Kwartaal 4 Begrippe Flashcards
(24 cards)
Buitelandse valuta
Geld van ń ander land
Handel
Uitruil van goedere en grondstowwe tussen lande
Invoer
Wanneer lande produkte van ń ander land koop
Uitvoer
Wanneer lande baie van ń sekere produk produseer en dit stuur na ander lande wat daarvoor betaal
Vervoer-infrastruktuur
Infrastruktuur wat ophestel is vir vervoer in ń land, soos spoorweë en snelweë
Vorme van vervoer
Soorte vervoer soos lugvervoee en padvervoer
Departement van vervoer
Staatsdepartement wat verantwoordlik is vir ń vervoerstelsel wat goed werk
Ekonomiese middelpunt
Deel van die land wat ń groot deel van inkomste oplewer
Kommersiële lugverkeer
Vliegtuie wat mense van een deel van die wêreld na ń ander vervoer
Nasionale padnetwerk
Paaie wat strek oor die hele land en verskillende dorpe en stede koppel
Openbare maatskappy
Maatskappy wat aandele te koop aandbied aan die publiek
Seeroetes
Roetes waarlangs skepe reis
Sosio-ekonomiese ontwikkeling
Proses van maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling
Spoorwegnetwerk
Spoorweë wat strek oor hele land en dorpe en stede koppel
Vervoernetwerk
Netwerk van strukture wat die beweging van voertuie en/of vervoer van goedere moontlik maak
Behouerde handel
Handel wat via die see in houers plaasvind
Handelsmiddelpunt
Gebied waar baie handel gedryf word
Transnet
Suid-Afrikaanse staatsbeheerde vervoermaatskappy
Geïntegeerde snelvervoerstelsel
Stelsel van openbare vevoer wat gebruik maak van verbeterde infrastruktuur en nuwe tegnologie om busdienste verbeter
Groenvervoer
Vervoer wat nie die omgewing benadeel nie
Koolstofspoor
Uitwerking van koolstof op die omgewing
Openbare vervoerstelsel
Gedeelde vervoer betaal deur die publiek
Snelbusvervoerstelsel
Netwerk van busroetes wat mense vinnig en doeltreffend van een plek na ń ander vervoer
Taxi-herkapitaliseringsprogram
Program in SA waar die regering aanbied om taxibestuurders te betaal om hul ou, onveilige voertuie te skrap in ń poging om die taxivloot skoon te maak en te reguleer