EBW Flashcards

1
Q

Wat was die eerste ekonomiese stelsel?

A

Bestaansekonomie - Mense het net genoeg produseer as wat hulle nodig gehad het.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Watse groot probleem het ontstaan met bestaansekonomie?

A

Mense kon nie alles wat hulle nodig het, produseer nie, of hulle het te veel van iets produseer en kon dit nie alles opgebruik nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Watter drie opsies het mense gehad as hulle graag iets wou hê wat hulle nie self kon produseer nie?

A

1) Hulle kon die item steel by iemand wat dit het.
2) Hulle kon die eienaar van die item vermoor om dit dan te steel.
3) Hulle kon iets vind wat hulle besit het en dit uitruil vir dit wat hulle graag wou hê.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Wat beteken nomadies?

A

‘n Leefwyse van mense om van plek tot plek te trek en geen permanente tuiste het nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Wat beteken ruilhandel?

A

Om ‘n item wat jy het, te ruil vir iets wat iemand anders het, sonder die gebruik van geld.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Watter probleme het ruilhandel gebring?

                                                [3]
A

1) Albei partye moes iets gehad het wat hulle van mekaar wou hê.
2) Goedere het nie ‘n vasgestelde waarde gehad nie, so mielies is geruil vir hammers.
3) Sommige goedere was slegs op sekere tye van die jaar beskikbaar, bv. bederfbare kos.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Wat beteken afhanklik?

A

Om nie sonder iets of iemand te kan klaarkom nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Wat beteken gemeenskap?

A

‘n Groep mense wat saambly en tradisies, oortuigings en gebruike deel.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Wat beteken onafhanklik?

A

Om nie iets nodig te hê om voort te bestaan nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Wat beteken selfonderhoudend?

A

Om sonder enige hulp van iemand in jou eie behoeftes te voorsien.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Wat beteken bestaansekonomie?

A

Wanneer mense slegs genoeg van dit wat hulle nodig het, produseer.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Wat beteken duursaam?

A

Wanneer iets lank hou en nie gou bederf of vrot word nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Wat is lewende hawe?

A

Dit is diere soos beeste, skape, pluimvee, ens. wat as kos aangehou word.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Wat beteken waarde?

A

Die belangrikheid of gehalte van iets in vergelyking met iets anders, bv. ‘n hamer is meer werd as ‘n spyker.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

Wat is promesse?

A

‘n Skriftelike dokument van een party om ‘n gespesifiseerde bedrag op ‘n gespesifiseerde datum aan ‘n ander party te betaal.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
16
Q

Hoekom is geld (munte) uitgevind?

A

Om ruilhandel te vervang. As jy melk nodig gehad het, moes jy eers ‘n hoender vang en dan iemand gaan soek wat melk het en dit sal ruil vir jou hoender.

Geld was geriefliker om mee handel te dryf.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
17
Q

Wat is die sigwaarde of sigbedrag van ‘n muntstuk?

A

Dit is die waarde wat op die muntstuk gedruk is, bv. 50c of R5.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
18
Q

Uit watter metale is muntstukke gemaak?

A

Uit edelmetale, bv. goud en silwer.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
19
Q

Waaruit word muntstukke vandag gemaak?

A

Yster, nikkel, sink en tin.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
20
Q

Hoekom is die materiaal waaruit muntstukke gemaak was, verander?

A

Goud en silwer was meer werd as die R5, daarom het regerings goedkoper metale begin gebruik.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
21
Q

In watter jaar het Suid-Afrika papiergeld ingestel?

A

1780

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
22
Q

Wanneer het die Reserwebank die eerste note uitgereik?

A

1922

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
23
Q

Wat was die oorspronklike rede vir banknote?

A

Omdat mense nie met duisende goue muntstukke wou rondloop nie, het hulle ‘n banknoot gekry wat hulle dan kon gebruik het om vir hulle muntstukke in te ruil.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
24
Q

In watter jaar het die rand Suid-Afrika se amptelike geldeenheid geword?

A

1961

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
25
Q

Waar is die meerderheid van Suid-Africa se goudneerslae ontdek?

A

Witwatersrandgebied in Johannesburg.

Dit is hoekom ons geldeenheid rand genoem word.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
26
Q

Waarvoor was tjeks gebruik?

