Teorie Flashcards
(37 cards)
Wat is ontwikkeling
Die proses om stadig beter, sterker en meer gevorder te word
Wat is aanwysers
Inligting en statistieke wat vir ons meer sê oor die vlak van ontwikkeling van ‘n land
Wat is lewenstandaard
Die mate van welvaart en toegang tot hulpbronne wat mense het
Wat beteken per kapita
Vir elke persoon
Wat is lewensgehalte
Hoe goed of sleg mense se lewe is, die gemak wat die persoon het
Wat is infrastruktuur
Installasie soos paaie, brûe, rioolwerke, treinspore ens.
Wat beteken basiese behoeftes
Dinge wat mense nodig het om te leef soos voedsel, skoon water en behuising
Wat beteken MOI
Menslike ontwikkelingsindeks meet welsyn om die vlak van ontwikkeling in verskillende lande te vergelyk
Dit is ‘n syfer tussen 0 en 1 (met 0 die swakste en 1 die beste)
Wat beteken lewensverwagting
Die gemiddelde aantal jare wat aanvaar word dat ‘n persoon in ‘n spesifieke land sal leef
Noem die 3 aspekte van ontwikkeling
Ekonomies
Maatskaplik
Omgewings
Verduidelik die term omgewingsvolhoubaarheid
Omgewingsvolhoubare ontwikkeling is ontwikkeling oor so min moontlik langtermyn skade aan die omgewing aanrig sodat daar genoeg hulpbronne vir toekomstige geslagte sal wees
Bv. As ‘n vissersgemeenskap wat geld maak deur vis verkope, visse vinniger vang as wat hulle kan aanteel sou hulle visstapels uit put. Toekomstige geslagte sal dus minder geld kan verdien want hulle kan minder visse vang
Hoe word die vlak van ontwikkeling gemeet
Bruto binnelandse produk per capita
Ekonomiese aspekte
Maatskaplike aspekte
Omgewings aspekte
Verduidelik die term BBP per kapita
Die gemiddelde bedrag verdien deur elke persoon in ‘n jaar; gebaseer op die totale bedrag geld geproduseer in die land
Hoekom kan sommige lande nie hulle BBP verbeter nie
Oorloë
Vinnige bevolkingsgroei
Afbetaling van groot skuldlaste
Gebrek aan hulpbronne
Natuur- en mensrampe
Noem drie maatskaplike aanwysers van ontwikkeling
Toegang tot maatskaplike dienste
Bevolkingsgroeikoers
Gelettertheidkoers
Hoe word lewensverwagting bereken
Meting van die gemiddelde lewensduur van geboorte tot dood van ‘n persoon in ‘n land
Hoekom is onderwys ‘n belangrike aanwyser van ‘n land se MOI
As die inwoners van ‘n land ‘n hoë vlak van onderwys het gebruik hulle hul vaardighede om hulpbronne goed aan te wend en nywerhede te ontwikkel wat rykdom skep. Goeie onderwys stelsel skep goed gekwalifiseerde mense wat hul vaardighede gebruik om werk te doen wat die vlak van ontwikkeling in ‘n land verhoog
Wat beteken uitbuit
Om iets wat aan iemand anders behoort dit jou eie voordeel te gebruik
Wat is ‘n handelsbalans
Kom voor wanneer die inkomste wat uit uitvoere verdien word dieselfde is as die koste van invoer
Wat is ‘n handelstekort
Die bedrag waarmee die koste van invoere die waarde van uitvoere oorskry
Wat is ‘n handelsoorskot
Die bedrag waarmee die waarde van uitvoere die koste van invoer oorskry
Wat is handelsversperring
Reëlings wat dit vir ander lande moeiliker maak om hul produkte uit te voer na die land wat die versperrings instel
Beskryf subsidies
Geld wat die regering aan plaaslike boere en verskaffers betaal om hul pryse laer en goedkoper as ingevoerde goedere te maak
Wat is embargo’s
Wette wat ‘n bepaalde land verhinder om goedere te verkoop aan die land wat die wette instel