Stylfigure en Beeldspraak Flashcards
Oksimoron
-tipe kontras
- opsetlike teenstrydigheid, word direk langs mekaar geplaas
* skoon vuilgoed
* horende doof
* ou nuus
* ‘n krom glimlag
Paradoks
- tipe kontras
- skybare teenstrydigheid met ‘n dieper waarheid
- stilbly is ook ‘n antwoord
- God straf diegene wat hy liefhet
- wie eerste is sal laaste wees
Antitese
- twee uiterstes word direk teenoor mekaar gestel om deur middel van kontras te beklemtoon.
- die soet en die suur van die lewe
- hoe verder van jou goed, hoe nader aan jou skade
Hiperbool
Oordryf / vergroot ter wille van effek. Nie ‘n opsetlike onwaarheid, net vergroot om meer indrukwekkend te maak.
Litotes
(Teenoorgesteld van ‘n hiperbool)
- om die waarheid te verklein of beter te laat uitkom, soms uit gevoel van nederigheid.
* my ou klein karretjie (‘n Porche)
Eufemisme / versagting
- Versagting van die harde waarheid
- om ‘n onaangename feit minder kras te stel
- nie goed met die verstand bedeel nie.
- sag heen gegaan
- lang vingers
Suggestie
- ‘n indirekte, bedekte boodskap
- leser moet eie afleidings maak
Polisindeton
Herhaling van ‘n voegwoord vir ‘n bepaalde effek
* en…en…en…
Asindeton
Weglaat van voegwoorde
* al haar hemde, rokke, skoene, alles val by die kas uit
Progressie
- vooruitgang, ontwikkel tot klimaks
- kind-man-reus
{in goeie gedigte - leser wil enduit klaar lees}
Ironie
- spotspraak
- teenoorstelde gebeur as verwag
Vergelyking
Gelyk gestel met “soos” en “nes”
Metafoor
Direk gelyk gestel
Personifikasie
Lewelose voorwerpe kry menslike of lewende eienskappe
Metonimia
- die groot geheel word genoem, maar eintlik word ‘n kleiner aspek bedoel
- hy is lief vir die bottel
- die ketel kook
- die koshuis eet nou
Sinekdogee
- ‘n kleiner gedeelte word genoem, maar verwys na geheel
- jy kan my wiele leen
- ek gee my hart vir jou
- gee ons, ons daaglikse brood
Antonomasia
- ‘n eienaam word as ‘n soortnaam gebruik
- sy is ‘n regte Delila
- hy is ‘n Salomo
- het jy geleer, Einstein?
{LW: “die koning van pop het nie ‘n gelyke nie” - ook antonomasia}
Sinestesie
- vir een sntuig bedoel, maar vir ‘n ander gebruik.
- ‘n retoriese figuur wat ‘n gewaarwording aan ‘n konsep toeskryf waarvoor dit nie bedoel is nie
- die nat geraas van die bande
- ‘n Bont geluid
Benoem die beeldspraak / stylfiguur
Sy glimlag krom.
Oksimoron
Benoem die beeldspraak / stylfiguur
die ou visserman se gesig is ‘n stuk biltong
metafoor
Benoem die beeldspraak / stylfiguur
Wie eerste is, sal laaste wees
paradoks
Benoem
Die wind dans deur die strate
Personifikasie
Benoem
Silwer stemme
sinestesie
benoem
Ek het jou al ‘n duisend keer gesê…
Hiperbool