A

Om betalings te maak sonder om fisiese kontant te betaal.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
27
Q

Hoe het tegnologie die gebruik van geld en tjeks verander?

A

Deur elektroniese fondsoorplasings - die koper kan ‘n direkte betaling via die internet aan die begunstigde party maak.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
28
Q

Wanneer het die Suid-Afrikaanse Reserwebank besluit om tjeks uit te faseer?

A

2 Oktober 2020 en van 31 Desember 202 word tjeks nie meer aanvaar nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
29
Q

Waarvoor staan SARB?

A

Suid-Afrikaanse Reserwebank

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
30
Q

Wat is ‘n bank?

A

Dit is ‘n finansiële instelling wat verskeie dienste aan sy kliënte verskaf.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
31
Q

Wat is elektroniese bankwese?

A

Wanneer die bank tussen die koper en verkoper intree.

As jy iets by Checkers koop en jou kaart gebruik vir betaling, gee die bank vir Checkers die waarborg dan die geld uit jou rekening aan Checkers betaal sal word.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
32
Q

Wat is die 5 grootste banke in Suid-Afrika?

A

Absa, Capitec, FNB, Nedbank en Standard Bank.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
33
Q

Waarvoor staan OTM?

A

Outomatiesetellermasjiene

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
34
Q

Wat is ‘n outomatiesetellermasjien?

A

‘n Masjien wat buite banke en in winkelsentrums geplaas word, waar jy enige tyd geld in jou bankrekening kan deponeer of daaruit kan onttrek.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
35
Q

Wat het jy nodig om geld by ‘n OTM te trek?

A
  • ‘n Plastiekbankkaart met ‘n magneetstrook aan die agterkant of skyfie aan die voorkant.
  • ‘n Persoonlike identiteitsnommer (PIN).
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
36
Q

Wat is ‘n PIN?

A

Jou persoonlike identiteitsnommer, wat ‘n geheime kode is. Dit verseker dat net jy jou geld kan onttrek.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
37
Q

Watter wenke moet jy in gedagte hou wanneer jy die OTM gebruik?

A
  • Wees oplettend.
  • Bewaar jou bankkaart op ‘n veilige plek.
  • Kies ‘n PIN wat jy kan onthou.
  • Moenie jou PIN met mense deel nie.
  • Hou die sleutelbord met een hand toe wanneer jy jou PIN insleutel.
  • Moenie vreemdelinge vir hulp vra by die OTM nie.
  • Maak seker dat jy jou kaart terugkry.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
38
Q

Wat is e-handel?

A

Elektroniese handel, wanneer transaksies op die internet gedoen word, bv. Takealot, Amazon.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
39
Q

Wat het jy nodig om elektronies te kan handel?

A

‘n Rekening met jou persoonlike inligting, sodat hulle weet wie koop, waar dit afgelaai moet word en hoe jy vir dit gaan betaal.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
40
Q

Watter vier hooffunksies het geld?

A

1) Ruilmiddel: Om dit vir goedere en dienste te gebruik.
2) Rekeneenheid: Die waarde wat aan geld gekoppel word.
3) Standaard vir uitgestelde betaling: Om goedere te koop en eers later daarvoor hoef te betaal.
4) Waardedraer: Die vermoë om vir toekomstige gebruik te spaar.

41
Q

Wat is ‘n EFO (EFT)?

A

Elektroniese fondsoorplasing.

Om fondse van een rekening na ‘n ander te maak deur die gebruik van ‘n rekenaarstelsel.

42
Q

Wat is koopkrag?

A

Die waarde van geld.

43
Q

Wat is ‘n onttrekking?

A

Wanneer geld uit jou rekening getrek word.

44
Q

Wat is ‘n tradisionele winkel?

A

‘n Besigheid wat op ‘n spesifieke plek bedryf word, in plaas van op die internet.

45
Q

Wat is behoeftes?

A

Dis iets wat noodsaaklik is vir ons om te oorloof, bv. kos, water en skuiling.

46
Q

Wat is begeertes?

A

Dis iets wat ons graag wil hê, bv. selfone, luukse motors en juweliersware.

47
Q

Die basiese behoeftes van individue en families/gesinne.

