LANGVRAE OPGESOM Flashcards

(3 cards)

1
Q

Die aanloop tot die Tweede Wêreldoorlog

A
  • Hitler is in Oostenryk gebore en werk tydens WO1 nie hoër as korporaal nie. Na die oorlog sluit hy by die Nazi-party aan. Die Nazi-party was o.a. kwaad oor die bepalings van die Vrede van Versailles aangesien dit ‘n swaar ekonomiese las op die Duitsers geplaas het.
  • In **1923 **was daar reeds groot ondersteuning vir die Nazi-party onder die Duitse volk, toe Belgieë en Frankryk ‘n gedeelte van Duitsland (Die Ruhr) vir hulself gevat het omdat Duitsland nie die oorlogskuld kon betaal nie.
  • In 1923 het Hitler gepoog om die regering oor te neem d.m.v. ‘n staatsgreep.* Toe die poging misluk is hy tronk toe gestuur, waar hy besluit het om sy boek “Mein Kampf (My Stryd)” te skryf. Dit was egter deur Rudolf Hess geskryf terwyl Hitler dikteer het.
  • In 1933 het Hitler die verkiesing in Duitsland gewen.* *Almal het Hitler aangespreek as** *“Mein Fuhrer (My Leier/Vader)”** Duitsland verander van ‘n demokrasie na ‘n diktatorskap en Duitsland begin herbewapen.
  • Duitsland annekseer Rynland, Oostenryk en Tsjeggo-Slowakye en die wêreld besef Poland is volgende, so Frankryk en Brittanje beloof om die Pole te beskerm. Op 3 September 1939 val die Duitsers Poland aan en oorlog word verklaar.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Die verloop van WO2

A
  • Duitsland val die Pole in 1939 in met ‘n Blitzkrieg.
  • Bennito Mudolini van Italië sluit by die Duitsers aan. Duitsland se Luftwaffe (lugmag) was baie belangrik in die blitzkrieg aangesien enige aanvaller wat die lugruim beheer, die geveg beheer.
  • Japan was deel van die oorlog saam die Sentrale Magte. **Een van hul kenmerke was hul Japanese selfmoord vlieëniers (Kamakazee). **Hul het verwoesting gesaai deur hul vliegtuie teen die vyand se skepe en geboue vas te vlieg.
  • Op 7 Desember 1941 val Japan Pearl Harbour op die eiland Hawaii, een van Amerika se state aan. Na die aanval is Amerika ook deel van die oorlog.
  • Japan het Amerika aangeval omdat dit naby was en om Nederlandse en Britse hulpbronne (veral olie) in die Stille Oseaan te bekom.
  • Op ‘n vroeë Sondagoggend het die Japanese tot naby Hawaii gevaar en meer as 300 vliegtuie laag laat opstyg sodat die radar hul nie kon optel nie.
  • Oorlogskepe wat daar geanker was het gesink, vliegtuie is verwoes voor hul nog kon opstyg en baie matrose/ soladte wat op die skepe gebly het, het op die sinkende skepe gesterf.
  • Operasie Barbossa was ‘n mislukte Duitse aanval teen Rusland, omdat hulle dit tydens die winter gedoen het. Duitse en Italiaanses soldate het frostbite gekry en die tanks se diesel het gevries teen temperature so koud soos -40 grade celsius.
  • In Noord-Afrika was die geveg tussen die Britse Generaal Montgomery en die Duitsers se Generaal Erwin Rommel. Die RAF (Royal Air Force) het Duitse stede begin aanval. Die Italianse koning het Mussolini in hegetenis geneem en die geallieerdes begin ondersteun. Hy het besef die Duitsers kan nie die oorlog en nie. In Rusland het Hitler se generaals oorgegee, wat hom kwaad gemaak het.
  • 6 Junie 1944 was D-day, die dag toe die geallieerdes weer vir die eerste keer voet op Europa gesit het (Normandie in Frankryk)
  • Hulle het geland op die strande van Normandy (Frankryk). Die geallieerdes het “dummy” bote gebruik om die Duitsers te mislei. Intussen het Hitler se generaal hom probeer vermoor deur ‘n bom in sy akteteas tydens ‘n vergadering te sit. Die tas was egter verskuif.
  • Hitler se manne het besluit dat Rommel een van die sondebokke was en hom oorreed om ‘n sinanied pil te drink wat hom doodgemaak het.
  • Hitler se laaste oorwinningspoging was die V1 en V2 wapens. ‘n Vliegtuig met ‘n bom (v1) en ‘n vuurpyl (v2). As dit ‘n paar maande vroeë ontwerp is het Duitsland dálk gewen.
  • Hitler was in sy bunker in Berlyn (Duitse hoofstad) vasgekeer. Hy het kort voor sy doodmet Eva Braunn getrou, wie saam homself daai aand geskiet het. Die Russe het kort daarna by sy bunker aangekom en die oorlog is beëindig toe atoombomme op Nagaski en Hirosjima gegooi is. Dit is deur Winston Churchil as V-day gedoop.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Nazi-Duitsland en die Jode

