K1 & K2 - Junie eksamen Flashcards
(110 cards)
Oase
Plekke in die woestyn waar daar water is
Karavane
Groepe mense, gewoonlik handelaars wat saam deur ‘n woestyn in Noord-Amerika reis
Poort
‘n Plek waardeur ander plekke bereik word
Handelsentrum
Bymekaarkom plekke waar mense handeldryf
Waarom was die Sahara-woestyn moeilik om te deurkruis?
- Dit was uiters warm deur die dag
- Nagte was ysig koud
- Verskillende sandstorms het gewoed
- Mense het maklik verdwaal want daar was geen paaie nie
- Hulle water het maklik opgeraak
Hoekom was kamele as die beste vervoermiddels beskou?
- Hulle twee tonige pote het leerkussings wat keer dat hulle in die sand wegsak
- Hulle lang wimpers en ruie wenkbroue beskerm hulle oë teen sandstorms
- Groot neusgate maak oop en toe wat waterdamp vasvang
- Dik pels help om temperatuur te beheer sodat hulle nie sweet nie
- Hulle kan vinnig groot hoeveelhede water drink
- Hulle het bogels waarin hulle vet kan stoor wat hulle in energie kan omsit
- Hulle het lang bene wat hulle liggaam weghou van die warm sand
Redes waarom die Islam geloof aanvaar is
- Handel met Arabiere het rykdom in Wes-Afrika tot gevolg gehad
- Baie Afrikane het tot Islam bekeer om hulself teen slawerny te beskerm
- Arabiese handelaars het Islamitiese onderig aangebied en mense het geletterd geword
- Plekke langs handelsroetes het sentrums vir Islamitiese opvoeding, beskawing en administratiewe praktyke geword
Waarom het die waarde van goud in Egipte tydens die pelgrimstog gedaal?
As gevolg van die hoeveelheid goud wat Mansa Musa weggegee het, was daar ‘n oorvloed van die kommoditeit. Dit het veroorsaak dat die mark oorvloed is met goud wat die waarde daarvan laat daal het
Gee 2 redes waarom die historiese moskees reeds so lank hou
- Die groot bakstene is vervaardig deur sand, klei, kalksteen, water, strooi, takke en mis saam te meng en dit in die son te laat droog word
- Hierdie boumateriale is baie sterk aangesien die moskee reeds meer as 600 jaar bestaan
Gedigitaliseer
Gefotografeer met ‘n spesiale kamera en elektronies as ‘n beeld gestoor
Leo Africanus se ooggetuie verslae (boeke wat hy geskryf het)
Geografie van Suid Afrika - beskryf verskillende karavaanhandelsroetes
Beskrywings van Afrika - beskryf Afrika handelsroetes, geografie en mense
Strategies
Belangrik en nuttig op so ‘n manier dat langtermyn doelwitte bereik word
Watter Afrika land was die eerste land wat Islam as geloof aangeneem het?
Egipte
Diplomatieke sending
Amptelike reis deur ‘n leier se verteenwoordiger na ‘n leier van ‘n ander land
Ooggetuie verslag
‘n Beskrywing wat die ooggetuie gee van wat hy of sy gesien het
Waarom dink jy is dit belangrik vir die historiese moskees om tot wêrelderfenistereine verklaar te word?
Sodat hulle onder die reëls van Erfenisterreine vir toekomstige geslagte bewaar sal word.
Die moskee in Djenne het een van die beroemste landmerke in Afrika geword. Dit is die grootste struktuur in die wêreld wat heeltemal uit modder gemaak is. Dit het dus geskiedkundige waarde en moet bewaar word
Hoe het die Arabiere hul geloof aan die Afrikane bekendgestel?
Hulle het handelsentrums, moskees en leersentrums langs handelsroetes gebou om mense aan die geloof bloot te stel
Kaaba
‘n Swart klipgebou in Mekka wat die vorm van kubus het en die heiligste Moslem-pelgrimsheiligdom is
Wêrelderfinis gebiede
‘n Natuurlike of historiese plek, gebied of struktuur wat internasionaal belangrik is en spesiale beskerming benodig
Ambasadeurs
Mense wat hul refering in ‘n ander land verteenwoordig
Waarheen gaan moslems op hulle pelgrimstog?
Mekka
Hoe het mense van Noord-Amerika goedere met Europa, Asië en Indië verhandel?
Hulle het goedere met skepe vervoer
Minaret
Die toring van ‘n moskee
Waarom was sout ‘n belangrike item vir die mense van Noord-Amerika
- Sout het smaak aan kos gegee
- Is gebruik om kos te preserveer
- Die minerale in sout bied elektroliete