Onvoorbereide mondeling - Seb. Stadler Flashcards

1
Q

Voorkoms

A

Sebastian het ‘n onskadelike voorkoms; hy is ‘n ouerige man met ‘n skraal gesig met baie plooie en silwergrys hare wat hy agteroor kam. Hy dra netjiese pakke en is intelligent - hy het in virologie gespesialiseer. Hy is voortvarend, hy het ‘n sambreel met ‘n gargoyle kop, en hy hou van swaar klaviermusiek en wyn. Hy het ook gese: “Geen mens is ooit heeltemal so goed soos ander mense sê nie. En geen mens is ooit heeltemal so sleg soos hulle sê nie.”

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Vormingsjare (1)

A

Hy het grootgeword op die plaas Uitschotkraal in die Vrystaat (Uitschotkraal is ook die kodewoord waarmee Xander toegang tot die Baker se leërs verkry). Sy vormingsjare het aanleiding gegee tot sy gewelddadige geaardheid en dit het al erger geword. Sebastian se neef (Rian Trollip) het saam met hom daar grootgeword – hulle was neefs wat soos broers saam grootgeword het – beteken egter niks vir die Baker nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Vormingjare (2)

A

Sebastian se pa was ‘n wreedaardige man wat sy werkers aangerand en sy kinders dikwels mishandel het. Sebastian is wreed omdat hy van kleins af diere doodgemaak (vergiftig) en opgestop het. Om probleme op te los moet jy ander seer maak. “Alles in die natuur streef na chaos. Alles wil uiteindelik ineenstort, ontbind, verbrokkel.”

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Fassinasie met die dood

A

Hy was gefassineer deur die dood en chaos en daarom het hy by chemiese en biologiese oorlogvoering betrokke geraak. As dokter in virologie was hy betrokke by wreedaardige projekte soos Project Coast, Project Nursery Rhyme en sy laaste projek wat handel oor breinbeheer. Hy is so gevoelloos dat hy eksperimente doen op weerlose babas om die menslike brein te beheer.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Fassinasie met die dood (2)

A

Hy put genot daaruit om te sien hoe iemand ly. Sy eksperimente oor breinbeheer bewys dat hy glo dat hy die toekoms kan beheer. “Daar is goed in hierdie wêreld wat donkerder is as donker.
Vieslike mense wat vieslike goed aanvang.”

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Fassinase met die dood (3)

A

Hy is wreed en vertel met smaak vir Xander hoe hulle sy pa doodgemaak en van sy lyk ontslae geraak het - Stadler glimlag onheilspellend. “Jou pa se dood … daar was ‘n makabere skoonheid aan …”. Terwyl regter Gericke vermoor is het Sebastian die moord verfilm en die video aan Xander gestuur. Tot op die laaste oomblik is hy uittartend teenoor Xander omtrent sy pa se moord, maar 3 koeëls/skote uit Xander se pistool lei tot sy dood (een in die kop en twee in die hart).

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Fassinase met die dood (4)

A

Tot aan die einde van sy lewe was Sebastian Stadler ‘n genadelose wreedaard. Sebastian was ook verantwoordelik vir die dood van sy neef, Rian Trollip en Dok Pienaar asook die aanval op Chris Owen. Sebastian se lewensfilosofie is dat moraliteit ‘n swakheid is. “Almal is onskuldig totdat ons in die lig staan. Dan sien almal die bloed aan ons hande.”

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Sadistiese karaktereienskappe

A

Sebastian ly aan grootheidswaan en sê dat hy lamlendige mense soos sy neef, Rian Trollip verafsku. Hy verwys na Chris Owen en Dok Pienaar as dromers en beskou homself as meerderwaardig. Hy is voortdurend besig om slinkse planne te maak (bv. Hy het daarop aangedring dat die Lawsons vir Greg uitnooi na hul huispartytjie in Clifton).

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Sadistiese karaktereienskappe (2)

A

Hy is ‘n ongure, sadistiese karakter met baie kontakte wat hy manipuleer om te doen wat hy vereis (bv. “Dis soos ‘n menigte slange wat krioel in ‘n onderwêreldse rivier van bloed.” Hier verwys hy na al die invloedryke mense met wie hy kontak het). Hy glo dat hy mag het oor almal en alles.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Sadistiese karaktereienskappe (3)

A

Hy is ingelig (bv. oor Greg en Xander se planne en bewegings). Die dokter weet baie oor baie dinge Hy is uitdagend en vol bravade (bv. toe hy vir Greg en Xander waarsku dat hy hulle sal vang voordat hulle hom sal vang). Dirk noem hom “die duiwel self”. Hy is ‘n glibberige kalant wat telkens daarin slaag om te verdwyn wanneer iemand op sy spoor is. Glibberig soos ‘n slang – ‘n slang kan dood, vernietiging, boosheid of gif verteenwoordig. In Christelike tradisie kan die slang versoeking, die duiwel en verraad voorstel

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Geesgenoot

A

Valkyrie is sy vrou en ook sy geesgenoot (sy “Lady Macbeth”) omdat sy hom aanspoor tot geweld en moord. Haar voorkoms: swart skouerlengte hare, streng mond, oë is gewoonlik versluier agter ‘n bril of ‘n masker.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly