Kwartaal 2 Flashcards
(165 cards)
Watter tipe energie gebruik stelsels?
Menslike, meganiese, elektriese of chemiese energie
Gasse of vloeistowwe onder druk
Wat doen elke substelsel?
Dit verrig ‘n spesifieke funksie wat nodig is om die masjien te laat werk
Wat word elke deel van ‘n komplekse stelsel genoem?
“’n Substelsel
Wat is UITSET?
Uitset / beweging van die stelsel
Wat doen MEGANISMES in ‘n stelsel?
Om ‘n stelsel te beheer
Wat is die rol van INSET in ‘n meganiese stelsel?
Om ‘n stelsel te begin.
Hoe word komplekse meganiese stelsels gemaak?
Eenvoudige meganismes word saam gebruik om komplekse meganiese stelsels te maak.”*
Waarom is goed ontwerpte masjiene nuttig?
Hulle help ons om vinniger en met minder moeite te werk
Wat is meganismes?
Die bewegende dele in masjiene wat energie gebruik om krag en beweging oor te dra om werk te verri
Wat is ’n geslote hidrouliese stelsel?
“‘n Geslote hidrouliese stelsel: Dit bestaan uit ’n verseëlde eenheid wat twee suiers bevat wat deur die middel van ’n pyp of reservoir met mekaar verbind is.”
Wat is ’n oop hidrouliese stelsel?
“‘n Oop hidrouliese stelsel bevat ‘n vloeistof wat onder druk geplaas word, byvoorbeeld water en ’n tuinslang met ’n drukspuitstuk.”
Noem twee nadele van pneumatiese stelsels.
- “Pneumatiese stelsels is nie geskik vir masjiene waar presiese, beheerste beweging nodig is nie.”
- “Saamgeperste lug kan baie gevaarlik wees omdat dit onvoorspelbaar is, en skopterug kan voorkom.”
Noem een voordeel van ’n pneumatiese stelsel.
“Goedkoper as hidrouliese stelsels.”
Wat gebeur wanneer jy die suier van ’n spuit ingedruk hou en die punt sluit?
“Dan sal jy die lug in die spuit saamper. Dit beteken dat die lugmolekules gedwing word om nader aan mekaar te beweeg.”
Noem voorbeelde van masjiene wat ’n pneumatiese stelsel gebruik.
fiets pompe, motorbande
industriële gereedskap soos boorhamer
’n Tandarts se boor
lugremme van swaar voertuie soos busse, vragmotors en treine
’n pneumatiese boor
spuitkanne en spuitbottels
Wat gebruik pneumatiese stelsels om masjiene en gereedskap te laat werk?
Die potensiële energie van saamgeperste lug
Waarom kan gas deeltjies onder druk saamgepers word?
Omdat daar baie spasie tussen die deeltjies is
Wat word genoem as ‘n meganiese stelsel wat meganiese voordeel verkry deur saamgeperste gas/lug te gebruik?
Pneumatiese stelsel
Wat word gebruik in hidrouliese stelsels?
- Vloeistowwe onder druk
Wat eord gebruik in pneumatiese stelsels?
- Lug onder druk
toepassings van hidrouliese stelsels.
- “Hidrouliese domkragte”
- “Laaigrawe”
- “Motorremstelsels”
- Kompressiemeganismes op wipbakvragmotors
- stootskrapers
Waarom is hidrouliese stelsels ideaal vir swaar industrie?
Hulle is baie kragtig en gee ’n akkurate, onmiddellike uitset