A

Mense het kos, water en skuiling nodig om te oorleef. Hoe ons ons behoeftes bevredig hang af van hoeveel geld ons het en wat ons persoonlike voorkeure is.

48
Q

Die basiese behoeftes van gemeenskappe.

A

‘n Land se regering voorsien in sy burgers (mense) se behoeftes, bv. lopende water, elektrisiteit, onderwys, gesondheidsorg en padinfrastruktuur.

Belasting is ‘n land se hoofinkomstebron.

49
Q

Die basiese behoeftes van lande.

A

Dit verskil van land tot land.
- natuurlike hulpbronne soos goud, steenkool, bome en diere waarmee goedere produseer word.
- grond waarop landbou beoefen kan word, bv. plase.
- geld, om vir paaie, skole en hospitale te betaal.
- arbeidsmag om die land te ontwikkel (mense wat kan werk).

50
Q

Wat is die orde van Maslow se behoeftehiërargie?

A

Die driehoek:
5. Selfverwesenlikingbehoeftes
4. Agtingsbehoeftes
3. Sosiale behoeftes
2. Veilighied en sekuriteit
1. Fisiologiese behoeftes

51
Q

Wat is fisiologiese behoeftes?

A

Kos, water, suurstof, skuiling, ens.

52
Q

Watter behoeftes aan veiligheid en sekuriteit benodig ons?

A

Persoonlike, emosionele en finansieële sekuriteit, asook gesondheid.

53
Q

Wat is sosiale behoeftes?

A

Geselskap, liefde en vriendskap.

54
Q

Wat is agtingsbehoeftes?
(Agting is as iemand iets ‘recognise’)

A

Erkenning, respek, aanvaarding en sukses.

55
Q

Wat is selfverwesenlikingsbehoeftes?
(Hoe jy jouself as mens groei)

A

Selfontwikkeling, kreatiwiteit en spiritualiteit.

56
Q

Hoekom sê ons dan behoeftes en begeertes onbeperk is?
(Jy sal nooit genoeg hê nie)

A

Sodra een behoefte of begeerte bevredig is, ontstaan ‘n ander een.

bv. Jy is dors en drink ‘n glas water. Dan word jy honger en eet iets. Dan kry jy koud en trek ‘n baadjie aan. Dan voel jy moeg en gaan slaap. As jy die volgende oggend wakker word, is jy weer honger.

57
Q

Hoekom sê ons dat behoeftes en begeertes met verloop van tyd verander?

A

Soos wat jy ouer word, verander jou behoeftes en begeertes.

bv. As ‘n Gr.7 leerder, verander jou behoeftes van jou ouers s’n. En dit wat jy in die somer wil hê (roomys), is nie noodwendig wat jy in die winter wil hê nie (koffie).

58
Q

Hoekom sê ons dat behoeftes en begeertes van plek tot plek verander?

A

Baie dinge verander van land tot land.

bv. In lande met hoë temperature, benodig jy koel klere, maar in lande met laer temperature, benodig jy warm klere.

59
Q

Hoe kan ons sê dat behoeftes van mens tot mens verander?

A

Twee mense in dieselfde huishouding se begeertes en behoeftes is nie noodwendig dieselfde nie. Joune verskil van jou ouers s’n af.

bv. As julle by ‘n restaurant gaan eet. Almal is honger, maar een bestel ‘n burger, die ander ‘n pizza en die ander een pasta. Hulle behoeftes word op verskillende maniere bevredig.

60
Q

Hoekom is die hulpbronne wat nodig is om ons begeertes en behoeftes te bevredig, beperk?

A

Dit kan opraak - dit is nie onbeperk soos ‘n mens se begeertes en behoeftes nie.

61
Q

Wat is belasting?

A

Geld wat ‘n land se inwoners (mense) aan die regering moet betaal vir goedere en dienste wat die regering voorsien.

62
Q

Wat is skaarsheid?

A

Wanneer daar nie genoeg hulpbronne is om behoeftes en begeertes te bevredig nie.

63
Q

Wat is goedere?

A

Goed wat ons kan sien, ruik, voel of proe - ons kan dit gewoonlik in winkels koop, bv. hamburger en skyfies, elektroniese toestelle, skoene, speelgoed, ens.

64
Q

Wat is dienste?

