BB Hoofstuk 15 - Begrotingsproses Flashcards
(40 cards)
Wat is ‘n begroting?
Plan vir die verkryging en gebruik van die hulpbronne;
Doel: - beplanning (doelwitstelling)
- beheer (verseker ons beweeg in die rigting van ons doelwitte)
Gebruik vir: - toekenning van hulpbronnde;
- dwing bestuurders om langtermyn te dink;
- kooridneering van aktiwiteite van verskillende departemente;
- evalueering van bestuursprestasie
Voorbereiding van projeksies met behulp van historiese data
Begroting: - is toekoms gerig;
- is daarop gemik om voorafbepaalde doelwitte te bereik;
- word in kwantifiseerbare terme uitgedruk
Daarom is projeksies ‘n belangrike aspek in die begrotingsproses;
Projeksie tegnieke = Hoog-laag metode EN Kleinste vierkant metode
Begrotingsfunksies
1) Beplanning van jaarlikse bedrywighede
2) Koordineering van aktiwiteite van verskillende departemente
3) Kommunikasie van planne na onderskeie bestuurders
4) Motivering by die bestuurders om die entiteit se doelwitte te bereik
5) Beheer van aktiwiteite
6) Evalueer die prestasie van bestuurders
Begrotings en standaarde
Standaarde = voorafbepaalde teikenkoste PER EENHEID onder doeltreffende aktiwiteite
Gevolge van ‘n standaardkostestelsel
Standaarde word gebruik vir:
- besluitneming (toekomstige koste)
- beplanning (begroting)
- prestasie evaluering en beheer (vergelyk uitkoms met werklike uitkoms)
- voorraadwaardasie (voorraad waardeer @ standaardkoste)
Begrotings en standaarde
Standaardkostestelsel:
- Begrotings word opgestel gebasseer op standaarde;
- verkoopsvolumes en verkooppryse
- produksievolumes en kostes
Bedryfsbegroting
Word voorberei vir ‘n enkele finansiële periode, gewoonlik ‘n jaar of minder (bv. Kwartaaliks, maandeliks en daagliks);
Bedryfsbegrotings sluit die volgende in:
1) verkope/inkomstebegroting
2) produksiebegroting in eenhede
3. 1) + 3.2) begroting vir direkte materiaal
4) direkte arbeidsbegroting
5) vervaardigingsbokoste begroting
6) eindvoorraad waardasie @ standaardkoste
7) nie-vervaardigingsbokoste begroting
Stap 1) verkope/inkomstebegroting
Standaard = begrote syfers
Dus begrote verkoopsvolume x standaardverkoopprys (begrote verkoopprys)
= verkope/inkomstebegroting
Stap 2) produksiebegroting in eenhede
Begrote verkope (in eenhede) + begrote eindvoorraad (in eenhede)
= totale eenhede benodig - openingsvoorraad (in eenhede)
= begrote produksie in eenhede
Stap 3.1) Direkte materiaal begroting - direkte materiaal VERBRUIKSbegroting
Totale verbruik vanaf produksie begrotig (stap 2) dus 6000 eenhede x aantal kg/g/m/mm/ml/liters gebruik vanaf grondstof;
Min verbruik uit begin voorraad
= gebruik vanaf nuwe aankope
(Standaardkoste x verbruik uit begin voorraad) + (standaardkoste x verbruik vanaf aankope) = totale koste van materiaal verbruik.
3.2) Direkte materiaal begroting - direkte materiaal AANKOPEbegroting
Verbruik in produksie (kg)(vanaf 3.1) + begrote eindvoorraad (kg) =
totale grondstof benodig (kg) - beginvooraad (kg)
= totale grondstof aankope gemaak (kg) x standaardkoste p/kg
= totale grondstof aankoopskoste
Stap 4) Direkte arbeidsbegroting
Begrote produksie (vanaf stap 2) x standaard arbeidsure p/eenheid
= totale begrote direkte arbeidsure x begrote tarief p/arbeidsuur
= totale begrote direkte arbeidskoste
Stap 5) Vervaardigingsbokoste-begroting
Totale vaste bokoste
+ totale veranderlike bokste
= totale vervaardigingsbokoste / totale direkte arbeidsure (vanaf stap 4) = absorpsiekers per direktearbeidsuur indien vervaardigingsbokoste deur direkte arbeid absorbeer word
Stap 6) Eindvoorraad waardasie @ standaardkoste p/eenheid
Stel tabel op; Horisontale opskrifte (x-as): koste-element; standaardkoste p/kg/liter; standaard kg/liter p/eenheid; standaardkoste per eenheid Vertikale opskrifte (y-as): direkte materiale; arbeidskoste; vervaardigingsbokoste
Stap 6) Eindvoorraad waardasie @ standaardkoste p/eenheid
Standaardkoste p/kg/uur/ens x standaard kg/eenheid
= standaardkoste p/eenheid vir elke koste element.
Som van standaardkoste p/eenheid kolom
= totale standaardkoste p/eenheid
Stap 6) Eindvoorraad waardasie @ standaardkoste p/eenheid
Eindvoorraad begroting:
Direkte materiaal in (kg/liter) x standaardkoste p/kg
= totale waarde
Klaarprodukte: eindvoorraad (vanaf stap 2) x totale standaardkoste p/eenheid
= totale waarde van eindvoorraad
Stap 7) Nie-vervaardigingsbokoste begroting
Som van totale van alle nie-vervaardigingsbokoste.
Na stap 7
Stel begrote SOI op
Kontantbegrotings
Doel?
Vas te stel of die entiteit genoeg kontant het om gewone bedrywighede te vervul en/of te veel kontant agtergelaat word in onproduktiewe kapasitiet;
Begrote kontant INvloeie - begrote kontant UITvloeie
Kontant tekort:
Korttermyn tekort - aksies wat geneem moet word deur bestuur
Verkry kontant deur een of meer van die volgende:
- Reel met verskaffers vir verlengde betalingsterme
- Moedig debiteure aan om vinniger te betaal deur kortings
- Reël vir ‘n oortrokke bankrekening
- Verlaag voorraadvlakke
- Stel dividend uitbetalings uit
Kontant tekort
Langtermyn tekort - aksies wat geneem moet word deur bestuur
Verkry kontant deur een of meer van die volgende:
- Verkyr langtermyn finansiering (lenings)
- Verkoop ongebruikte bates
- Reik aandele uit
Kontant surplus
Korttermyn surplus - aksies wat geneem moet word deur bestuur
Betaal krediteure vroeg
Verleen krediet aan kliënte
Belê in rentedraende korttermyn effekte
Kontant surplus
Langtermyn surplus - aksies wat deur bestuur geneem moet word
Belê in kapitaaltoerusting
Brei sakebedrywighede uit
Diversifiseer in ander sake-gebiede