Biodiversiteit en klassifikasie by mikro-organismes Flashcards
(36 cards)
Wat is biodiversiteit?
Die wye verskeidenheid van plante, diere en mikro-organismes op Aarde.
Wat is mikro-organismes?
Organismes wat te klein is om met die blote oog te sien.
Wat is die verskil tussen eensellige en meersellige organismes?
Eensellige organismes bestaan uit slegs een sel, terwyl meersellige organismes uit baie selle bestaan.
Wat kan mikro-organismes wees?
Kan eenselling of meetsellig wees.
Noem die vyf ryke van die lewe.
- Ryk Monera - bakterieë
- Ryk Protista
- Ryk Fungi - swamme
- Ryk Plantae - plante
- Ryk Animalia - diere
Wat is ‘n taksonoom?
‘n Wetenskaplike wat verantwoordelik is vir die plasing van ‘n organisme in ‘n spesifieke groep.
Vul die leemte in: ‘n organisme wat uit slegs een sel bestaan, is ‘n _______.
eensellige organisme.
Vul die leemte in: ‘n organisme wat uit baie selle bestaan, is ‘n _______.
meersellige organisme.
Wat is ‘n virus?
Groep wat nie in ‘n ryk geplaas word nie, aangesien dit beide lewende en nie-lewende eienskappe toon.
Wat is ‘n kapsied?
‘n proteïenkapsel wat die kernmateriaal van ‘n virus omring.
Wat beteken ‘asellulêr’?
Nie-sellulêr.
Wat is ‘n verpligte parasiet?
‘n parasitiese organisme wat nie sy lewensiklus kan voltooi sonder om ‘n geskikte gasheer uit te buit nie.
Wat is ‘n gasheer?
‘n organisme wat ‘n parasiet huisves.
Wat is ‘patogenies’?
‘n organisme wat siektes veroorsaak.
Wat is ‘n bakteriofaag?
Virus wat bakterieë besmet.
Wat is ‘n nukleoïed?
‘n onreëlmatig-gevormde gebied binne-in die sel van ‘n prokarioot wat die meeste of al die genetiese materiaal bevat.
Hoe kan virusse bestudeer word?
Met ‘n elektronmikroskoop.
Wat bestaan virusse uit?
‘n kern van of DNA of RNA omring deur n kapsied.
Kan virusse respireer, voed of afvalstowwe uitskei?
Nee
Besit virusse sitoplasma of membraan-gebonde organelle?
Nee
Wat is die selstruktuur van virusse?
Asellulêr
Kan virusse fotosintese uitvoer?
Nee
Watter tipe organismes kan virusse besmet?
Bakterieë, protiste, plante en diere
Hoe word virusse beskou wat siektes veroorsaak?
Patogenies