Ebw Flashcards
(48 cards)
Ruilhandel
n Vorm van handel waar mense goedere ruil sonder om geld te gebruik
Kommoditeite
Artikels wat mense gebruik om te ruil
Promesses ( skuldbewyse)
Notas wat wetlik bindend is en wat koper gebruik om onvoorwaardelike aan verkopers te belowe dat hulle spesifieke bedrae geld binne n spesifieke tyd sal betaal.
Surplus
Wanneer daar n groter aanbod van iets is as wat die vraag daarna is; wanneer jy meer het as wat jy nodig het.
Verstedeliking
Die beweging van mense van landelike gebiede na stede, en die groei wat stede as gevolg hiervan ondervind
Ruilmiddel
n Rol van geld wat beteken jy kan dit verhandel of ruil vir goedere en dienste
Verrekeningseenheid
n Rol ba geld wat beteken dit is n standaardmaatstaf van hoeveel goedere en dienste werd is
Waardedraer
n Rol van geld wat beteken dit behou sy waarde oor tyd; dit dra gestoorde waarde
Globalisering
Die prose waardeur besighede kulture en gemeenskappe meer verbind word en onderling afhanklik raak van mekaar as gevolg van kommunikasie en reistegnologie.
Behoeftes
Goed waarsonder n mens nie kan oorleef nie
Begeertes
Goed wat mense graag wil he, maar wat hulle nie hoef te he nie
Welvarend
Om suksesvol en ryk te wees; die mense in welvarende gemeenskappe leef gerieflik en hulee het nie behoeftes waarin daar nie voorsien word nie.
Ekonomiese probleem
Die probleem wat veroorsaak word deur die beperkte hulpbronne wat hulle beskikbaar het om mense se onbeperkte behoeftes en begeertes te bevredig
Produksiefaktore
Die insette wat gebruik word om goedere en dienste te produseer. Dit sluit in arbeid, kapitaal,grond en entrepreneurskap.
Sektor
n Segment of gedeelte van iets
Primêr
Eerste of belangrikste
Sekondêr
Wat tweede kom, of wat minder belangrik is
Tersiêr
Op die derde vlak
Produsente
Mense wat hulpbronne gebruik om goedere te maak of dienste te lewer
Verbruikers
Mense wat goedere en dienste koop of gebruik
Ontwikkelende land
n Land waarvan die nywerhede en ekonomie nog besig is om te ontwikkel en waar die landsburgers n lae gemiddelde inkomste en n lae lewenstandaard het
Ontwikkelde land
n Land wat geïndustrialiseer en tegnologie is, waar die gemiddelde inkomste en die lewenstandaard hoog is
Eienaarsbelang (ekwiteit)
Iets wat die eienaar n belang in die besigheid gee bv. geld
Langtermynlaste/ niebedryfslaste
Skuld wat oor n tydperk van meer as n jaar terugbetaal word