A

Dit is die dade wat verrig word om behoeftes te bevredig. Iemand “verkoop” hulle kennis of vaardighede aan iemand wat die diens benodig, bv. dokter, loodgieter, tandarts, ens.

65
Q

Wat is gratis goedere?

A

Hulpbronne soos sonlig en suurstof. Dit is volop en hang nie van ekonomiese bedrywighede af nie.

66
Q

Wat is ekonomiese goedere?

A

Hulpbronne wat moeilik bekombaar is en word deur besighede vervaardig en verkoop.

67
Q

Wat is produsente?

A

Mense of maatskappye wat goede maak en aan supermarkte verskaf, sodat verbruikers se behoeftes bevredig word.

68
Q

Wat is verbruikers?

A

Dit is die mense wat produkte koop en gebruik.

69
Q

Wat is ‘n huishouding?

A

‘n Groep mense wat saam, onder een dak bly.

70
Q

Wat is uitgawes?

A

Wanneer geld betaal word vir dienste of goedere.

Dit is ‘n inkomste vir die besigheid by wie die produk gekoop word.

71
Q

Wat is inkomste?

A

Wanneer jy geld ontvang, moontlik vir dienste of produkte wat jy verkoop.

72
Q

Hoe tree huishoudings as produsente en verbruikers op?

A

Huishoudings (1) benodig goedere en dienste (2) wat hulle by besighede (3) koop (4).

(prent op bl. 27)

(1) Huishoudings voorsien arbeid (werk) aan besighede.
(2) Goedere en dienste word deur huishoudings geproduseer (gemaak) om verkoop te word.
(3) Die besighede betaal salarisse aan houshoudings vir die werk wat hulle doen.
(4) Die inkomste (salaris) wat die huishouding ontvang, word gebruik om goedere en dienste vir hulle huise te koop.

73
Q

Wat is dienste?

A

Dade of werk wat verrig word om behoeftes te bevredig, bv. ‘n haarkapper.

74
Q

Wat is herwinning?

A

Wanneer afvalprodukte in bruikbare materiale omskep word, soos plastiek.

75
Q

Wat is produsente?

A

Mense wat goedere maak en aan besighede verskaf sodat dit aan verbruikers verkoop kan word.

bv. ‘n plaas (produsent) groei wortels en verskaf dit aan Checkers (besigheid) wat dit dan aan verbruikers (ons) verkoop.

76
Q

Wat is volhoubaarheid?

A

Die verantwoordelike gebruik en bestuur van natuurlike hulpbronne om te verseker dat die volgende generasie steeds voordeel daaruit kan trek.

77
Q

Hoe kan verbruikers, besighede en die regering saamwerk om te verseker dat hulpbronne nie ten volle uitgeput word nie?rodusente

A

Verbruikers moet slegs goedere koop om hulle behoeftes te bevredig en dit nie te vermors nie, bv. dis nie nodig om al die ligte in die huis aangeskakel te hê nie.

78
Q

Wat is die afvalhiërargie?

A

1) Verminder
Probeer om dit glad nie te skep nie.

2) Hergebruik
Gebruik voorheen gebruikte items vir ‘n ander doel.

3) Herwin
Skakel afval om in nuwe produkte of materiale.

79
Q

Hoe kan jy die gebruik van natuurlike hulpbronne verminder?

A

Bespaar energie en gebruik volhoubare energiebronne soos, sonkrag, windenergie, biobrandstof, ens.

Bespaar water.

Hergebruik en herwin.

Ondersteun bewusmakingsveldtogte soos Go Green.

80
Q

Wat is armoede?

A

Wanneer mense nie geld het om hul basiese behoeftes te bevredig nie.

81
Q

Wat is landelike gebied?

A

Dis ‘n ylbevolkte gebied (min mense) buite ‘n stad of dorp en die mense het nie toegang to al die fasiliteite, dienste en tegnologie van stedelike gebiede nie.

82
Q

Wat is stedelike gebied?

A

Dit is digbevolkte gebied (baie mense) soos ‘n stad of dorp, gekenmerk deur baie huise, geboue en industriële (werk) gebied.

83
Q

Wat is werkloosheid?

A

Wanneer ‘n persoon wat wil werk, nie werk het nie maar wel vir werk soek.

