Definisies Flashcards
(26 cards)
Atoom
Die kleinste deeltjie waaruit alle materie opgebou is
Endotermiese reaksie
n Chemiese reaksie wat hitte energie na chemiese energie verander
Eksotermiese energie
n Chemiese reaksie wat chemiese energie na hitte energie verander
Element
n Stof wat nie deur chemiese metodes in twee of meer stowwe opgebreek kan word nie
Indikator
n Chemiese stof wat van kleur verander indien dit in aanraking kom met n suur of basis
pH-skaal
n Numeriese skaal waarvolgens die suur-of basisgehalte van n stof geklassifiseer word
Roes
n Stadige chemiese proses wat plaasvind wanneer yster met suurstof in teenwoordigheid van water reageer
Verbinding
n Stof wat vorm wanneer twee of meer verskillende atome chemies met mekaar bind
Krag
n Stoot-of trek in n spesifieke rigting
Gewig
is die gravitasiekrag wat die aarde uitoefen op enige voorwerp op of naby sy oppervlak
Gravitasie Aantrekkingkrag
Die aantrekkingskrag tussen enige twee voorwerpe met massa
Massa
n Aanduiding van die hoeveelheid materie waaruit n voorwerp bestaan
Ferromagnetiese stof
n Stof wat krag ervaar in n magneetveld
Elektrostatiese krag
n Aantrekkings -of afstotingskrag tussen 2 elektries gelaaide voorwerpe
Weerstand
n Materiaal se weerstand teen die vloei van elektriese stroom
Potentiaalverskil
Die werk gedoen per eenheid positiewe lading
Stroomsterkte
Die tempo van vloei van lading
Ohm se wet
Die stroomsterkte deur n geleier is direk eweredig aan die potentiaalverskil oor die geleier by konstante temperatuur
Puls
n Enkele versteuring wat in n medium van een punt na die volgende punt beweeg
Golf
Die reelmatige opeenvolging van pulse
Transversale golwe
n Golf waarvan die versteuning van die medium loodreg is op die voortplantingrigting van die golf
Amplitude
Die maksimum uitwyking van n deeltjie vanaf sy rusposisie
Golflengte
Die afstand tussen twee opeenvolgende punte in fase
Periode
Die tyd wat dit neem om vir een volledige golf neem om verby n punt te beweeg