Taalkunde Fonetiek Flashcards
(42 cards)
Spreektaal (primer) en skryftaal (sekonder):
- Gesproke taal voor skryftaal
- Sommige tale geen geskrewe vorm
- Mens het eers gepraat, toe geskryf
- ‘n Geskrewe taal is slegs om gesroke taal weer te gee
- Ontwikkel en is gebasseer op gesproke taal
Wat bewys spreektaal is primer
1.Taal bestaan uit klanke, nie letters
2.onderskeid tussen spreektaal (klanke) en geskrewe taal (letter) is uiters belangrik in fonotiek
Ortografie (skryftaal) tekortkominge:
- Verskillende klank word deur een letter voorgestel “wet, ek”
- Een klank deur verskillende letters “vaal, fiets”
- Geen klank maar wel ‘n letter “handdoek, wil nie as willie”
- Geen letter, maar hoorbare klank “kalm”
- Spelling van vreemde woorde “Chinees, Sjinees”
Hoekom ortografie onbevredeigend?
- 35 foneme (spraaklanke), 26 letters
- Taal is nie staties nie en veranderinge klink in die spreektaal lank voordat dit op skrif gestel word
- Paralinguitiese faktore (intonasie, stemtoon, handgebare, geluide, ens.) word nie deur ortografie oorgedra nie
Hoe oorkom ons die gebrek van ortografie?
Kombineer letters vir een klank
- Verdubbel vokaal: muur, plaas
- Verdubbel konsonant: ratte, damme
- Kombineer vokale: deur, vlieg
Diakritiese tekens
- kappie: sê
- deelteken:reën
- apostroof:as’t ware
- aksenttekens:
- akuut: dié
- gravis: nè, nòg…nòg, òf…òf
- koppelteken: bo-op
Punktuasie
Vraagteken, uitroepteken, komma, punt ensovoorts om sekere gevoelswaardes oor te dra:
1. Beslis.
2. Beslis?
3. Beslis!
4. Beslis…
5. Beslis, beslis, beslis.
Opsomming spraaktaal vs skryftaal
- Praat eers, dan skryf
- Taal = klanke, nie letters nie
- Skryftaal vs. spreektaal
- 5 tekortkominge van die ortografie
- 3 redes vir hierdie tekortkominge
- Maniere om die gebreke te oorkom
Moontlike toepassings van spraaktaal en skryftaal
- Beskrywing
- Variasie
- Herkenning
- Teksboodskappe
- Teks-na-spraak
- Kunsmatige intelligensie
- Nog voorbeelde?
Klanke groepe
- In watter twee hoofgroepe kan ons die Afrikaanse spraakklanke verdeel?
- Vokale (klinkers)
- Konsonante (medeklinkers)
Beskrywing van klanke
Ons beskryf klanke in hierdie kursus op in “artikulatoriese” grondslag, met ander woorde, op grond van hoe hulle uitgespreek word.
- Konsonante
- Klanke wat gevorm word wanneer die lugbeweging tydens artikulasie op een of
- ander manier veraper word.
- Hoe word dit teweeggebring?
Klank Versperring
- Die versperring word gevorm deur in aktiewe artikulator en in passiewe artikulator teen mekaar te plaas.
- Aktiewe artikulators:
- Tong, onderlip, ondertande
- Passiewe artikulators:
- Monddak, bolip, botande
Sluitklanke
Aard van versperring: algehele afsluiting van lugbeweging
*Drie fases:
* Afsluiting > aktiewe artikulator beweeg tot teen passiewe artikulator en sluit daarteen.
* Sluiting > sluiting word vir ‘n kort tydjie behou, lugbeweging stop heeltemal.
* Ontsluiting > aktiewe artikulator beweeg weer
weg van passiewe articulator
- /p/
- /b/
- /t/
- /d/
- /k/
- /g/ ( nie groen nie, soos “burger”, “garage”)
- /c/ (nie c nie, “bietjie”)
2. Vernouingsklanke
* Aard van versperring: vernouing
* Die lug beweeg dus deur ‘n vernouing in die spraakkanaal/
* Twee subtipes:
2.1. Frikatiewe
* Artikulasie gaan gepaard met ‘n skuurgeluid, ‘n geruis, of wrywing.
* Die geluid ontstan omdat lug deur ‘n vernouing in die spraakkanaal gedruk word.
* Frikatiewe word ook “skuurklanke” genoem.
Afrikaanse frikatiewe:
- /f/ (met stem word “w”)
- /v/
- /s/
- /z/
- /x/
- /ç/
- // (shhhhhh)
- (djjj)
2.2 Resonante
- Mond volledig gesluit, neusdeurgang oop
- Spontane stembandvibrasie
Voorbeelde - /m/
- /n/
- /
- /
2.2.2. Laterale
* Tongpunt teen tandkasse, sye raak nie aan kieste nie. Lug beweeg vrylik oor kant van tong.
