Le 6: Vrae Flashcards

1
Q

Chelsea Bpk besit ‘n kantoorgebou wat aan Zoe Bpk ingevolge ‘n bedryfshuurooreenkoms
uitverhuur word. Aangesien hierdie gebou gebruik word om huurinkomste te genereer
word dit ingevolge IAS 40 as beleggingseiendom geklassifiseer
Chelsea Bpk het verder die billikewaarde-model vir die meting van beleggingseiendom as sy
rekeningkundige beleid aangeneem. Hierdie gebou het ‘n nutsduur van ongeveer 40 jaar.

Die volgende billik waardes is van toepassing: R
Met verkryging (1 Januarie 2017) kospsrys 400 000
31 Desember 2017 600 000
31 Desember 2018 500 000

Van u word verlang:
Voosiens die joernaalinskrywings vir die jare geëindig 31 Desember 2017 en 31 Desember 2018.

A

1 jan 17
Beleggings Eiendom 400,000
bank / kredit 400,000
(aankoop van eiendom)

31 Des 17
Beleggingseiendom 200,000
bilike waarde aanpassing (W/V) 200,000

31 Des 18
Bilike waarde aanpassing 100,000
beleggingseiendom 100,000

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Beta Bpk het op 1 Januarie 2018 ‘n beleggingseiendom teen R900 000 aangekoop. Die volle
aankoopprys was op 1 Januarie 2018 betaalbaar, maar aangesien Beta Bpk. kontantvloeiprobleme
ondervind het, het die verkoper ingestem dat 50% van die bedrag onmiddellik betaal moet word
en die res op 1 Julie 2018, sonder om enige rente te hef. Hierdie verlengde tydperk oortref normale
kredietvoorwaardes. Beta Bpk het verder ook oordragbelasting van R55 000 betaal, terwyl
onproduktiewe arbeidskoste R25 000 beloop het. ‘n Verdiskonteringskoers van 12% per jaar
(voor belasting), jaarliks saamgestel, word as ‘n gepaste koers beskou.

Die kosprys van die beleggingseiendom is die volgende:

A

Koste betaal op 1 Januarie 2018
450,000

+ Kontantprys-ekwivalent
n = 1
i = 6
FV = 450 000
PV = ???

dus PV = 424 528

+Oordragsbelasting 55 000
+Onproduktiewe arbeidskoste 0

= 929 528

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Klasvoorbeeld: Beleggingseiendomme
Green Olive Bpk. is ʼn kwekery wat plante kweek en verkoop.

Die volgende beleggingseiendomme word deur die maatskappy besit:

  • Onbesette Grond
    KP R1,200,000
    bilike waarde 31 Des 2017 R1,220,000
    bilike waarde 31 Des 2018 R1,260,000
  • Stoorkamer
    bilike waarde 31 Des 2018 R1,000,000
  • Kweekhuis
    bilike waarde 31 Des 2018 R330,000
  • Kantoorgebou
    bilike waarde 31 Des 2018 R575,000

Addisionele Inligting

  1. Dit is die maatskappy se beleid om beleggingseiendomme volgens die billikewaarde-model
    te verantwoord.
  2. Die onbesette grond is in Pretoria geleë en word vir langtermyn kapitaalgroei gehou.
  3. Die kweekhuis en kantoorgebou is in Sandton geleë en word verhuur ingevolge ʼn
    nie-kanselleerbare bedryfshuurooreenkoms vir ʼn periode van 5 jaar vanaf die verkrygingsdatum.
    Die kweekhuis en die kantoorgebou word maandeliks verhuur teen R3 500 en R4 000 onderskeidelik.
  4. Die stoor word gebruik om sade, kompos en kunsmus te verberg.
  5. Herstelwerk- en instandhoudingsuitgawes is in totaal R7500 op die kweekhuis spandeer gedurende die 2018
    finansiële jaar.
  6. Bestrydingskoste van R55 500 is aangegaan tydens die 2018 finansiële jaar om ʼn onverwagse wurmplaag op
    die onbesette grond onder beheer te bring maar dit hou nie enige toekomstige ekonomiese voordele in vir die
    maatskappy nie
  7. ʼn Onkoste van R45 000 is gedurende November 2018 in verband met die kweekhuis aangegaan. Hierdie koste
    sal die verwagte toekomstige voordele van die kweekhuis verhoog omrede die kweekhuis vergroot is met behulp
    van aanbouings.
  8. Die bogenoemde eiendomme is deur Mnr. Le Roux waardeer, ʼn onafhanklike geswore waardeerder, wat
    jare se ervaring in die ligging en kategorie van die waardeerde eiendomme het. Die waardeerder het die
    billike waarde van die eiendomme bepaal, wat gebaseer is op die huidige pryse in die aktiewe mark vir ʼn
    soortgelyke eiendomme in dieselfde toestand en ligging, ingevolge aan soortgelyke huur- en ander kontrakte.

Van u word verlang om:
1. Die drawaarde van beleggingseiendomme te bereken soos op 31 Desember 2018.
2. Die nota van beleggingseiendomme tot die finansiële state te toon soos op 31 Desember 2018.

A
  1. Watter van die vraag se eiendomme is beleggingseiedomme en watter is voorraad??

Onbesette grond: Gebruik die vloeidiagram
= Is die onbesette grond vir verkope in die gewone gang van sake gehou? Nee
= Word die eiendom deur die eienaar geokkupeer? Nee
= Word die eiendom opgerig of ontwikkel? Nee
Dus: is die onbesette grond ʼn Beleggingseiendom en word in berekening gebring
tydens die drawaarde berekening.

Stoor
= Is die Stoor gebruik vir verkope in die gewone gang van sake gehou? Nee
= Word die eiendom deur die eienaar geokkupeer? Ja ==> IAS 16 = EAT
Dus: die Stoor is nie ʼn Beleggingseiendom nie en gaan nie in berekening gebring
word as die drawaarde bereken word nie.

Kweekhuis
= Is die onbesette grond vir verkope in die gewone gang van sake gehou? Nee
= Word die eiendom deur die eienaar geokkupeer? Nee
= Word die eiendom opgerig of ontwikkel? Nee
Dus: is die kweekhuis ʼn Beleggingseiendom

Kantoorgebou
= Is die onbesette grond vir verkope in die gewone gang van sake gehou? Nee
= Word die eiendom deur die eienaar geokkupeer? Nee, dit word verhuur soos in punt 3.
= Word die eiendom opgerig of ontwikkel? Nee
Dus: is die kantoorgebou ʼn Beleggingseiendom

  1. Bepaal watter MODEL die maatskappy gebruik?
     ==> Billikewaarde model word gebruik vir latere erkenning. Die beleggingseiendomme sal steeds teen kosprys									
    getoon word waneer dit aangekoop was.									
    ==> Die waarde waarteen die beleggingseiendomme getoon moet word in die state, is die waarde waarteen
    Mnr. Le Roux die eiendom waardeer het.
  2. Is daar enige uitgawes of transaksies aangegaan?

Herstelwerk en Instandingskoste
Ja, daar was herstelwerk en instandhoudingskoste (Bv. verf afgedop wat oorgeverf is of pype wat reggemaak is)
Dit verhoog nie die waarde van die bate nie, so dit vorm nie deel van die beleggingseiendomme se kosprys nie.

Plaag bestrydingskoste
Daar was ook bestrydingskoste, maar dit verhoog nie die bate se waarde nie, dus nie deel van KP nie.

  1. Aanbou onkostes
    Die kweekhuis word vergroot en dit hou ekonomiese voordele in vir die maatskappy.
    Dus sal die onkostes gekapitaliseer word en by die kosprys van die Beleggingseiendom ingereken word!!
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly