Morgan, Geo , Kaartvaardighede Flashcards

1
Q

Waarvoor gebruik mense kaarte?

A

• Mense gebruik kaarte om hul weg te vind en interessante

plekke te vind.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Watse tiepe kaarte het die stede in Suid-Afrika?

A

Die meeste stede in Suid-Afrika het straatkaarte.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Watse oplossing is daar vir die probleeem dat n kaart van n stad te groot is om een vel papier te sit?

A

Hierdie kaarte word gewoonlik gekombineer in ‘n boek omdat

‘n stad te groot is om op een vel papier te sit.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Waarvoor gebruik ons straatkaarte?

A

• Straatkaarte help ons om plekke te vind en die roete van een
plek na die ander te beskryf.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Hoekom is dit vir ons voordelig dat die strate name het?

A

Elke straat het ‘n naam om ons te help verduidelik watter roete
om te neem.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

wat noem ons die plek waar strate mekaar oorsteek?

A

‘n Kruising is waar strate mekaar oorsteek.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Wat is die twee dinge wat ‘n Straatkaart het om jou te help om dinge te vind?

A

1) Roosterlyne wat op die kaarte geteken word om rooster
vierkante te vorm.

2) ‘n Indeks agter in die kaartboek.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Wat is Roosterlyne?

A

• Roosterlyne: vertikale en horisontale lyne geteken op ‘n kaart
in ‘n roostervorm.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Wat is Roostervierkante?

A

Roostervierkante: die vierkante (soms reghoeke) op ‘n kaart

wat deur roosterlyne gevorm word.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Wat is Roosterverwysings?

A

Roosterverwysings: gebruik getalle en letters op die roosterlyne
om na ‘n spesifieke plek op ‘n kaart te verwys.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Wat is n sketskaart?

A

‘n Sketskaart is ‘n rowwe tekening wat slegs belangrike
besonderhede toon wat ‘n persoon sal help om ‘n plek te vind.
‘n Sketskaart is nie so gedetailleerd soos ‘n behoorlike kaart nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Die meeste kaarte bevat vier konvensies om hulle makliker te

maak. Die konvensies is:

A
  1. ‘n Titel
  2. ‘n Kaart sleutel
  3. ‘n Skaal
  4. ‘n Noord-rigting pyl en die vier kardinale punte
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Die titel van n kaart vertel jou wat?

A

• Die titel vertel jou die naam van die plek of die belangrikste
plek op die kaart.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

n Kaart sleutel verduidelik wat?

A

• ‘n Kaart sleutel verduidelik die simbole wat op die kaart gebruik
word.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

n Skaal se funksie is?

A

• Vergelyk die metings op ‘n kaart aan die werklike afstand.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
16
Q

‘n Noord-rigting pyl en die vier kardinale punte

A

• ‘n Pyltjie wat jou vertel watter manier om jou kaart te hou.
• Jy moet jou kaart korrek na noord kan wys.
• Die vier hoofpunte is die vier hoofpunte op ‘n kompas: noord,
suid, oos en wes.

17
Q

Hoe om noord in die suidelike halfrond te vind

Metode1

A
  1. Gaan buite na ‘n oop ruimte.
    Besluit waar die son opgaan en waar die son sak.
    Wys nou na die ooste (sonsopkoms) met jou regterarm en na
    die weste (sonsondergang) met jou linkerarm. Noord is direk
    voor jou.
    • Analoog horlosie: ‘n horlosie wat die tyd met horlosie hande
    vertel.
    • Halveer: verdeel ‘n hoek in twee gelyke dele
18
Q

Hoe om noord in die suidelike halfrond te vind

Metode2.

A
  1. Gaan buite na ‘n oop ruimte.
  2. Hou jou horlosie bestendig of plaas dit op ‘n vlak stuk grond.
  3. Hou die tandestokkie of vuurhoutjie vertikaal oor die
    nommer 12 op die horlosie. Dit sal ‘n reguitlynskaduwee
    gooi.
  4. Draai die horlosie tot die skaduwee oor die nommer 6 val en
    oor die middel van die horlosie kruis.
  5. Die noord-suid lyn is die lyn wat die hoek tussen die uurhand
    en die skadu-lyn halveer.
19
Q

Riglyne om te volg wanneer jy jou sketskaart teken

Maak aantekeninge oor die elemente in jou area soos:

A

• Verskillende grondgebruike, byvoorbeeld: parke, fabrieke,
winkels, sportgeriewe, weiveld, riviere en heuwels.
• Verskillende soorte plantegroei.
• Geboue en ander interessante strukture
• Nooddienste indien daar enige in jou area is

20
Q

Wat is n Kaartskaal?

A

• Op die meeste straatkaarte is ‘n afstand van 1 cm op die kaart
ongeveer 4 meter op die grond. Maar op kleiner skaalkaarte
wat ‘n hele stad op een vel wys, kan 1cm op die kaart ongeveer
4km op die grond voorstel.
• Wanneer jy kaarte van plekke teken, moet jy dinge kleiner wys
as wat hulle is.

21
Q

Grootskaalkaarte

A

• Plaaslike straatkaarte is voorbeelde van grootskaalkaarte. Die
gebied wat deur die kaart verteenwoordig word, is minder
afgeskaal.

22
Q

Kleinskaalkaarte

A

• ‘n Kaart wat ‘n groot area wys is ‘n voorbeeld van ‘n
kleinskaalkaart.
• ‘n Kleinskaalkaart toon meer van die gebied, maar in minder
detail.

23
Q

Wat is n ander manier as roosterverwysing om plekke op n kaart te vind?

A

Dieselfde as wat jy ‘n roosterverwysing gebruik het om plekke
op ‘n straatkaart te vind, kan jy breedtegraad en lengtegraad
gebruik om plekke op ‘n wêreldkaart te vind.

24
Q

Breedtegraad lyne word van water twee rigtings getrek?

A

Breedtegraad lyne word getrek op ‘n kaart en wys grade noord

of suid van die ewenaar.

25
Q

Lengtegraad lyne word van water twee rigtings getrek?

A

Lengtegraad lyne word op kaart getrek en wys grade oos of wes
van die eerste meridiaan, wat die nulgraadlyn is.

26
Q

Ontmoet lengtegraad lyne mekaar by die

pole?

A

Ja, Lengtegraad lyne ontmoet mekaar by die

pole.

27
Q

Ontmoet Breedtegraad lyne mekaar ?

A

Breedtegraad lyne ontmoet mekaar nie - hulle bly dieselfde

afstand van mekaar oor die hele wêreld.

28
Q

WAAR OF ONWAAR
Begin altyd met die aantal grade noord of suid, dan die aantal
grade wes of oos wanneer die verwysing vir ‘n plek gegee word.

A

WAAR