Rol van Lus van Henle, distale kronkelbuis en versamelbuis in herabsorpsie Flashcards
(25 cards)
Wat gaan die boog van Henle binne?
Filtraat
Wat is die funksie van die boog van Henle?
Om te verseker dat die medulla van die nier altyd ‘n hoë natriumkonsentrasie besit en dus hipertonies is
Wat word die regulering van die hoeveelheid water in die bloed genoem?
Osmoregulering
Wat is ‘n hipertoniese oplossing?
Oplossing met ‘n hoë soutkonsentrasie en ‘n lae waterkonsentrasie
Wat is ‘n hipotoniese oplossing?
Oplossing met ‘n lae soutkonsentrasie en ‘n hoë waterkonsentrasie
Wat is die funksie van die verhoogde soutkonsentrasie in die bloed van die medulla?
Skep ‘n waterpotensiaalgradiënt wat passiewe osmose van water in die rigting van die medulla moontlik maak
Watter kenmerk het die dalende been van Henle?
Deurlatend vir water en water word passief onttrek deur osmose
Wat word uit die stygende been van Henle onttrek?
Natriumione word aktief na die die weefselvloeistof in die medulla gepomp
Wat is verantwoordelik vir die vervoer van natriumione uit die stygende been van Henle?
Die natriumpomp
Waarom word natriumione uit die stygende been van Henle onttrek?
Dit is ‘n aktiewe proses om die waterkonsentrasie in die filtraat te verlaag sodat osmose kan plaasvind
Hoe word die chloriedione uit die stygende been van Henle vervoer?
Die chloriedione volg die natriumione passief
Hoekom verlaat geen water die stygende been van Henle?
Dit is ondeurdringbaar vir water
Waarheen word die natriumione vervoer vanuit die medulla?
Na die peritubulêre kappileres sodat die medulla nie te hipertonies raak nie
Waarheen beweeg die filtraat vanaf die stygende been van Henle?
Na die distale kronkelbuis
Wat is die funksies van die distale kronkelbuis?
Osmoregulering en die regulering van die soutkonsentrasie
Watter hormoon reguleer die konsentrasie natrium- en kaliumione in die bloed?
Aldosteroon
Wanneer word aldosteroon afgeskei?
Wanneer die natriumkonsentrasie in die bloed daal
Wat gebeur as die natriumkonsentrasie in die bloed daal?
Aldosteroon word afgeskei
Natriumione word uit die distale kronkelbuis en versamelbuise tot in die bloed van die peritubulêre kappileres geherabsorbeer
Wat is die effek van die herabsorpsie van natriumione uit die distale kronkelbuis?
Minder natriumione word uit die saam met die urine uitgeskei
Wat gebeur wanneer die natriuminhoud van die bloed te hoog styg?
Minder aldosteroon word uitgeskei, meer ADH word afgeskei
Wat is die funksie van ADH?
Reguleer die waterinhoud in die bloed
Wat gebeur op ‘n warm dag met die konsentrasie van die bloed?
Die waterinhoud van die bleod daal en dit word ‘n hipertoniese oplossing
Wat gebeur wanneer die waterkonsentrasie van die bloed daal?
Die hipotalamus in die brein word gestimuleer en ADH word vrygestel
Wat doen die ADH aan die distale kronkelbuis?
Maak dit meer deurlaatbaar vir water
Veroorsaak dat water uit die die distale kronkelbuis na die bloed beweeg