Eksamen Vraestel 1 gedigte Flashcards
(46 cards)
Solomon gedig(1.)Waarvoor was koning Salomo bekend? Noem twee.
Sy wysheid en al sy vrouens
Solomon gedig(2.) Verduidelik die betekenis van die uitdrukking in reël 2: “‘n bul onder die bulle”.
Hy was soos ‘n stutbul onder die vroue en bekend vir sy viriliteit en vrugbaarheid.
Solomon gedig(3.)Sê of die volgende stelling waar of onwaar is. Staaf jou antwoord deur ‘n versreël uit die gedig aan te haal. Salomo was aanvanklik baie gelukkig saam met al sy vroue.
Waar. “Maanskyn, rose en geluk.”
Solomon gedig(4.) Wat kan ‘n mens aflei uit die verskillende name van Salomo se vroue?
Dat daar baie van hulle was. Daar is ‘n groot verskeidenheid van hulle (uit verskillende lande en kulture)
Solomon gedig(5.)Wat is ‘n anachronisme?
Dit word gebruik as iemand iets beskryf wat buite sy tyd bestaan het.
Solomon gedig(6a.)Wat het koning Dawid by Salomo se troues gedoen? Noem twee.
Hy het by Salomo se troues harp gespeel en gesing.
Solomon gedig(6b.) Wat was die gevolg van Dawid se optredes op sy stem?
Hy het laringitis gekry (dit is ‘n ontsteking van die keel).
Solomon gedig(7.)Hoekom is dit juis hulle musiek wat hier na verwys word?
Hulle het die troumars gekomponeer.
Solomon gedig(8.)Wat het Dawid gesê, gaan met Salomo gebeur as gevolg van al sy huwelike? Noem twee.
Hy het gesê Salomo sou sterf van al die huwelike, hy sou ‘n klomp skoonma’s en ander huislike probleme hê (enige twee). (
Gedigte my siel pa(1).Verduidelik die betekenis van die eerste twee reëls.
Die spreker wil weet hoeveel vakke hy nog moet vat om sy pa gelukkig te
hou? Moet hy die Dux-leerling (top-presteerder in all vakke) ook wees?
Gedigte my siel pa(2a). Haal ‘n versreël aan wat vir ons wys dat die pa nie tevrede met sy seun se
akademiese prestasie is nie.
“Die prestasie, Pa, al is dit top, galgtou oor my kop.”
Gedigte my siel se pa(2b).Verduidelik in jou eie woorde hoe sy pa ontevredenheid die seun laat
voel.
Die spreker voel moedeloos, want hy kan niks reg doen nie. (eie woorde)
Gedigte my siel se pa(3.)Wat bedoel die spreker met die vraag wat hy vir sy pa in reëls 5 en 6 vra?
Die seun se Pa het hom gedruk om goed te doen wat hy self eintlik nie wou
doen nie. Hy het hom so baie gedruk dat hy voel asof sy siel nie meer sy eie
is nie, dis nou sy pa se siel. Hy wil net ‘n stukkie van sy siel terugkry.
Gedigte my siel se pa(4.)Haal ‘n sin aan wat aandui dat dit nie vir die pa goed genoeg is as die seun ‘n
eerste plek in atletiek behaal nie.
“Hoeveel keer op die rostrum, pa”
Gedigte my siel se pa(5.)Watter besering het die seun skynbaar opgedoen en in watter sport kry ‘n
mens gewoonlik hierdie besering?
n Achilleshiel besering; dit gebeur in hardloop/atletiek.
Spookhuis1.Waarom is die huis wat beskryf word nie duidelik sigbaar nie?
Die huis is tussen bosse.
Spookhuis2.Waarom is die huis in so ‘n aaklige toestand?
Die huis is in die oorlog vol gate geskiet.
Spookhuis3.Die spreker beskryf die huis spesifiek gedurende die nag. Hoekom doen die
spreker dit?
Dit maak die atmosfeer meer onheilspellend, want die nag is meer
vreesaanjaend.
Spookhuis4.Watter beeldspraak word in reël 5 gebruik?
Personifikasie (die maan word voorgestel met ‘wit oë’)
Spookhuis5.. Die gebeure in reëls 6 en 7 is vreemd. Hoekom?
n Duif word gewoonlik nie met die nag of met spookhuise geassosieer nie.
Spookhuis6.Verduidelik die metafoor in reëls 8 tot 10.
Die gang word met die monster se tong vergelyk – dit is die mat wat op die vloer
lê. Die metafoor maak die gedig meer vreesaanjaend, want die voordeur sluk die
leser in deur skielik oop te ruk en jou in te suig.
Spookhuis7.. Hoekom moet ‘n mens eerder nie skree van vrees nie?
Jy sal die vlermuise wakker maak en veroorsaak dat hulle begin rondvlieg.
Spookhuis8.Gee ‘n voorbeeld van klanknabootsing uit die vierde strofe.
“woep-woep”
Die stranjutwolf1.Waarom gebruik die spreker die onpersoonlike voornaamwoord ‘dit’ in die eerste versreël?
Die spreker gebruik ‘dit’ omdat hy dalk self nie regtig seker is wat die geluid maak nie en ook omdat die ‘dier’ nog ver in die veld is en nie iets is wat hom bedreig nie.