84
Q

Wat is werkloosheidsyfer?

A

Die persentasie van die totale arbeidsmag (mense wat werk) wat werkloos is en wat werk soek.

85
Q

Wanneer het die Nasionale Party aan bewind gekom en het apartheid ‘n amptelike deel van die regeringsbeleid geword?

A

1948

86
Q

Uit watter vier rassegroepe is Suid-Afrikaners ingedeel?

A

Blankes
Swart mense
Kleurlinge
Indiërs

87
Q

Wat is ‘n paar hedendaagse sosio-ekonomiese kwessies in Suid-Afrika?

A

Armoede
Werkloosheid
Misdaad

88
Q

Watter faktore dra by tot armoede?

A
  • Ongelykhede van die verlede.
  • Ongeletterdheid en ‘n gebrek aan onderwys en opleiding.
  • Die heersende ekonomiese toestand in die land.
89
Q

Waarom gebeur werkloosheid?

A
  • Die persoon is afgedank en soek nog werk.
  • Die persoon het klaar studeer maar soek nog werk.
  • Die persoon het geen kwalifikasies nie en sukkel om werk te kry.
  • Daar is nie werksgeleenthede in die gebied waar die persoon woon nie.
90
Q

Hoe word die werkoosheidsyfer bereken?

A

Werkloosheidsyfer
=
Aantal werklose mense
———————————–
Arbeidsmag
x
100
——
1

91
Q

Hoe streef die regering daarna om die werkloosheidsprobleem op te los?

A
  • Deur goeie gehalte-opleiding aan almal te verskaf.
  • Deur entrepreneurs aan te moedig om hulle eie besighede te begin.
  • Nuwe infrastruktuur te skep.
  • Bestaande besighede the ondersteun.
92
Q

Wat beteken ongelykheid?

A

Die verskille in mense se omstandighede, waar een persoon ‘n hoër inkomste verdien as ‘n ander persoon.

93
Q

Hoe kan ongelykheid in Suid-Afrika uitgewis word?

A

Armes en voorheen benadeelde rassegroepe moet toegang tot basiese dienste kry en vir werke bemagtig word.

94
Q

Watter programme het die regering aangestel om ongelykhede in die werksplek reg te stel?

A
  • Swart Ekonomiese Bemagtiging (BEE)
  • Wet op Vaardigheidsontwikkeling (Skills Development Act)
  • Wet op Gelyke Indiensneming (Employement Equity Act)
95
Q

Watter programme is ingestel om ongelykheid in onderwys te beveg?

A
  • Nuwe skole word gebou.
  • Leerders word na skole toe vervoer deur vervoernetwerke.
  • Vaardighede in vakke soos wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde is ‘n ontwikkelingsfokus.
  • Leerders ontvang subsidies om gratis onderwys te ontvang.
96
Q

Wat is sekere uitdagings waarmee inwoners van landelike gebiede worstel?

A
  • Infrastruktuur
    Fasiliteite soos hospitale, skole, lopende water en elektrisiteit is nog nie so goed ontwikkel nie, of bestaan glad nie.
  • Armoede
    Daar is nie baie werksgeleenthede in landelike gebiede nie en slegs ongeskoolde arbeid word verlang.
  • Behuising
    Informele nedersettings.
  • Afstand
    Landelike gebiede is ver van mekaar of van groot stede geleë, so dit vat lank om inkopies te kry.
97
Q

Wat is sekere uitdagings waarmee inwoners van stedelike gebiede worstel?

A
  • Werkloosheid
    Baie mense van landelike gebiede trek stad toe, op soek na werk.
  • Oorbevolking
    Omdat meer mense van landelike gebiede stad toe trek, benodig hulle blyplek en om in hulle behoeftes te voorsien.
  • Misdaad
    Omdat die werkloosheidsyfer so hoog is, is stedelike gebiede erg gebuk onder misdaad.
98
Q

Hoe kan groot ondernemings tot werksgeleenthede en opleiding bydra?

A
  • Werknemers word vir kursusse ingeskryf.
  • Werknemers se kennis word uitgebrei om nuwe vaardighede aan te leer.
  • Studente word beurse aangebied om by die bedryf aan te sluit.
  • Werknemers kan verdere navorsing in hulle beroep doen.