Funksies Van Dele Van n Mikroskoop Flashcards
(14 cards)
Oogstuk
Bestaan uit die stel lense naaste aan die oog vir vergroting (bv.10x)
Growwe stelskroef
Beweeg die mikroskoopbuis/tafel met groot bewegings om die voorwerp duidelik in fokus te bring
Fyn stelskroef
Beweeg die mikroskoopbuis/tafel vir noukeurige en finale instelling of fokus
Arm
Handvatsel waaraan die mikroskoop gedra word en waaraan die mikroskoopbuis stelskroewe en tafel vasgeheg is
Skarnier
Laat beweging van die arm teen verskillende hoeke, toe.
Voetstuk
Basisgedeelte waarop die mikroskoop stewig staan
Ligbron
Aan die voetstuk vas en voorsien lig wat deur die opening in die tafel sowel as die gemoteerde voorwerp, na die oog skyn
Irisdiafragma
Opening in die kondensator wat die hoeveelheid lig wat op die voorwerp skyn reguleer
Kondensator
Konsentreer ligstrale vanaf ligbron op die voorwerp
Tafel
Plat oppervlak met n opening waardeur lig skyn, waarop dievoorwerpglasie geplaas word vir die ondersoek
Knippe/klampe
Hou voorwerpglas met voorwerp in posiesie op die tafel
Objektiewe
Gewoonlik drie objektiewe met verskillende vergrotings wat aan die neus stuk vasgeheg is
Neusstuk
Dra die objektiewe en kan draai om verskillende objektiewes na die voorwerp te rig
Mikroskoopbuis
Hou die oogstuk in plek en verbind dit met die objektiewe