HFSTK 2 Flashcards
(15 cards)
Resessie
Resessie is ‘n negatiewe reele BP vir ten minste twee agtereenvolgende termyne en word gesien in ‘n daling in BBP, inkome, produksie, indiensname en kleinhandel- verkope.
Depressie
Depressie is ‘n volgehoue langtermyn afswaai in die sakesiklus en gewoonlik in verskeie lande, word gekenmerk deur abnormale toename in werkloosheid, bankrotskappe, skaarshe van krediet en afname in handel.
Sakesiklus:
Eerste been van opswaai
- Hoër uitvoere. (Fabrieke produseer meer, meer werksgeleenthede, ens.)
- Invoere nie so hoog nie. (Min geld vir luukse goedere.)
Surplus op die lopende rekening. ( Verskil tussen die geld wat die land in en uitvloei.) - Wisselkoers (koorspen van ‘n land) stabiel tot sterker.
- Inflasie binne beheer. (rentekoerse bly dus ook stabiel.)
- Laer belastingkoerse. (fiskale toegeeflikheid - regering kan koers verlaag.)
- Hoër verkope en produksievolumes - fabrieke produseer meer.
- Maatskappye baie likied as gevolg van baie kontantvloei en min vaste beleggings.
- Swak vraag na bankkrediet, alhoewel individue begin om meer te leen. Mense nog onseker oor opswaai.
Sakesiklus:
Tweede been van opswaai
- Uitvoere verlaag of styg teen ‘n laer koers.
- Invoere neem toe - van luukse goedere veral.
- Tekort op die lopende rekening begin ontstaan.
- Wisselkoers verswak weens groter invoere.
- Inflasie styg en gevolglik rentekoerse ook. (Teikenkoers vir inflasie: 3-6%)
- Verkope en produksie styg nog meer - produksiekapasiteit word ten volle benut.
- Vaste beleggings styg - meer produksiekapasiteit word aangebou. (Investering in bates)
Sterk vraag na bankkrediet.
Groot optimisme, winste van besighede styg baie.
Skuldvlakke van verbruikers styg meer.
Sakesiklus:
Eeste been van afswaai
- Uitvoere bly laer, maar invoere bly steeds hoog.
- Steeds in tekort op die lopende rekening.
- Wisselkoers verswak verder.
- Inflasie bly steeds hoog - rentekoerse word deur SARB opgeskuif.
- Verkope en produksie begin daal saam met verbruiksspandering - minder geld.
- Voorraadvlakke styg verder - produksie groter as verkope.
- Produksiekapasiteit word minder benut.
- Vaste beleggings vind steeds plaas. (die projekte wat begin is, kan nie stop nie.)
- Maatskappywinste begin daal.
- Likwidasies en bankrotskappe van besighede en individue begin toeneem.
- Vraag na bankkrediet blysteedssterk.
Tweede been van afswaai
- Surplus op die lopende rekening.
- Wisselkoers stabiliseer of versterk.
- Inflasie styg teen ‘n laer koers en rentekoerse daal dus.
- Verkope daal verder, saam met produksievolumes.
- Voorraadvlakke daal weer.
- Produksiekapasiteit word nog minder benut.
- Vaste beleggings neem af.
- Maatskappywinstedaalverder.
- Nog meer likwidasies en bankrotskappe kom voor - pessimisme versprei dus.
- Bereik onderste draaipunt - wag vir nuwe stimulus.
Eksogene faktore van sakesiklus
- Sommige ekonome glo dat die mark inherent stabiel is en dat fluktuasies ontstaan as gevolg van faktore wat buite die mark ontstaan.
- Klassieke ekonome het geglo bv. weersomstandighede kan landbou so beïnvloed dat dit ‘n op- of afswaai kon veroorsaak.
- Monetariste (bv. Milton Friedman) glo dat regeringsinmenging veroorsaak fluktuasies (stygings en dalings) in bv. geldvoorraad wat weer rentekoerse beinvloed.
- Hierdie ekonome het geglo dat die mark homself sou uitsorteer en dat regerings nie moet inmeng in sakesiklusse nie.
Endogene faktore van sakesiklus
- Keynesianse ekonome glo dat fluktuasies is inherent deel van hoe markte funksioneer.
- Hulle skryf dus sakesiklusse toe aan endogene faktore, dus faktore binne die markstelsel. Bv. in ‘n opswaai is inherent die kragte wat die opswaai sal beäindig, bv hoë inflasiekoers en/of kredietbesteding.
- Die regering het volgens hulle die plig om deur fiskale en monetêre beleid pieke en trôe te bestuur sodat sakesiklus gladder of “smoother” kan plaasvind.
- Byvoorbeeld die huidige probleem van hoë inflasiekoerse wêreldwyd en impak op rentekoerse van sentrale banke - kan afswaaie of resessies veroorsaak.
Bestuur van sakesiklus
- Monetêre beleid - is enige maatreëls wat deur die SA Reserwebank geneem word om die geldvoorraad en rentekoerse te beinvloed ten einde ekonomiese doelwitte te bereik.
- Fiskale beleid - die regering se gebruik van belasting en staatsbesteding om/ ekonomiese doelwitte te bereik.
- Milton Friedman en Monetariste het geglo in monetêre beleid om siklusse te bestuur.
- John Maynard Keynes het geglo aan fiskale beleid om siklusse te bestuur.
Twee Monetêre beleide
Ekspansionistiese monetêre beleid stimuleer ekonomiese aktiwiteit.
* Volg beleid in afswaai, draaipunt, resessie.
* Vermeerder geldvoorraad en/of rentekoerse verlaag.
Beperkende monetêre beleid verlaag die vlak van ekonomiese aktiwiteit.
* Volg beleid in tweede opswaaifase.
* Verminder geldvoorraad en/of rentekoerseverhoog.
Twee fiskale beleide
Ekspansionistiese fiskale beleid is wanneer die regering ekonomiese aktiwiteit stimuleer.
* Volg beleid in afswaai, draaipunt, resessie.
verhoog
* Verlaag belasting, staatsbesteding op infrastruktuur.
Beperkende fiskale beleid is wanneer die regering ekonomiese aktiwiteit wil demp.
* Volg beleid in tweede opswaaifase.
*Verhoog belasting, verminder staatsbesteding.
Ekonomiese aanwysers
- Leidende - verander eerste en wys vooruit op ‘n moontlike verandering in die siklus, bv. nuwe motor verkope (ekonomie toon lewe.)
- Saamvallende - verander saam met die siklus. As samvallende en leidende aanwysers dieselide tendens wys, kan jy bevestig waar die ekonomie op die sikus is, bv. werkloosheid en kleinhandel-verkope.
- Sloerende - gewoonlik agter die werklike tendens of siklus van die ekonomie, bu. ureinkonstruksie.
Leidende aanwysers
*Aantal nuwe motors verkoop
*Nuwe maatskappye
geregistreer
*Bouplanne goedgekeur
*Aandeelpryse styg of daal
*Sakevertroue-indeks
*Goedere uitvoere
Sloerende aanwysers
*Aantal ure gewerk in konstruksie
*Aantal handelsvoertuie
verkoop
*Reële investering in masjinerie en toerusting
*Sementverkope in ton
*Nominale arbeidskoste per produksie-eenheid
*Verhouding van voorraadtotverkope
Saamvallende aanwysers
*Werkloosheidsyfer
* Reële BBP
*Kleinhandelverkope
*Benutting van kapasiteit in produksie
*Nywerheids produksie indeks
*Goedere ingevoer