* Net een in Afrikaans: /N
2.2.3 Glyklanke
* / j/, /w/(soos eng) en /h/
* Problematies: hoekom?
* Openbaar vokaal en konsonanteienskappe
* Vir ons doeleindes: konsonante
* Minder spanning, minder lug, korter as vokale
* Tree nooit op as sillabekerns nie
2.3 Onderbrekingsklanke
* Aard van versperring: onderbreking in die lugstroom.
* Aktiewe artikulator raak passiewe artikulator vinnig aan, beweeg dan weer weg, ensovoorts. > Vibrasie
* Twee in Afrikaans: /r/ en /R/ (lug raak en stop)
2.3. Affrikate
* Aard van versperring: lugbeweging word eers totaal afgesluit (soos by sluitklanke),
dan beweeg dit deur ‘n vernouing, wat ‘n geruis of skuurge uid veroorsaak (soos by die frikatiewe).
* Slegs drie: /ts/ (in tsaar, tsetsevlieg), ty (in tjek, tjoepstil) en dj (in kollege)
Klanke Samevattend
- Sluitklanke
- Vernouingsklanke
Frikatiewe
Resonante: Nasale, laterale, glyklanke - Onderbrekingsklanke
- Affrikate
Stemspleetstand
- Die tweede klassifikasiebeginsel is die stand van die stemspleet.
- Basies net twee moontlikhede:
– +stem (stemhebbend)
– -stem (stemloos) - Stemhebbende klanke se uitspraak het ’n soort bromgeluid, wat by stemlose klanke afwesig is.
Vergelyk:
- stem teenoor - stem
- /b/ in bak /p/ in pot
- /d/ in dak /t/ in tak
- /g/ in berge /k/ in kat
- /z/ in zoem /s/ in sak
- /v/ in water /f/ in vak
Maniere om te onderskei Stemspleetstand
- Vingertoppe op die keel, voel vir vibrasie.
- As ’n vibrasie gevoel word, is dit stemhebbend, andersins is dit stemloos.
- Handpalms oor die ore, luister vir gebrom.
As ’n gebrom gehoor word, is dit stemhebbend, andersins is dit stemloos
Konsonante artikulatoriese
Klanke wat gevorm word wanneer die lugbeweging tydens artikulasie op een of ander manier versper word.
Vokale artikulatoriese
Klanke wat met ’n ongehinderde lugbeweging geartikuleer word
Kenmerke van vokale
- Ongehinderde lugbeweging;
- Lug beweeg deur die mond;
- Lugbeweging vind in die middel van die mond plaas;
- Lug moet deur die longe geïnisieer word.
Dus: kenmerke van vokale
- Die bogenoemde vier eienskappe is ook die noodsaaklike kenmerke van vokale.
- Die vokaal kan nie geartikuleer word as een van die vier afwesig is nie.
– /a/ (kas)
– /e/ (been)
o /u/ (boek)
Nog ’n eienskap
- Belangrike eienskap wat konsonante nie het nie:
- Vokale tree op as sillabekern. Bv:
– Kat
– Mense
– Papiere
– Intelligente studente - Vergelyk die glyklanke uit laas week se werk
Kenmerke Glyklanke artikulasie
- /j/, /w/ en /h/
- Openbaar vokaal- en konsonanteienskappe
- Vir ons doeleindes: konsonante
– Minder spanning, minder lug, korter as vokale
– Tree nooit op as sillabekerns nie
Belangrike faktore artikulasie
- Resonators
Modifikasies
– Vertikaal
– Horisontaal
– Labiaal
Lipstand + tongstand
Kenmerke resonators artikulasie
- Twee resonators is betrokke by vokale:
– ’n Mondresonator
– ’n Keelresonator - Mondresonator:
– Minstens die eerste helfte van die mondholte - Keelresonator:
– Keelholte alleen of keelholte plus agterste deel van mondholte - Vergelyk die klanke /i/ en /u/
- Twee moontlikhede by vorming:
- Moontlikheid 1:
- Tongmassa verdeel mond in 2. Dus:
– Mondresonator = voorste deel van mond
– Keelresonator = agterste deel van mond + keelholte - Moontlikheid 2: /u/
- Tongmassa vernou oorgang tussen mond- en keelholtes.
– Die holtes word dus geskei
– Mondresonator = hele mondholte
Keelresonator = hele keelholte - Dis miskien makliker om die twee resonators te sien as twee buise met openinge aan die punte.
- Mondresonator:
– Van die lippe tot by die artikulasie-opening - Keelresonator:
– Van die artikulasie-opening tot by die stemspleet