Ekon V1 Nov Dins 1.3 Flashcards
1.3 Vrae Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. (93 cards)
Die onttrekking van geld vanuit die ekonomiese kringloop
Lekkasies
‘n Samevatting van die verskeie aanwysers van dieselfde soort in
‘n enkele waarde
Saamgestelde aanwysers
Die wisselkoers word deur markkragte met inmenging deur die
sentrale bank vasgestel
Beheerde swewende
Die toename in die ekonomie se kapasiteit om meer goedere en
dienste te produseer
Ekonomiese groei
Die verwerking van natuurlike hulpbronne tot voltooide produkte
Vervaardiging
Die laagste rentekoers wat deur handelsbanke van hulle beste
kliënte gehef word
Prima-koers
Wanneer ‘n land wat by internasionale handel betrokke is meer
produseer as ander lande, gegewe dieselfde produksie
Absolute voordeel
‘n Dokument wat verwagte inkomste en beraamde besteding vir die
volgende fiskale jaar detailleer
Jaarlikse begroting / Nasionale begroting / Hoofbegroting
Belastingstelsels waar lae-inkomsteverdieners hoër belasting-
koerse betaal, terwyl hoë-inkomsteverdieners laer belastingkoerse
betaal
Regressief
Die verskaffing van aansporings om plaaslike besighede aan te
moedig om goedere te produseer om aan ander lande te verkoop
Uitvoerbevordering
Die proses wat fokus op die verbetering van mense se lewenstandaard
Ekonomiese ontwikkeling
Die industriële ontwikkelingstrategie wat gemik is op die
verbetering van mededinging in vervaardiging deur insetpryse en
tegnologie te oorweeg
Geïntegreerde Vervaardigingstrategie
Die arbeidsmag tussen die ouderdomme van 15 en 65 wat gewillig
en in staat is om te werk
Ekonomies aktiewe bevolking / ekonomies bedrywige bevolking
Dit illustreer (toon) die verband tussen werkloosheid en inflasie
Philips-kromme
‘n Vorm van krediet vanaf die Internasionale Monetêre Fonds (IMF)
wat gebruik kan word as betalingsbalansprobleme ondervind word
Spesiale trekkingsregte
‘n Boete wat deur een of meer lande op ‘n ander land gelê word
deur handel te beperk
Sanksies / embargo / boikotte / tariewe / verbod / invoerbelasting /
kwotas
Beraadslaging tussen die Suid-Afrikaanse Reserwebank en banke
om hulle te oortuig om op ‘n wenslike manier op te tree
Morele oorreding
‘n Toename in die aantal mense wat van landelike gebiede na
stede verhuis
Verstedeliking
Die aanvanklike verandering in besteding lei tot ‘n proporsioneel
groter styging in die nasionale inkome
Vermenigvuldiger-effek
Die punt waar die ekonomiese inkrimping op sy laagste is
Trog
‘n Oordrag van funksies en eienaarskap van die openbare sektor
na die privaat sektor
Privatisering
‘n Styging in die prys van ‘n geldeenheid in terme van ‘n ander
geldeenheid as gevolg van markkragte
Appresiasie
Die beweging van invoere en uitvoere tussen lande sonder enige
beperkings
Vryhandel
Die sosiale aanwyser wat met die grootte van die land se bevolking
verband hou
Demografie