GEO_kw3_klimaat Flashcards
(33 cards)
mense wat van plek tot plek trek opsoek na weiding en water?
nomade / nomadiese mense
`n plek in die woestyn waar jy water kan vind?
oase
wanneer die lug in ‘n gebied warm en nat voel?
humied
die dier wat deur ander diere gejag en dood gemaak word vir kos
prooi
diere en plante wat in ‘n gebied voorkom?
natuurlewe
trek na `n ander gebied in ‘n sekere seisoen?
migreer
met sade in kegels eerder as blomme
naaldwoude
mense wat van Europa gekom het om in `n ander land te woon?
Europese setlaars
plante bosse en bome wat in `n gebied voorkom?
plantegroei
wat is die verskil tussen weer en klimaat
weer:
> Dit is die: Temperatuur (°C)
Reën (mm) en Wind (knope)
in ‘n gebied op ‘n spesifieke dag.
klimaat:
> dit is die weer in ‘n gebied
oor ‘n lang tydperk
hoeveel mm reën moet ‘n area in ‘n jaar kry om as ‘n (nat area) beskryf te word?
meer as 1000mm reën per jaar
wat is die hoeveelheid (mm) reën wat ‘n area in ‘n jaar kry om as `n droë area beskryf te word?
minder as 250mm reën per jaar
Is Suid-Afrika ‘n Warm-, Koue-, of Matige Klimaatstreek? Hoekom sê jy so?
Matige Klimaatstreek = temperatuur grootste deel van die jaar nie te hoog of te laag nie
Verduidelik die verskil tussen Warm woestyne en Reënwoude deur na hul temperatuur te verwys.
Woestyn:Tussen 20°C & 25°C
In die aande kan dit baie koud word
Reënwoud: Altyd warm en humied
Verduidelik die verskil tussen Warm woestyne en Reënwoude deur na hul reënval te verwys.
woestyn: Droë gebiede wat minder as
250mm reën per jaar kry
reënwoud:Baie reën in die meeste reënwoude daagliks
Wat is Ontbossing?
Ontbossing vind plaas wanneer bome afgesaag word en woude vernietig word.
Groot dele van reënwoude word vernietig weens houtkappery, boerdery, mynbou en padbouery.
Noem 4 oorsake van ontbossing.
Hout: vir meubels
padkonstruksie
papier
landbougrond vir arm mense
Noem 5 negatiewe uitwerkings wat Ontbossing op ‘n gebied het.
(1) geen wortels in die grond om water te stoor nie (2) geen bome om die lug af te koel nie (3) vloedskade (4) dier en plante verloor hul skuilings (5) mense verloor hul huise.
benoem en beskryf die 4 lae van die reënwoud.
1) uitgroeiers: die hoogste bome
2) dak: hierdie bome keer sonlig af
3) Onderbos: kleiner bome en struike
4) woudvloer: laagste laag
Wat is die Dadelpalm se gebruike?
1) kan sy vrugte eet
2) die stam verskaf hout
3) toue kan gemaak word van die blare om in dakke te gebruik
hoe is die vatkaktus aangepas?
Warm woestyn plant het vet blare vir water stoor en het stekels vir beskerming
hoe is die dromedaris kameel aangepas?
3-4 dae sonder water oorleef
boggel op sy rug wat vet stoor
harde bek om doringplante te vreet
hoe is die meerkatte aangepas vir die woestyn?
1, Lang kloue
om insekte uit te grawe
2, leef in groepe
waarsku mekaar van gevaar
3, Slang- en skerpioen gif
kan hul nie kwaad aandoen nie.
Verduidelik kortliks die klimaatstreek waar naaldwoude voor kom.
Groei in klimaatstreek waar die somers kort is en die winters lank en koud is met swaar sneeuval.