IBME (Edms.) Bpk. - Langvraag Flashcards

1
Q

Jy is die ouditbestuurder van Heuwels Bpk., ‘n groot ouditfirma in Kaapstad. Nancy Drew, een van die vennote, het ‘n vergadering met sekere personeellede in die firma gereël om die nuwe ouditkliënt wat die firma aanvaar het, te bespreek.
IBME (Edms.) Bpk., die nuwe ouditkliënt, is ‘n groot rekenaar dienste firma, wat spesialiseer in die implementering van rekenaarnetwerke. Soos verwag sou word van hierdie maatskappy is hulle finansiële en rekenaarstelsels ten volle geïntegreer met mekaar en maak gebruik van die nuutste tegnologie. Die nuwe aanstelling is verkry weens die vriendskap wat tussen Nancy Drew en Daniel Beyers, die besturende direkteur van IBME (Edms.) Bpk., geblom het. Heuwels Bpk. is aangestel om die oudit, asook sekere maatskappysekretaris dienste vir IBME (Edms.) Bpk. uit te voer. IBME (Edms.) Bpk. se openbare belang telling vereis dat die maatskappy se finansiële jaarstate ekstern geoudit word. Die maatskappy het vyftien gewone aandeelhouers. Geen ouditkomitee is aangestel nie.
Daniel Beyers het Nancy Drew ingelig oor sy plan om ʼn addisionele R5 000 000 vir die maatskappy in te vorder, deur verdere gewone aandele uit te reik. Die maatskappy het tans 100 000 gemagtige gewone aandele kapitaal (met geen nominale waarde nie). Hierdie gewone aandele is egter reeds ten volle uitgereik. Daniel Beyers het Heuwels Bpk. genader om hom te adviseer oor enige Maatskappywet vereistes rakende die kwessie. Die maatskappy se intensie is dat die direkteure van IBME (Edms.) Bpk. aandele aangebied sal word, oor geen van die direkteure besit tans aandele nie. Die maatskappy se Akte van oprigting verbied dat enige aandeelhouers vergaderings elektronies gehou mag word.
Nancy Drew het, met die toestemming van Daniel Beyers, die vorige ouditeur Ben Boon reeds gekontak. Nancy het met bespreek of daar enige faktore is wat oorweeg moes word, in die besluit om die aanstelling te aanvaar of nie. Uit die gesprek het dit na vore gekom dat die hoof rede vir die verandering van ouditeure by IBME (Edms.) Bpk. is dat Ben Boon na Engeland emigreer aan die einde van die jaar.
Verlang:
Bespreek die vereistes van die Maatskappywet 2008 waaraan IBME (Edms.) Bpk. sal moet voldoen ten opsigte van die uitreiking van aandele. Waar enige vergaderings gehou moet word, moet jy ook alle vereistes van die vergadering, bv. die kworum, resolusies, kennisgewing ens. bespreek.

A

Answer text Question 1
- Die persoon wat as ouditeur aangestel word moet, volgens die ouditkomitee onafhanklik wees.
- In hierdie verband moet die ouditkomitee verseker dat die ouditeur nie enige regstreekse of onregstreekse voordeel van die maatskappy ontvang het, behalwe vergoeding as ouditeur, en vir die lewering van nie-ouditdienste soos goedgekeur deur die ouditkomitee.
- Elke gelyste MPY behoort ‘n ouditkomitee te hê.
- Elke lid van ‘n ouditkomitee:
* moet
- ‘n direkteur van die maatskappy wees, en
- enige minimum kwalifikasies bevredig wat die Minister mag voorskryf om te verseker dat die ouditkomitee, in sy geheel, uit persone met voldoende finansiële kennis en ervaring bestaan
* mag nie wees
- betrokke by die dag-tot-dag-bestuur van die maatskappy se sake nie of op enige tyd gedurende die vorige finansiële jaar betrokke was nie, of
- ‘n voorgeskrewe amptenaar, of ‘n voltydse uitvoerende werknemer van die maatskappy of ‘n ander verwante of gekoppelde maatskappy wees, of so ‘n pos op enige tyd gedurende die vorige drie finansiële jare beklee het nie,of
- ‘n materiële verskaffer of kliënt van die maatskappy wees, sodanig dat ‘n redelike en ingeligte derde party tot die gevolgtrekking sou kom dat die integriteit, onpartydigheid of objectiwiteit van daardie lid van die ouditkomitee in die omstandighede benadeel word, ‘n “verwante persoon” van enige persoon onderworpe aan die bogenoemde verbod.
Die pligte van ‘n ouditkomitee is om:
‘n geregistreerde ouditeur wat, na die mening van die ouditkomitee, onafhanklik van die maatskappy is, te nomineer vir aanstelling as ouditeur van die maatskappy
die fooie vas te stel wat aan die ouditeur betaal moet word en die terme van die ouditeur se betrokkenheid.
te verseker dat die aanstelling van die ouditeur voldoen aan die bepalings van hierdie Wet, en enige ander wetgewing met betrekking tot die aanstelling van ouditeure
die aard en omvang van enige nie-ouditdienste wat die ouditeur aan die maatskappy kan verskaf, of wat die ouditeur nie aan die maatskappy of ‘n verwante maatskappy mag verskaf nie, vooraf goed te keur

