Jimmy Choo - Langvraag Flashcards

1
Q

U is ‘n ouditspanlid van Jimmy Choo Beperk (“Jimmy Choo”). Jimmy Choo verkoop handsakke en skoene. Gedurende die finansiële jaar het die direksie rentevrye lenings ten bedrae van R4.5 miljoen aan twee direkteure gemagtig. Die direksie- en aandeelhouervergaderingsnotules dui geen magtiging ten opsigte van dié direkteurslenings aan nie. Ingevolge Jimmy Choo se finansiële rekords was die maatskappy wel solvent en likied voor en nadat die lenings toegestaan was.

VERLANG:

Kritiseer die regsgeldigheid (wettigheid) van die direkteurslenings en bespreek die moontlike gevolge vir Jimmy Choo en die direkteure wat dit gemagtig het met verwysing na die Maatskappywet 71 van 2008. (9 Punte)

  • Kommunikasie en duidelikheid van uitdrukking. (1 Punt)
  • Let wel: Geen melding van artikelnommers (wetsverwysings) word verlang nie.
A

gsgeldigheid van die direkteurslenings:

Jimmy Choo verkoop handsakke en skoene (1) en leen nie geld uit in hul normale loop van sake nie (1).

Die direksie het hierdie lenings gemagtig (1), hoewel ʼn spesiale aandeelhouers-besluit verlang word ter goedkeuring van direkteurslenings (1).

Die direksie het ook versuim om te verseker dat die voorwaardes van die lening billik en redelik vir die maatskappy was (1), aangesien die lenings rentevry is (1).

Dié direkteurslenings is in stryd met die Maatskappywet (1) en is nietig (1).

Moontlike gevolge vir Jimmy Choo en die direkteure wat dit gemagtig het:

Aangesien alle direkteure ten gunste van hierdie lenings gestem het (1), sal hulle gesamentlik en afsonderlik (1) aanspreeklik wees vir enige finansiële verliese wat die Jimmy Choo mag ly (1).

‘n Direkteur moet ter goeie trou (1) en in die beste belang van die maatskappy (1) met die mate van sorg, vaardigheid en ywer wat redelikerwys van ‘n direkteur verwag word (1), optree. Dit beteken dat die direkteure redelike, nougesette stappe moet neem om ingelig te word van die magtiging en prosedures wat vereis word vir die behoorlike magtiging van ‘n lening aan ‘n direkteur (1), wat hulle nie gedoen het nie (1). Die direkteure kan aanspreeklik gehou word vir die feit dat hulle in slegte trou opgetree het wanneer hulle die lenings goedkeur het (1) of ‘n delik gepleeg het rakende enige verbreking van die direkteure se plig om met die nodige mate van sorg, vaardigheid en nougesetheid op te tree (1).

Kommunikasie en duidelikheid van uitdrukking (1).

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly