GRAAD 5 KWARTAAL 2 Flashcards
(43 cards)
Wat is metaal?
is ’n Chemiese element wat hitte en elektrisiteit gelei.
In watter stof / toestand is ‘n metaal as dit kamertemperatuur is?
Vastestof
Wat is die enigste metaal wat by kamertemperatuur ’n vloeistof is?
Kwik
Noem 4 voorbeelde van metale
- Goud
- Aluminium
- Koper
- Platinum
Waar kom metale voor in die natuur?
- Sekere lewende selle
- Sekere kossoorte
- Die aarde se kors
Wat word rots wat metaal bevat genoem?
Erts
Noem 6 eienskappe van metaal
- Blink oppervlakte
- Hard en sterk
- Pletbaar
- Rekbaar
- Smelt by hoë
temperature. - Geleiers
Wat noem mens ‘n stof wat hitte goed gelei?
’n Termiese geleier.
In watter vorm kan Niemetale voorkom? Daar is 3
- Vastestowwe
- Vloeistowwe
- Gasse
Noem voorbeelde van niemetale wat ‘n vloeistof is
- Broom
- Olie
Noem voorbeelde van niemetale wat ‘n gasse is
- Suurstof
- Stikstof
Noem die eienskappe van Niemetale
- Dowwe oppervlakte
- Bros
Wat gebeur met metaal as dit val of gestamp word?
Dit sal nie breek nie, maar dit kan wel gebuig of ingeduik word.
Hoekom is metaal ‘n belangrike stof om in te neem as mens?
Omdat yster nodig is om suurstof in ons bloed te vervoer.
Uit hoeveel persent yster bestaan die aarde se kors?
5%
Hoeveel persent van koper word gebruik vir die vervaardiging van koperdraad en kabels?
60%
Waarvan word gloeidrade in gloeilampies gemaak?
Wolfram (ook bekend as Tungsten)
Watter metaal het die hoogste smeltpunt van al die metale?
Wolfram (ook bekend as Tungsten)
Watter twee metale is baie goeie geleiers van elektrisiteit?
- Goud
- Koper
Noem voorbeelde van Niemetaalvastestowwe
- Glas
- Hout
- Plastiek
- Polistireen
- Papier
- Koolstofstafies
- Chloorpoeier vir swembad
- Ammoniumnitraatkorrels vir kunsmis
Kan Niemetale elektrisiteit gelei?
Nee, met uitsondering van koolstofstafies
Wat word ‘n mengsel van metale genoem?
Allooi
Noem voorbeelde van allooie
- Vlekvrye staal
- Staal
- Brons
Wat noem mens dit as goedkoper metale met ’n dun lagie van ’n ander, meer waardevolle metaal
bedek word?
Platering