Feedback
Volgens artikel 8 van die Maatskappywet as IBME (Edms.) Bpk. aan die kriteria van ‘n privaat maatskappy voldoen,
* sal die akte van oprigting die maatskappy verbied om enige aandele of sekuriteite aan die publiek aan te bied en (1)
* die oordrag van die maatskappy se aandele beperk. (1)

Volgens artikel 15 van die Maatskappywet (Jackson & Stent, 2016:3/19), sal die Raad sal moet oorweeg of daar enige vereistes in die akte van oprigting (AVO) verskyn wat verband hou met die uitreiking van aandele. Byvoorbeeld, die regte van bestaande aandeelhouers van IBME (Edms.) Bpk. (1)
Volgens artikel 39 van die Maatskappywet (Jackson & Stent, 2016:3/29), mag ʼn privaat maatskappy nie aandele uitreik nie, tensy:
* elke aandeelhouer die reg het om ʼn aanbod te ontvang van, en binne ʼn redelike tydperk in te skryf vir, ʼn persentasie van die aandele wat uitgereik gaan word gelyk aan die stembevoegdheid van die aandeelhouer, alvorens dit aan enige ander persoon wat nie ʼn aandeelhouer is nie aangebied word; (1) en
* verdere beperkings kan deur die AVO voorgelê word. (1)
IBME (Edms.) Bpk. se AVO spesifiseer die aantal en klas van gemagtigde aandele. (1) IBME (Edms.) Bpk. het reeds al die gemagtigde aandele volgens die AVO uitgereik en dus sal die AVO gewysiging moet word. (1)
Volgens artikel 36 van die Maatskappywet (Jackson & Stent, 2016:3/28),
* die AVO moet ook uiteengesit die voorkeure, regte, beperkings en ander voorwaardes, asook die klassifikasie van die aandele (1) en
* kan die direksie die aantal gemagtigde aandele wysig, behalwe as die AVO anders bepaal. (1)
Volgens artikel 37 van die Maatskappywet (Jackson & Stent, 2016:3/28), alle nuwe aandele wat uitgereik word, moet dieselfde klas aandele dieselfde regte, beperkings ens., kry (1). Elke aandeel het een stemreg, behalwe tot die mate wat dit anders bepaal word in die AVO. (1)
Die direksie van IBME (Edms.) Bpk. kan ʼn direksiebesluit neem om meer aandele op enige tyd uit te reik, maar slegs tot die mate wat die klas se aandele gemagtig is volgens artikel 38 van die Maatskappywet. (1)