A
  • In 1938 gaan ‘n 16 jarige Duitse seun en skiet die Duitse ambassadeur. Joseph Goebbels, Hitler se minister van propoganda beskuldig Die Jode toe daarvan dat hul Duitsers wil uitmoor.
  • Die aand nadat die ambassadeur geskiet is, stuur Goebbels ‘n telegram aan al die SS-mann om die Joodse winkels en sinagoges te verwoes. 7 500 winkels word verwoes en die sinagoges word afgebrand. Die nag word Kristalnacht genoem omdat so baie glas gebreek het.
  • In 1935 bepaal die Nazi’s met Munich-wette dat alle Jode se regte ontneem word. Baie Jode soos Albert Einstein vlug nou uit Europa omdat hul verstaan die situasie gaan net vererger. Baie lande weier egter om nog Jode toe te laat en so is baie jode ook in Duitsland vasgekeer.
  • In 1941 besluit Hitler en Goebbels op “Die Finale Oplossing” en hul stel Heinrich Himmler aan om dit te bestuur. So word ongeveer 6 miljoen Jode binne 4 jaar vermoor.
  • Die duitsers wou weet wie almal Jode is, so Jode is verplig om die Dawid ster op hul mou te dra. Dié wat geweier het is in konsentrasiekampe gegooi. Die Nazi’s het Duitse volk as die meesterras of “Ariese ras” gesien. Hul ideale Duitser het blou oë en blonde hare gehad.
  • Volgens die Nazi’s se T-4 program is almal wat fisiese gebreke getoon het d.m.v. ‘n ‘genadedood” doodgemaak. Die implimentasie was egter gelykstaande aan moord omdat hul nie terminaal siek was nie. In Duitsland is sekere kinders wat nie deur die Nazi’s as ideaal gesien is nie, sonder hul ouers se toestemming met ‘n dodelike gif ingespuit. Tussen 1933 en 1939 was 70 000 mense op hierdie manier vermoor.
  • Soos die duitsers stede in ander lande oorgeneem het, het hul Jode probleem vergroot. Daar is toe besluit om Jode na Ghetto’s te stuur, waarvandaan hul dan na ‘n doodskamp of werkskamp gestuur is, waar hul nie kon kos soek nie. In die Warsaw Ghetto in die Poe het daar 500 00 jode gebly waar daar net vir 100 000 bestem was.
  • Tydens Operasie Barbossa het Himmler moordspanne agterna gestuur.Hul het soveel as 30 00 Jode in 2 dae geskeit. Gewoonlik moes hul eers hul eie grafte gegrawe dan moes hul in ‘n lyn gestaan het voor die grafte voor hul met ‘n masjiengeweer afgemaai is.
  • Hitler, Himmler en Goebbels besluit die skietmetode vat te lank en besluit op die plan: “Die Finale oplossing”, so is die gaskamers in die doodskampe geskep. Die Jode is eer by ghetto’s bymekaar gemaak, en dan het ‘n nazi dokter hul in 2 groepe verdeel. Die een groep gaan doodskampe toe waar hul vergas sou word en die tweede groep gaan werkskampe toe waar hul sou werk en dan later weens uitputting of siektes sterf.
  • As die Jode by die kamp gekom het moes hul al hul besittings los en daarna is hul na ‘n stortkamer geneem waar daar vir hulle gesê is om hul klere uit te trek. Hulle hare is afgeskeer en sodra die sproeikoppe oopgegaan het is hulle deur ‘n giftige gas oorrompel.
  • Die gaskamer het ongeveer 400 mense op ‘n slag binne 30 -45 min vergas. Die lyke is dan verwyder en hul goue tande was uigetrek voordat hulle veras sou word. Die goue tande is na Duitsland gestuur om die oorlog te befonds en alle waardevolle besittings, juwele en geld wat in hul bagasie gevind is, is ook uitgesoek en gesorteer. Die Nazi’s het al die waardevolle besittings vir hulself geneem. Die gemiddelde Jood in Europa was welgesteld, so hierdie items het die Nazi’s handig te pas gekom.
  • Diegene wat nie vergas is nie is gevorseer om te werk tot hul nie meer kon nie. Daar is ook eksperimente op baie van die Jode en die ander “ongewenstes” in die kampe uitgevoer.
  • In 1945 kom die geallieerdes by die kampe aan en vind 800 000 jasse en 7 ton hare. Die hare is gebruik in matrasse vir die Duitse soldate.
  • Min Jode het weerstand teen die Nazi’s gebied, maar daar was wel ‘n studentegroep met die naam “Wit Rose’ wat pamflette teen die Duitsers versprei het en die Jode in Warsaw (Poland) het ook effens weerstand gebied, maar dit het ook nie veel vrugte afgewerp nie.. Oscar Schinder, ‘n Duitse besigheidseienaar, het ‘n paar duisend Jode by sy fabriek ingeneem en sodoende hul teen die gaskamers beskerm.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly