Emissie- en absorpsiespektra Flashcards

1
Q

Vorming van atoomspektra

A

Soos wat wit lig deur ‘n koue gas beweeg, absorbeer die elektrone in die atome van die element die energie van die lig. Die energie word geabsorbeer in spesifieke bande wat ooreenstem met die energie wat nodig is vir elektrone om die oorgang tussen energievlakke te maak.
Die geabsorbeerde energie stem ooreeen met ‘n spesifieke frekwensie van lig. Soos wat die elektrone enrgie absorbeer, verdwyn die spesifieke frekwensie van lig wat lei tot ‘n absorpsiespektrum

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Verskil tussen atoomabsorpsiespektrum en atoomemissiespektrum

A

Absorpsiespektrum vorm wanneer sekere frekwensies straling uit elektromagnetiese straling wat deur ‘n medium beweeg, geabsorbeer word.

Emissiespektrum vorm wanneer sekere frekwensies van elektromagnetiese straling uitgestraal word a.g.v van ‘n atoom se elektrone wat ‘n oorgang van ‘n hoe energietoestand na ‘n laer energietoestand maak.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly