Sosio- Ekonomiese Kwessies Flashcards
Armoede en ongelykhede Inklusiwiteit Werkloosheid en Onproduktiewe arbeid Miv / vigs Dobbelary Ongemagtigde kopieering (38 cards)
Gee die definisie van armoede en ongelykheid
Ongelykheid is wanneer mense nie gelyk behandel word nie
Armoede is wanneer iemand nie die geld het om in hul basiese behoeftes te voorsien nie
Bespreek ongelykhede en armoede
Sodra iemand werk verdien hy geld
As die persoon geld verdien dan groei besighede a.g.v van vraag wat styg na goedere
Dus sal besighede nuwe werknemers moet aanstel om produksie te vermeerder
Gee 4 redes vir armoede
opleiding
werksgeleenthede
voeding
ongeletterdheid
Noem 3 invloede wat ongelykheid en armoede op n besigheid het
- Besighede maak minder wins omdat hulle meer geld spandeer aan m.v.p
- Armoede en ongelykheid krimp die mark omdat armer mense nie luukshede kan bekostig ni
- Armoede en ongelykheid kan dikwels lei tot misdaad en roof wat maak dat besighede meer geld moet spandeer aan sekuriteit
Definieer inklusiwiteit
Inklusiwiteit beteken dat daar teen niemand gediskrimineer mag word nie
Noem 4 wette van inklusiwiteit en bespreek hulle
- Wet op gelyke indiensneming
bevorder gelyke en regverdige werksgeleenthede vir alle werknemers - Wet op vaardigheidsontwikkeling
wanneer werkgewers opleiding aan werknemers bied sodat hulle kan kwalifiseer om toelaes van die regering te ontvang om vir die opleiding te betaal - Regstellende aksie
n beleid waarvolgens voordeel gegee word aan vorige benadeelde individue - BEE
bevorder die verspreiding van rykdom tussen swartmense
Noem 3 invloede wat inklusiwiteit op n onderneming het
- Ondernemings moet hul beleide aanpas om by die wetgewing te voldoen
- Slegs ondernemings wat aan hierdie wetgewings voldoen kan kwalifiseer vir staatskontrakte
- Hierdie tipe van kontrakte is baie groot en dus moet die onderneming ekstra werknemers aanstel
Definieer werkloosheid
Iemand is werkloos wanneer die persoon werk kan doen, maar nie n werk kry nie
Noem 3 redes vir werkloosheid
Tekort aan kwalifikasie of opleiding
Aflegging a.g.v swak ekonomiese omstandighede
Tekort aan werksgeleenthede
Noem 2 invloede wat werkloosheid het op n besigheid
- Persone het nie geld om te spandeer nie wat beteken dat n besigheid nie kan groei nie
- As n besigheid nie groei nie kan daar nie nuwe werknemers aangestel word nie
Definieer onproduktiewe arbeidsmag
Onproduktiewe arbeidsmag is wanneer iemand nie n sekere hoeveelheid werk in n sekere hoeveelheid tyd kan voltooi nie
Noem 3 invloede wat onproduktiewe arbeidsmag op n besigheid het
- Onproduktiewe arbeidsmag kan nie produksieteikens bereik nie
- Ekstra werknemers sal dan aangestel moet word wat ekstra geld gaan kos
- n Toename in uitgawes lei tot n afname in wins
Definieer Miv/Vigs
Miv is die afkorting vir menslike immuniteitsgebrek virus
Volgens die mediese wetenskap veroorsaak hierdie virus vigs
Vigs is n kroniese bloedsiekte wat die immuunstelsel aantas
Noem 4 invloede wat Miv/Vigs op n onderneming het
- Hoe afwesigheid - die mense met Miv/vigs sal meer siekverlof benodig
- Afname in die onderneming se arbeidsmag - werkers wat te siek is hou gewoonlik op met werk
- Verhoogde werwingskoste - die onderneming gaan meer gereeld kandidate moet aanstel en dit kos geld
- Dit plaas n addisionele finansiele las op n onderneming
Definieer dobbelary, piramideskema, onwettige dobbelary en geldwassery
Dobbelary beteken om op iets te wed waarvan die uitkoms onseker is
Piramideskema is n soort bedrieglike beleggingskema
Onwettige dobbelary is enige dobbelaktiwiteite wat plaasvind wat nie volgens die Nasionale dobbelwet voorsien word nie
Geldwassery beteken om die bron van onwettige inkomste te versteek
Beskryf dobbelary, piramidskema, onwettige dobbelary
Dobbelary - mense raak verslaaf aan dobbelary omdat hulle dink dat hulle die volgende keer as hulle dobbel gaan wen, so lei die mense n verlies en sukkel dan om enige ander uitgawes te betaal
Piramidskema - een persoon is heelbo aan die skema en hy bele dan geld in hierdie skema dan werf die persoon n klomp ander mense vir die tweede vlak van die skema dan bele hulle ook geld in die skema enso gaan dit aan
Onwettige dobbelary - mense betaal nie belasting nie en gebruik daardie geld vir ander onwettige dinge
Beskryf geldwassery
Geld wat onwettig verkry word staan bekend as ‘vuil geld‘
Vuil geld word soms gebruik om wettige ondernemings mee te bedryf die geld wat verdien word deur die wettige onderneming word dan gesien as ‘gewas‘
Gee 3 invloede wat dobbelary, piramidskema, onwettige dobbelary en geldwassery op n onderneming het
- Diefstal - mense wat dobbel kort soms geld om uitgawes te betaal en steel dit dan van die besigheid
- Verliese aan produksie - werknemers moet verlof vat indien n rehablitasiesentrum besoek word
- Kriminele klagtes - direkteure kan strafregtelik vervolg word
Definieer ongemagtigde kopiering
Dit is wanneer daar kopiee gemaak word van produkte wat beskerm word deur kopie-reg sonder toestemming
Beskryf intellektuele eindom, kopiereg, patent en handelsmerk
- Intellektuele eindom - n produk wat geskep is deur iemand se verstan
- Kopiereg - slegs eienaars van intellektuele eindom mag die produk vervaardig en kopieer
- Patent - n uitvinding wat slegs deur die vervaardiger verkoop of vervaardig mag word
- Handelsmerk - n unieke merk wat aan n onderneming behoort en die onderneming verteenwoordig
Noem 2 invloede van ongemagtigde kopieering op n onderneming
- Ondernemings verloor potensiele inkomste
- Ondernemings wat skuldig bevind word kan beboet word
Definieer vervalste goedere
Vervalste goedere is n kopie van n oorspronklike produk wat soms lyk soos die ware handelsmerk
Definieer smokkelary
Smokkelary vind plaas wanneer iets onwettig in n land gebring word. Dit word gedoen sodat belasting onduik kan word.
Noem 3 invloede wat vervalste goeder en smokkelary op n onderneming het
- Onderneming verloor geld wat gebruik kon word vir groei en ontwikkeling
- Vervalsing veroorsaak dat pryse van oorspronklike produkte verhoog word
- Gehalte van vervalste goedere is gewoonlik swak