BOTANY Flashcards
(64 cards)
Wat word die voorstelling van die diagram genoem?
Filogenetiese boom.
Wat is die gemeenskaplike voorouer van alle plante?
Akwotiese wier voorouer (alge).
Wanneer het die eerste landplante op aarde verskyn?
480 miljoen jaar.
Noem die 4 ontwikkelingsrigtings wat plante ingeneem het om op land aan te pas.
- Kutikula ontwikkel
- Vaatweefsel (xileem en floeem)
- Sade
- Blomme
Wat is die verskil tussen nie – vaskulere en vaskulere plante?
- Nie – vaskulere: het nie xileem en floeem nie.
- Vaskulere: plante het xileem en floeem.
Noem die 4 afdelings van Plantae van primitief tot gevorderd.
- Briofiete (mosse)
- Pteridofiete (varings)
- Spermatofiete (saadplante)
- Gymnosperme (sade)
- Angiosperme (blom)
Wat beteken ‘plante ondergaan n generasiewisseling tydens hul lewensiklus’?
Generasiewisseling: wanneer n ongeslagtelike generasie met n geslagtelike generasie afgewissel word.
Wat word die ongeslagtelike lewensiklus genoem?
Sporofietgenerasie.
Wat word die geslagtelike lewensiklus genoem?
Gametofietgenerasie.
Wat is die verskil tussen haploied en diploied?
- Haploied: gehalveerde getal chromosome, gevorm deur meiose, by mens = 23 chromosome
- Diploied: dubbel getal chromosome, gevorm deur bevrugting, by mens = 46 chromosome.
Waar leef mosse?
In klam, skaduryke omgewings.
Noem twee redes waarom mosse so afhanklik van water is.
- Hulle het nie xylem om water te vervoer nie, moet dit direk deur blare absorbeer.
- Benodig water om te kan voortplant – spermselle moet na eiersel swem.
Wat is ‘n tallus?
Besit nie ware wortels, stingels en blare nie.
Noem die drie struktuurlike komponente van ‘n mosplantjie.
- Blaaragtige struktuur
- Stingelagtige struktuur
- Risoiede
Wat is die strukturele geskiktheid van die blare van mosse vir hulle habitat?
- Enkellaag selle
- Geen kutikula
- Geen vaatweefsel
Tot watter generasie behoort die volwasse mosplantjie?
Gametofiet: besit geslagsorgane tussen die blare.
Identifiseer generasie A en B.
- A: gametofiet
- B: sporofiet
Wat is die proses wat plaasgevind het om generasie B te vorm?
Bevrugting: spermsel en eiersel het versmelt om ‘n sigoot te vorm.
Beskryf die volwasse mosplant se chromosoomgetalle.
- Funaria hygrometrica = 28 chromosome (haploied)
- Sporangium = 56 chromosome (diploied)
- Spore = 28 chromosome (haploied).
Noem die biologiese belangrikheid van mosplante as pioniers vir die mens.
- Pionierplante
- Bind grond en voorkom grond erosie
- Bron van bemisting
- Grondbeddekers
Waar leef varings?
In klam, skaduryke omgewings.
Waarom is varings afhanklik van water?
Spermselle benodig steeds water sodat dit na eiersel kan swem.
Noem die vier struktuurlike komponente van ‘n varingplant.
- Saamgestelde blaar
- Blaarsteel
- Ondergrondse stingel
- Bywortels
Tot watter generasie behoort die volwasse varingplant?
Sporofietgenerasie: sporangia is gelee aan die onderkant van die varingplant.