Serena Williams Flashcards

1
Q

Serena Williams (Edms.) Bpk. is ‘n groot maatskappy in die sportgoedere sektor. Ross McKewan, die enigste nie-uitvoerende direkteur van die maatskappy, het u geraadpleeg oor ‘n aantal bekommernisse wat hy het, wat voortspruit vanuit ‘n onlangse direksievergadering. Nie een van die direkteure hou enige aandele in die maatskappy nie. Jou gesprekke met Ross McKewan het aan die lig gebring dat hy die aangeleenthede wat hieronder beskryf word en ‘n aantal ander sake teengestaan het, maar dat dit uiteindelik almal deur die direksie goedgekeur is. Hy het jou ook meegedeel dat Barry Black, die besturende direkteur, die vergadering afgesluit het deur aan te kondig dat hy nie met ‘n persoon kan werk wat negatief gereageer het op feitlik alles wat hy voorgestel het nie. Hy het dit aan die direksie gestel dat óf Ross McKewan óf hy self die direksie moet verlaat. Die res van die direksie het eenparig besluit om Ross McKewan met onmiddellike effek vanaf die direksie te verwyder.

Aangeleentheid 1

’n Kontrak vir R16 miljoen, om die maatskappy se kantore op te knap, is aan Singer Designs toegeken. Drie ander kontrakteurs het ook vir die werk getender. Ross McKewan het hierdie besluit afgekeur omdat hy ‘n veel goedkoper tender verkies het wat deur een van die ander kontrakteurs gemaak is. Barry Black was egter ten gunste van Singer Designs se tender en het die res van die direksie oortuig om dienooreenkomstig te stem, Ross McKewan het toevallig, na die vergadering, uitgevind dat Singer Designs deur Jackie en Cilla Black besit word, Barry Black se dogter en vrou onderskeidelik. Ross McKewan is oortuig dat die ander direkteure nie hiervan bewus was toe die kontrak goedgekeur is nie en moontlik steeds onbewus is.
Aangeleentheid 2

Ben Johnson, die bemarkingsdirekteur van Serena Williams (Edms.) Bpk., het op die raadsvergadering gevra of dit vir die maatskappy moontlik sou wees om ‘n rentevrye lening ten bedrae van R2 miljoen aan hom te verskaf om hom te help met die aankoop van ‘n nuwe huis, aangesien hy en sy gesin beplan om te trek. Barry Black het gereageer deur vir Ben Johnson te sê dat hy, in sy hoedanigheid as voorsitter, persoonlik die lening sal magtig (mits die ander direkteure saamstem). Ná die vergadering het Ross McKewan ontdek dat Barry Black gereël het dat die lening deur Calgary (Edms.) Bpk., ‘n volfiliaal van Serena Williams (Edms.) Bpk., gemaak word eerder as deur Serena Williams (Edms.) Bpk., aangesien Ben Johnson nie ’n direkteur van Calgary (Edms.) Bpk. is nie.

VERLANG:

Bespreek die wettigheid van Ross McKewan se verwydering vanaf die direksie. (8 Punte)

A
  1. Dit verwydering van Ross McKewan as direkteur is strydig met die Maatskappywet.
  2. Ingevolge artikel 71 kan die direksie ‘n direkteur verwyder, maar slegs indien dit deur ‘n aandeel-houer of ‘n direkteur beweer word en deur die direksie aanvaar word dat daardie direkteur:
    Onbevoeg of gediskwalifiseer is om ‘n direkteur te wees (ingevolge die Wet), of
    Ongeskik is in die mate dat die direkteur nie in staat is om die funksies van ‘n direkteur te verrig nie, of
    Het sy/haar direkteursfunksies verwaarloos of versuim om dit uit te voer.
  3. Gebaseer op die gegewe inligting is Ross McKewan nie onbevoeg of ongeskik nie en het hy nie sy pligte verwaarloos of versuim om dit uit te voer nie. Dit wil voorkom asof hy sy pligte baie goed vervul het, ten spyte daarvan dat hy nie Barry Black se onwettige optrede kon verhoed nie.
  4. Selfs al was Barry Black van voorneme om Ross McKewan vanaf die direksie te verwyder vir enige van die bogenoemde redes, sou hy, Barry Black, nog ‘n vergadering van die direkteure moes belê waarby Ross McKewan se verwydering voorgestel sou word. Ross McKewan sou dan:
  5. ʼn Kennisgewing van dié vergadering, insluitend ‘n afskrif van die voorgestelde besluit en ‘n verklaring wat die redes vir die besluit uiteensit met voldoende spesifisiteit om Ross McKewan redelikerwys toe te laat om ‘n antwoord voor te berei en aan te bied, moes ontvang.
    ‘n Redelike geleentheid gebied word om ‘n voorlegging aan te bied alvorens daar oor die besluit gestem word.
  6. In hierdie aanbieding sou Ross McKewan ten volle geregtig wees om Barry Black se oortredings van die Wet in sy eie verdediging te openbaar. As die direkteure steeds stem om Ross McKewan te verwyder, kan hy binne 20 werksdae by ‘n hof aansoek doen om die direksiebesluit te hersien.
  7. Die huidige besluit om Ross McKewan te verwyder is ongeldig en bly hy ‘n direkteur. Hy moet Barry Black, die ander direkteure en die aandeelhouers (wat hom waarskynlik in die eerste plek sou aangestel het) van die situasie in kennis stel.
  8. As Barry Black steeds vir Ross McKewan wil laat verwyder, sal hy óf moet voort gaan soos hierbo uiteengesit of die aandeelhouers versoek om die verwydering te bewerkstellig. Die aandeelhouers sou Ross McKewan se verwydering magtig by wyse van ‘n gewone besluit nadat hulle hom die reg verleen het om vertoë te rig.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly