Fisiese Eienskappe Flashcards
(10 cards)
Kookpunt
Temperatuur waar die dampdruk van die vloeistof gelyk is aan die atmosferiese druk
Smeltpunt
Temperatuur waar ‘n vastestof verander in ‘n vloeistof
Of
Temperatuur waarby vaste en vloeistoffases van ‘n stof in ewewig is
Dampdruk
Druk wat deur die damp wat gevorm word, van ‘n stof wat in dinamiese ewewig is, uitgeoefen word. Ewewig met sy vloeistof in ‘n geslote sisteem.
Vlugtigheid
Die mate waarin ‘n stof in ‘n damp verander. Die reuk word met vlugtigheid geassosieer
Digtheid
Massa per volume eenheid
Molekulêre vorm
Die driedimensionele posisie van die atome binne die molekule
Intermolekulêre kragte
Die kragte tussen molekules. Twee van der Waalskragte en waterstofkragte
Waterstofbindings
Kragte tussen H van een molekuul en O,N,F van ‘n ander molekuul. Kovalent gebind. Baie sterker as van der Waalskragte. Spesiale geval van dipool- dipool.
Van der waalskragte
Dipool-dipool tussen 2 polêre molekules, London (tydelike dipool) tussen nie-polêre molekule.
Viskositeit
Graad van vloeibaarheid van die stof. Maatstaf van weerstand teen vloei van stof. Neem toe soos kookpunt toeneem.