Natuur-Wetenskappe Flashcards

1
Q

Hoeveel verskillende sfere is daar?

A

Vier

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Noem die vier verskillende sfere.

A

Biosfeer (diere en plante)
Litosfeer (land)
Atmosfeer (lug)
Hidrosfeer (water - H2O)

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Wat beteken die Griekse woord bios, waarvan bio afgelei word?

A

Bios beteken lewe.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Wat beteken die Griekse woord sphaira, waarvan sfeer afgelei word?

A

Sphaira beteken sfeer (sirkel).

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Wat is die biosfeer?

A

Dit is die gedeelte van die aarde waarin alle lewe voorkom.

Die biosfeer strek van die boonste deel van die atmosfeer waar voëls en insekte gevind word, tot diep onder die grond of tot op die bodem van die oseaan.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Wat is die bekende foto van die aarde wat in 1972 vanuit die ruimte geneem is genoem?

A

“The Blue Marble”

Daar kan die drie komponente (atmosfeer, hidrosfeer en litosfeer) van die biosfeer duidelik gesien word.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Wat is die litosfeer?

A

Dit is die harde buitenste laag van die aarde.

Dit is die begin van alle voedselkettings op aarde.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Wat is fotosintese?

A

Dit is die proses waar groen plante stysel vervaardig.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Wat is die hidrosfeer?

A

Dit is alle water in verskillende vorme op die aarde.

Dit sluit oseane, riviere, mere, ondergrondse water, ys by die Pole en vog in die lug in.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Watter stof kom natuurlik as vastestof, vloeistof en gas voor?

A

Water

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Wat is die doel van die waterkringloop?

A

Dit verseker dat die water op die aarde nooit opraak nie, maar heeltyd sirkuleer.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Beskryf die waterkringloop.

A

Water verdamp > Waterdamp kondenseer > Neerslag vorm (reën of sneeu) > Die water vloei deur riviere na die see.

Hierdie siklus gebeur oor en oor.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Wat is die atmosfeer?

A

Dit is die laag gasse rondom die planeet.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Hoe word gasse na die aardoppervlak aangetrek?

A

Deur aantrekkingskrag.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

Waaruit bestaan droë lug?

A
  • Stikstof
  • Stuurstof
  • Argon
  • Koolsofioksied
  • Ander gasse (neon, helium, metaan, kripton en waterstof)
  • Waterdamp
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
16
Q

Wat benodig alle lewende dinge om aan die lewe te bly?

A

Suurstof en koolstofdioksied.

Hierdie gasse kom as ‘n mengsel in die atmosfeer voor.

17
Q

Hoe beskerm die atmosfeer lewe op aarde?

A
  • Dit absorbeer skadelike ultraviolet strale van die son.
  • Dit houdie hitte van die son binne sodat die temperatuur op aarde warm bly.
  • Dit verminder die temperatuur tussen dag en nag.
18
Q

Uit watter twee komponente bestaan die biosfeer?

A

Abiotiese faktore (nie-lewende komponente):
- Litosfeer (grond en klippe)
- Hidrosfeer (water)
- Atmosfeer (gasse in die lug)

Biotiese faktore (lewende komponente):
- Plante
- Diere
- Mikro-organismes (swamme en bakterieë)

19
Q

Wat is ‘n ander woord vir nie-lewende stowwe?

A

Anorganiese stowwe

Dit beteken dat hierdie stowwe nooit gelewe het nie, en nooit sal lewe nie.

20
Q

Wat is die proses wanneer ‘n plant of dier vrek?

A

Lewende plant of dier > Vrek en vorm organiese materiaal ? Word deur mikro-organismes ontbind > Anorganiese molekules bly oor.

21
Q

Watter lewende organismes is die grootste groep?

A

Insekte

22
Q

Hoeveel basiese lewensprosesse voer alle lewende organismes uit?

A

Sewe

23
Q

Wat is die sewe lewensprosesse?

A
  1. Voeding (voedsel)
  2. Groei (word groot)
  3. Voortplanting (kry kleintjies)
  4. Respirasie (haal asem)
  5. Ekskresie (raak ontslae van voedsel - poef)
  6. Sensitiwiteit (sintuie word gebruik om veranderinge in die omgewing waar te neem)
  7. Beweging (beweeg van een plek of posisie na ‘n ander)

Onthou dit deur die rympie:
Voor Goggas Vorm Raak Ek Seker Bang

24
Q

Hoe het plante en diere die litosfeer nodig?

A

Plante:
- Benodig mineraalsoute uit die grond om te kan fotosinteer.
- Kort grond om hulle wortels geanker te hou.
- Neem water uit die grond op om te groei.
- Sade ontkiem en die plant kan voortplant.

Diere:
- Herbivore nodig plante vir voedsel.
- Minerale soos yster, magnesium, natrium en swawel is nodig vir hulle gesondheid.
- Baie diere maak die grond ‘n habitat waarin hulle leef.

25
Q

Hoe het plante en diere die hidrosfeer nodig?

A

Plante:
- Water is nodig vir fotosintese.
- Water verleen stewigheid en struktuur aan plante.
- Water is nodig sodat chemiese reaksies in plant kan plaasvind.
- Plante soos waterlelies leef in water.

Diere:
- Water dien as oplosmiddel in hulle liggame.
- Water is nodig om voedingstowwe deur die liggaam te vervoer.
- Water is nodig sodat chemiese reaksies in diere kan plaasvind.
- Water is ‘n habitat vir baie diere.

26
Q

Hoe het plante en diere die atmosfeer nodig?

A

Plante:
- Plante neem suurstof uit die lug op wanneer hulle respireer.
- Plante neem koolstofdioksied uit die lug op wanneer hulle fotosinteer.
- Plante het lug nodig om hulle stuifmeel en sade te versprei vir voortplanting.

Diere:
- Diere is afhanklik van suurstof om asem te haal.
- Voëls en insekte vlieg deur die lug om van een plek na ‘n ander te kom.
- Mense gebruik ook lug vir vervoer (vliegtuie, warmlugballonne, ens.)

27
Q

Watter aanpassings maak diere wat in baie koue toestande leef?

A
  • Migreer (trek na warmer streke om die winter te oorleef).
  • Hiberneer (slaap deur die winter).
  • Opgaar van voedsel (om kos te hê gedurende die koue maande).
  • Pels (sommige diere kry ‘n dikker pels in die winter om hulle liggaamshitte beter te behou).
28
Q

Watter aanpassings maak diere in baie droë en warm toestande?

A
  • Somerslaap (gaan ondergronds vir die warmste tye).
  • Water uit plante (as daar nie genoeg drinkwater beskikbaar is nie, eet diere plante).
29
Q

Watter aanpassings maak plante in baie koue toetande?

A
  • Verloor of behou hulle blare.
  • Oorwinter onder die grond (die deel van die plant wat bo die grond leef, vrek maar die wortels leef ondergronds.
30
Q

Watter aanpassings maak plante in baie droë toestande?

A
  • Stoor water (sommige plante stoor vog in hulle blare, soos aalwyn en vygies).
  • Vermindering van vogverlies (woestynplante se blare hou vog in).
31
Q
A