Bl. 104 - 119 Sure, basisse en PH-waarde Flashcards

(55 cards)

1
Q

Waarom moet jy versigtig wees met sterk basisse soos oondskoonmakers?

A

Oondskoonmakers is ‘n sterk basis, en jy moet rubberhandskoene dra en versigtig wees om nie die dampe daarvan in te asem nie

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Watter voorbeelde van basisse word in die laboratorium gebruik?

A

Basisse wat in die laboratorium gebruik word, sluit in natriumhidroksied (bytsoda) (NaOH), ammoniak (NH₃), kaliumkarbonaat (potas) (K₂CO₃), en natriumkarbonaat (wassoda) (Na₂CO₃)

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Noem enkele algemene huishoudelike basisse

A

Algemene huishoudelike basisse sluit in natriumhidrogeenkarbonaat (koeksoda), ammoniak, soda-as (wassoda), en oondskoonmakers

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Wat is die eienskap van basisse?

A

Basisse voel glad of seepagtig aan. Sommige basisse kan net so bytend soos sure wees

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Wat word sterk sure ook genoem, en watter voorbeelde is daar?

A

Sterk sure word ook mineraalsure genoem. Voorbeelde sluit in soutsuur (HCl), swaelsuur (H₂SO₄), en salpetersuur (HNO₃).

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Noem enkele algemene huishoudelike sure.

A

Algemene huishoudelike sure sluit in asynsuur in asyn, sitroensuur in suurlemoene en lemone, tamiksuur in tee, en melksuur in suurmelk

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Wat is die eienskap van sure?

A

Sure is bytend en kan materiale ‘wegvreet’ en jou vel of oë kan brand

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Wat is een manier om stowwe te klasifiseer?

A

Een manier om stowwe te klasifiseer, is om hulle as suur, basisse of neutrale stowwe te klassifiseer. Hierdie klassifikasie is op die pH-waarde van die stof gegrond

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Wat noem ons ‘n basis wat in water oplos?

A

‘n Alkali

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Hoe kan pH gemeet word?

A

Die pH kan met ‘n pH-meter of ‘n pH-indikator gemeet word

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Noem ‘n voorbeeld van ‘n sterk basis en ‘n swak basis met hul pH-waardes.

A
  • Sterk basis: “‘n Oplossing van natriumhidroksied sal ‘n pH-waarde van 14 hê.”
  • Swak basis: “‘n Oplossing van koeksoda (natriumbikarbonaat) sal ‘n pH-waarde van nagenoeg 9 hê.”
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Watter pH-waardes het basisse, en hoe verhoud dit tot hul sterkte?

A

Basisse het pH-waardes tussen 7 en 14 – hoe sterker die basis, hoe hoër die pH-waarde

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Noem ‘n voorbeeld van ‘n sterk suur en ‘n swak suur met hul pH-waardes.

A
  • Sterk suur: “Batterysuur (swawelsuur) het ‘n pH-waarde van sowat 1.”
  • Swak suur: “Asyn het ‘n pH-waarde van sowat 3
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Watter pH-waardes het sure, en hoe verhoud dit tot hul sterkte?

A

Sure het pH-waardes tussen 0 en 7 – hoe sterker die suur, hoe laer is sy pH-waarde. Batterysuur het byvoorbeeld ‘n pH-waarde van sowat 1

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

Wat is die pH-waarde van ‘n neutrale stof? Noem ‘n voorbeeld.

A

‘n Stof met ‘n pH-waarde van 7 is neutraal – dit is nóg suur nóg alkalies. Suiver water is ‘n neutrale stof en het ‘n pH-waarde van 7.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
16
Q

Wat is die pH-skaal en wat meet dit?

A

Wetenskaplikes het ‘n skaal ontwikkel wat die pH-skaal genoem word om te meet hoe suur of alkalies ‘n stof is. Die pH-skaal is van 0 tot 14 genommer.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
17
Q

Watter pH-waardes word geassosieer met sterk sure, swak sure, neutraal, swak basisse en sterk basisse?

A
  • Sterk suur: 1–2
  • Swak suur: 3–4
  • Neutraal: 7
  • Swak basis: 8–9
  • Sterk basis: 10–14
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
18
Q

Kan jy jou eie indikator maak? Hoe?

A

Jy kan ook jou eie indikator maak deur ‘n aftreksel te berei bestaande uit rooibos, rooi uieblare, beet en vele ander gekleurde plante en blomme

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
19
Q

Noem drie algemene indikators wat in die laboratorium gebruik word.

A

Die mees gebruikte indikators in die laboratorium is lakmoes, broomtimolblou en fenolftaleïen

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
20
Q

Watter kleure wys sure wanneer hulle met ‘n universele indikator reageer?

A

Sure verander die kleur van die universele indikator na geel, oranje en rooi kleure

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
21
Q

Wat is ‘n universele indikator?

A

‘n Universele indikator is ‘n mengsel van indikators. Hierdie mengsel is daartoe in staat om die volledige skaal van pH-waardes aan te dui deur ‘n ander kleur by elke pH-waarde te wys

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
22
Q

Watter kleurveranderinge wys broomtimolblou?

A

Broomtimolblou is geel in ‘n suur, groen in ‘n neutrale oplossing en blou in ‘n basis

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
23
Q

Watter kleurveranderinge wys lakmoespapier?

A

Lakmoespapier is rooi in ‘n suur en blou in ‘n basis.

24
Q

Hoe kan indikators toegedien word?

A

Indikators kan in vloeistofvorm wees en by ‘n oplossing gevoeg word. Indikators kan ook in die vorm van papierstrokies wees wat jy in ‘n oplossing doop

25
Hoe word indikators gewoonlik verkry?
Baie indikators word uit plante onttrek en hulle verander van kleur afhangende van of die oplossing suur of basis is.
26
Wat is die doel van indikators?
Ons gebruik **indikators** om vas te stel of 'n stof 'n suur, 'n basis of 'n neutrale oplossing is
27
Watter kleur het rooi uiewater in suur, neutraal en basis?
- Suur: Rooi - Neutraal: Violet - Basis: Groen
28
Watter kleur het rooikoolwater in suur, neutraal en basis?
- Suur: Rooi/Pienk - Neutraal: Violet/Pers - Basis: Blou/Groen/Geel
29
Watter kleur het borriewater in suur en basis?
- Suur: Geel - Basis: Rooi
30
Watter kleur het fenolftaleïen in suur en basis?
- Suur: Kleurloos - Basis: Pers (Rooi)
31
Watter kleur het broomtimolblou in suur, neutraal en basis?
- Suur: Geel - Neutraal: Groen - Basis: Blou
32
Watter kleur het rooi lakmoespapier in suur en basis?
- Suur: Rooi - Basis: Blou
33
Watter kleur het blou lakmoespapier in suur en basis?
- Suur: Rooi - Basis: Blou
34
Watter kleure wys die universele indikator in suur, neutraal en basis?
- Suur: Rooi/Oranje/Geel - Neutraal: Groen - Basis: Blou/Violet/Pers
35
Watter pH-omvang en kleur word geassosieer met 'n sterk basis?
- pH 11-14 - Violet/Pers
36
Watter pH-omvang en kleur word geassosieer met 'n swak basis?
- pH 8-11 - Blou
37
Watter pH-waarde en kleur word geassosieer met 'n neutrale stof?
- pH 7 - Groen
38
Watter pH-omvang en kleur word geassosieer met 'n swak suur?
- pH 3-6 - Oranje/Geel
39
Watter pH-omvang en kleur word geassosieer met 'n sterk suur?
- pH 0-3 - Rooi
40
Wat is die verskil tussen die toetse vir waterstof en suurstof?
- Waterstof: Ontplof met 'n brandende houtspaander. - Suurstof: Laat 'n gloeiende houtspaander herontvlam
41
Noem twee gasse wat tydens reaksies van sure met basisse vrygestel kan word
1. Waterstof 2. Koolstofdioksied
42
Watter gasse is reukloos en kleurloos, en vereis dus spesifieke toetse?
Waterstof, suurstof en koolstofdioksied is reukloos en kleurloos, en vereis eenvoudige toetse vir identifikasie
43
Waarom is dit makliker om sommige gasse soos ammoniak te identifiseer?
"Sommige gasse het 'n kenmerkende kleur of reuk, soos pers jodiumdampe of die sterk reuk van ammoniakgas, wat hul identifikasie vergemaklik
44
Wat gebeur wanneer 'n gloeiende houtspaander in suurstofgas geplaas word?
Die houtspaander slaan aan die brand.
45
Hoe toets ons vir suurstofgas in die laboratorium?
Suurstof onderhou verbranding. Om vir suurstof te toets, plaas ons 'n gloeiende houtspaander in die gas wat ons toets. As die gas suurstof is, sal die houtspaander aan die brand slaan
46
Wat gebeur wanneer 'n brandende houtspaander by waterstofgas gehou word?
Dit ontplof met 'n kenmerkende plofgeluid.
47
Hoe kan ons waterstofgas identifiseer in die laboratorium?
Waterstof is 'n plofbare gas. As jy 'n brandende houtspaander by die mond van 'n proefbuis hou wat waterstof bevat, sal die waterstof met 'n kenmerkende plofgeluid ontplof
48
Noem 'n voorbeeld van 'n sterk suur en basis wat in laboratoriums gebruik word.
- Sterk suur: Swawelsuur (H₂SO₄) of Soutsuur (HCl)
49
Wat vorm wanneer oplosbare metaaloksiedes (bv. Na₂O) in water reageer?
Hulle vorm basisse oplossings (pH > 7), soos natriumhidroksied.
50
Wat vorm wanneer nie-metaaloksiedes in water oplos?
Hulle vorm suuroplossings met pH < 7 (bv. CO₂ vorm koolsuur).
51
Watter waarneming dui op CO₂ in kalkwater?
Die kalkwater word melkerig of troebel.
52
Hoe toets ons vir koolstofdioksiedgas?
Bubble die gas deur helder kalkwater (Ca(OH)₂). As dit melkerig word, dui dit op CO₂.
53
Is die pH altyd 7 na neutralisasie?
Nee, die finale pH hang af van die sterkte van die suur en basis. 'n Sterk suur met 'n swak basis sal 'n pH < 7 hê, en omgekeerd.
54
Wat is die algemene vergelyking vir 'n neutralisasie-reaksie?
Suur + Basis → Sout + Water
55
Wat gebeur wanneer 'n suur met 'n basis reageer?
Hulle neutraliseer mekaar en vorm 'n sout en water. Die H⁺-ione van die suur reageer met die OH⁻-ione van die basis om water (H₂O) te vorm.