het die volgende donasies gemaak in die 2024 jaar van aanslag:

  • 4 April 2023 – R39 000 aan haar vriendin Monique
  • 6 Mei 2023 – R84 000 aan haar sussie wat nie ʼn afhanklike is nie
  • 9 Junie 2023 – R1 000 aan ʼn tennisklub

Wat is die skenkingsbelasting betaalbaar deur Adri? R Answer 1 Question 4

A

(R39 000 + R84 000 + R1000) – R100 000 (vrystelling) = R24 000 x 20%

= R4 800

Dit was nie aangedui dat die tennisklub ʼn goedgekeurde klub is nie en daarom sal daar skenkingbelasting op dit wees as die R100 000 algemene vrystelling uitgeput is.

31
Q

Watter tipe van belasting is skenkingbelasting?

Question 5Answer

Kapitale belasting

Inkomste belasting

A

Kapitale belasting

32
Q

Rian en Carla is binne gemeenskap van goedere getroud. Rian besluit om hul vakansiehuis in die Kruger Wildtuin aan sy beste vriend te skenk.

Wie is aanspreeklik vir die skenkingsbelasting?

Question 6Answer

Beide is elk 50% aanspreeklik.

Rian is 100% aanspreeklik.

Carla is 100% aanspreeklik.

Beide is nie aanspreeklik nie.

A

Beide is elk 50% aanspreeklik.

33
Q

Natasha en Morne is buite gemeenskap van goedere getroud. Natasha skenk een van Morne se luukse motors vir haar joga-instrukteur.

Wie is aanspreeklik vir die skenkingsbelasting?

Question 7Answer

Morne is 100% aanspreeklik.

Beide is nie aanspreeklik nie.

Beide is 50% aanspreeklik.

Natasha is 100% aanspreeklik.

A

Natasha is 100% aanspreeklik.

34
Q

Herbs Bpk. is ʼn houermaatskappy en besit twee filiaal maatskappye:

  • ʼn 75% belang in Pepper Bpk. en
  • ʼn 60% belang in Salt Bpk.

Salt Bpk. het al die volgende skenkings op 15 April 2023 gemaak:

  • 50 000 kg sout aan Pepper Bpk. ter waarde van R90 000.
  • 2 000 kg sout aan Cumen Bpk. (ʼn nie-filiaal van Spices Bpk.) ter waarde van R10 000.
  • 1 000 kg sout aan ʼn politieke party geskenk, ter waarde van R5 000.

Hoeveel skenkingsbelasting is betaalbaar deur Salt Bpk.?

Question 8Answer

R0

R1 000

R26 250

R21 000

A

R0
* Skenkings van een maatskappy aan ‘n ander maatskappy wat ‘n inwoner is, as hulle deel is van dieselfde groep maatskappye is, is spesifiek vrygestel. (Skenking aan Pepper Bpk.)

  • Skenkings gemaak aan publieke maatskappye is ook spesifiek vrygestel. So alhoewel Cumen Bpk. nie ‘n filiaal van Spices Bpk. is nie, is Salt Bpk. ‘n publieke maatskappy wat ‘n skenking aan ‘n ander publieke maatskappy gemaak het. Dus spesifiek vrygestel.
  • Skenkings aan politieke party is spesifiek vrygestel van belasting.

The correct answer is:
R0