Die Maatskappywet van 2008 verduidelik ook dat aandele nie meer het ‘n pari-waarde het nie. (1) Hierdie bied geen probleem vir IBME (Edms.) Bpk. aangesien die bestaande en voorgestelde aandele geen pari-waarde het nie. (1)
Volgens artikel 40 van die Maatskappywet, mag die direksie gemagtigde aandele uitreik vir voldoende teenprestasie soos bepaal deur die direksie, ingevolge die omskakelingsregte wat verband hou met die sekuriteite of as kapitalisasie-aandele. (1)
Die direkteure bepaal die teenprestasie wat vir die aandele ontvang moet word, en die bepaling daarvan (bedrag) mag nie op enige grondslag betwis word nie, behalwe as die direkteure nie aan hul fidusiêre pligte voldoen het in die proses nie. (1)
Volgens artikel 41 van die Maatskappywet, word ʼn spesiale resolusie (1) deur die aandeelhouers vereis om die uitreiking van aandele goed te keur, omdat die aandele aan die direkteure uitgereik word. (1)
In hierdie situasie is daar geen vrystelling van die vereiste vir ‘n spesiale resolusie oor geen van die uitsonderings gelys in Artikel 41 van toepassing is nie. (1)
Oor daar ‘n behoefte vir ʼn aandeelhouersvergadering is, mag die direksie volgens artikel 61 van die Maatskappywet ʼn aandeelhouervergadering roep. (1) Die direksie moet alle aandeelhouers skriftelik in kennis stel van die aandeelhouersvergadering en die volgende inligting volgens artikel 62 van die Maatskappywet dokumenteer: (1)
* die datum, tyd en plek van die vergadering; (½)
* die spesifieke doel van die vergadering (uitreiking van aandele) (‘n afskrif van die resolusie moet voorsien word) (½)
* die persentasie van stemreg soos vereis vir die resolusie (spesiaal) (½)
* dat ‘n aandeelhouer geregtig om te stem, of persoon met volmag aanstel en identifikasie benodig sal word van aandeelhouers/VOLMAG wat vergadering bywoon. (½)
Hierdie kennisgewing moet minstens 10 besigheidsdae voor die vergadering gegee word. (Die AVO kan ‘n langer of korter kennisgewing tydperk stipuleer). (1)
Volgens artikel 64 van die Maatskappywet (Jackson & Stent, 2016:3/38) kan ʼn aandeelhouersvergadering slegs begin indien (kworum vereiste) voldoende persone teenwoordig is sodat gesamentlik 25% van al die stemregte wat geregtig is om uitgeoefen te word met betrekking tot ten minste een saak (of ʼn laer persentasie in die AVO spesifiseer) teenwoordig is (1) en daar ten minste drie aandeelhouers by die vergadering teenwoordig is (indien die maatskappy meer as twee aandeelhouers het). (1)
Vir IBME (Edms.) Bpk. beteken dit dat ten minste 25% van die bestaande gewone aandeel aandeelhouers en oor IBME (Edms.) Bpk. meer as twee aandeelhouers het, kan die vergadering nie begin of ‘n saak bespreek word tensy drie aandeelhouers teenwoordig is by die vergadering nie. (1)
Voor die vergadering begin, moet aandeelhouers se identiteit geverifieer word en hul reg om aan die vergadering deel te neem. Die voorsitter van die vergadering moet tevrede wees met die geldigheid van die aandeelhouers se identiteite. (1)
Vir die spesiale resolusie op die uitreiking van aandele om suksesvol te wees, moet minstens 75% van die stemreg uitgeoefen word rakenende die aangeleentheid. (1) (Nota: die AVO kan ‘n laer (of hoër) persentasie stipuleer, maar die verskil tussen die persentasie vir ‘n gewone en spesiale resolusie, moet minstens 10% wees). (Jackson & Stent, 2016:3/39)
Stemming moet skriftelik geskied en nie deur opsteek van hande nie. (1) Skriftelike stemming bied aandeelhouers met ʼn groter aandeelhouding om meer invloed op die stem uit te oefen.
Wanneer IBME (Edms.) Bpk. die teenprestasie vir die aandele ontvang het (½):
* Die aandele word beskou as ten volle betaal en (½)
* Die maatskappy moet aandeel sertifikate uitreik in die naam van die nuwe aandeelhouer en (½)
* Die besonderhede van nuwe aandeelhouers/aandeelhouding in die maatskappy se aandeel (sekuriteite) register opdateer, bv. naam, adres, aantal aandele. (½)
Waar enige wysiging aan die AVO gemaak is, bv. die veranderinge aan gemagtigde aandele, moet die maatskappy ‘n kennisgewing van wysiging van sy AVO by die Kommissie (CIPC) indien. (1)
Maks: 20 punte
Punte beskikbaar: 33 punte

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly