Kragte Flashcards
Leer oor die kragte in fisika
Wat is ‘n nie kontak krag?
Dit is ‘n krag wat werk oor ‘n afstand en die voorwerpe hoef nie in kontak te wees nie.
Wat is ‘n kontak krag?
Dit is ‘n krag waar daar ‘n direkte kontak tussen die kragte is.
Wat is die tipes nie kontak kragte?
Elektrostatiese krag, magnetiese krag en gravitasie krag.
Wat is die tipes kontak kragte?
Spanning, lugweerstand, samepersing, toegepaste krag, normaal krag en wrywingskrag.
Wat is elektrostatiese krag?
Dis die krag tussen voorwerpe wat elektries gelaai is.
Wat is magnetiese krag?
Dis die krag tussen voorwerpe met magnetiese eienskappe.
Wat is gravitasie krag?
Dis die krag tussen voorwerpe met massa.
Wat is spanning?
Dis die krag wat deur ‘n tou werk in die teenoorgestelde rigting as die trekkrag op die tou.
Wat is lugweerstand?
Dis die krag wat deur die lug op ‘n bewegende voorwerp werk, in die teenoorgestelde rigting as wat die voorwerp beweeg.
Wat is samepersing?
Dis die krag wat die vorm van die voorwerp verander.
Wat is die toegepaste krag?
Dis die eksterne krag wat aangewend word.
Wat is die normaal krag?
Dis die krag wat deur die oppervlak op die voorwerp uitgeoefen word. Dit is loodreg aan die oppervlak, dieselfde grootte as die gravitasie krag en in die teenoorgestelde rigting.
Wat is wrywingskrag?
Die oppervlak werk teen die beweging van die voorwerp. Dis parallel aan oppervlak en teen die bewegingsrigting.
Wat is die resultant?
‘n Enkele krag wat dieselfde uitwerking as twee of meer kragte het
Wat is die ekwilibrant?
Dit het dieselfde grootte as resultant, maar werk in teenoorgestelde rigting en balanseer dus die ander kragte
Wat is die ekwilibrium?
Dis wanneer alle kragte in ewewig is en resulterende krag nul is
Wat is die Driehoek reël van kragte?
As kragte wat op dieselfde punt inwerk in ewewig verkeer, kan hul grootte en rigting voorgestel word as 3 sye van ‘n geslote driehoek as hulle in volgorde geplaas word
Wat is komponente?
Dis twee loodregte kragte wat saam dieselfde effek sal hê as oorspronklike krag
Wat is statiese wrywingskrag?
Dis die krag van ‘n stilstaande voorwerp
Wat is kinetiese wrywingskrag?
Dis die krag van ‘n bewegende voorwerp
Wat is die wrywingskoëffisiënt?
Dis die mate waarmee kontak oppervlakke beweging teenwerk