Untitled Deck Flashcards
(70 cards)
Wat is ‘n ekonomiese stelsel?
Dit dien as ‘n metode wat die regering en gemeenskappe kan gebruik om hulpbronne, goedere en dienste in die land te versprei en te organiseer.
Wat is skaarste?
Skaarste verwys na die beperkte beskikbaarheid van hulpbronne in teenstelling met die onbeperkte behoeftes en wil van mense.
Wat is entrepeneurs se rol in skaarste?
‘n Entrepreneur moet kan besluit watter behoeftes die belangrikste is en moet dan ‘n produk ontwikkel wat in die verbruikers se behoeftes voorsien.
Wat is die 4 produksiefaktore?
Arbeid, entrepreneurskap, natuurlike hulpbronne en kapitaal.
Wat is arbeid?
Die fisiese en intelektuele bydrae van werkers in ‘n besigheid.
Wat is entrepeneurskap?
Die entrepreneur se vermoë om die produksiefaktore in ‘n besigheid om ‘n wins te maak.
Wat is natuurlike hulpbronne?
Enige natuurlike hulpbronne wat die besigheid kan gebruik of enige eiendom.
Wat is kapitaal?
Die geld (of toerusting) wat die eienaar in die besigheid sit om die besigheid te begin of te onderhou.
Wat is die 3 soorte ekonomiese stelsels?
Die drie soorte ekonomiese stelsels is beplande ekonomie, mark ekonomie en gemengde ekonomie.
Wat is ‘n beplande ekonomie?
Die regering is verantwoordelik vir die neem van alle ekonomiese besluite binne die land.
Wat staan ‘n beplande ekonomie as bekend?
Sosialisme
Kenmerke van ‘n beplande ekonomie?
Regering besluit watter goedere en dienste die burgers van die land het en stel die pryse vas vir daardie produkte en dienste.
Regering besit die fabrieke, myne en besighede. Die winste wat besighede maak uit die verkoop van produkte en die lewer van dienste behoort aan die regering.
Regering beheer alle internasionale handel met ander lande.
Indien die beplande ekonomiese stelsel in die uiterste toegepas word, staan dit bekend as kommunisme.
Watter lande is kommunisties?
Kuba, China, Noord-Korea
Hoe het die beplande ekonomie ontstaan?
Dis gegrond op die Comunist Manifesto wat in 1848 deur die Duitse filosoof Karl Marx geskryf was. Die publikasie van Das Kapital, deur Karl Marx in 1867, het veroorsaak dat baie mense die beplande ekonomiese stelsel begin gebruik het.
Voordele van die beplande ekonomie
Regering voorsien aan die basiese behoeftes van die landsburgers.
Hulpbronne word meer eweredig versprei.
Minder inflasie as in ander ekonomieë.
Nadele van ‘n beplande ekonomie?
Werkers is minder produktief; aangesien die wins van die verkoop van die produkte aan die regering behoort.
Landsburgers verloor stadig maar seker hul individuele vryheid.
Wat is ‘n mark ekonomiese stelsel?
‘n Mark ekonomiese stelsel is ‘n stelsel waarin individue die grond of natuurlike hulpbronne en sakeondernemings besit en hierdie eienaars betaal die werkers om goedere te maak en dienste te lewer.
Kenmerke van ‘n mark ekonomie?
Individue besit grond, hulpbronne en besighede in hierdie ekonomiese stelsel.
Die besighede se eienaars kry die wins van produkte of dienste wat verskaf word aan verbruikers.
Eienaars is gewoonlik ryker as die werknemers wat vir hulle werk.
Daar is groot finansiële ongelykheid.
Pryse word deur vraag en aanbod bepaal.
‘n Ander woord vir mark ekonomie is?
Kapitalisme.
Lande wat ‘n mark ekonomie het?
Australië, Nieu-Seeland, Singapoer.
Hoe het die mark ekonomie begin?
Adam Smith het in 1776 The Wealth of Nations geskryf. Hy het hierdie ekonomiese stelsel gekritiseer. Hy was later bekend as die Vader van die ekonomie.
Voordele van die mark ekonomie?
Hoë vlak van ekonomiese vryheid.
Groot verskeidenheid van produkte.
Produkte is van hoë gehalte.
Hulpbronne wat skaars is, word spaarzaam gebruik en bewaar.
Nadele van die mark ekonomie?
Werkloosheid kom voor.
Hoë inflasie kom voor.
Reklame skep vals behoeftes.
Monopolies ontstaan en kan pryse van produkte opjaag.
Eienaars is gewoonlik baie ryk en die werknemers is gewoonlik arm.
Wat is die gemengde ekonomiese stelsel?
Die regering en individue neem besluite oor die ekonomie. Die gemengde ekonomiese stelsel bevat eienskappe van albei ekonomiese stelsels.