Omgewingstudies Flashcards
(25 cards)
Groepe van verskillende spesies van organismes wat met mekaar en die omgewing interaksie het
ekosisteem
‘n individuele vorm van lewe wat uit ‘n enkele sel of veelvuldige selle bestaan, en in staat is om te kan groei en te reproduseer
organisme
‘n groep van verskillende spesies wat ‘n spesifieke gebied inneem en daarme reageer
gemeenskap
‘n groep soortgelyke, nabe verwante organismes wat in staat is om met mekaar te teel om ‘n vrugbare nageslag tot gevolg te hê
spesie
‘n enkele organisme wat onafhanklik kan bestaan
individu
groep organismes van dieselfde spesie wat dieselfde gebied beset en vrylik met mekaar kan teel
bevolking
geboortesyfer by diere of die produksie van saad by plante
nataliteit (bepaal grootte van bevolking)
sterftesyfer
mortaliteit (bepaal grootte van bevolking)
individue beweeg tot in ‘n bevolking en bly
immigrasie (bepaal grootte van bevolking)
individue verlaat die bevolking en keer nie terug nie
emmigrasie (bepaal grootte van bevolking)
bevolkingsdigtheid wat deur die omgewing ondesteun kan word
drakrag
faktore wat help om die groei van ‘n bevolking te reguleer
beperkende faktore
tipe beperkende faktore wat insluit fisiese faktore soos reënval en temperatuur, sowel as katastrofiese gebeure soos vulkane en aardbewings
digtheid onafhanklike faktore
beperkende faktore wat ‘n effek het wanneer die digtheid van ‘n bevolking hoog is, bv kompetiese vir hulpbronne (voedsel water lig skuiling), meer individue wat gevang word deur predatore, die vinnige verspreiding van siektes en parasiete
digtheid afhanklike faktore
direkte metode om bevolkingsgrootte te bepaal
sensus - tel elke individu in ‘n bevolking
indirekte metodes om bevolkingsgrootte te beraam
kwadraatmetode (leer formule)
merkherwinningsmetode (leer formule)
‘n biologiese interaksie waar een spesie, die roofdier (predator), ‘n ander spesie, die prooi, dood maak en vreet
predasie
kompetiese tussen individue van dieselfde spesie, bv vir hulpbronne of maats
intraspesifieke kompetise
kompetiese tussen individue van verskillende spesies waar die nisse in die habitat baie soortgelyk is
interspesifieke kompetisie
wanneer een van twee kompeterende spesies meer suksesvol is as die ander een en oorleef terwyl die ander spesie verdwyn
kompeterende uitsluiting
wanneer twee kompeterende spesies in dieselfde habitat voorkom
kompeterende saambestaan
‘n evolusionêre proses waar spesies met dieselfde vereistes in dieselfde habitat woon gespesialiseerde eienskappe ontwikkel wat hulle in staat stel om hulpbronne verskillend te gebruik
hulpbronverdeling (voorbeelde: gebruik hulpbronne op verskillede tye, gebruik verskillende plekke in die habitat, gebruik verskillende dele van dieselfde plant)
‘n voorspelbare patroon van gelydelike verandering wat met verloop van tyd by spesies in ‘n gemeenskap plaasvind nadat daar ‘n versteuring was
ekologiese suksessie
3 stadiums in ekologiese suksessie
pionierspesies stadium (leer eienskappe van pioniers) intermediêre spesie stadium klimaksgemeenskap (kyk na faktore wat eindpunt bepaal)