D.A 1.3 Flashcards

Hoofstuk 4-5 (10 cards)

1
Q

Is die volgende stelling waar of vals?

Indien ʼn persoon binne gemeenskap van goed getroud is, word vooraf skriftelike toestemming, wat deur twee bevoegde getuies geattesteer is, van die ander genoot vereis om ʼn kontrak te onderteken om onroerende bates van die genote aan ʼn derde party te verkoop.

A

Vals

Bl74-75

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Vul die ontbrekende woord in:

Wanneer ʼn genoot nie sy consortium-plig in die onstoflike sin nakom nie, is daar slegs een privaatregtelike remedie tot die ander genoot se beskikking, naamlik…

A

ʼn egskeidingsbevel.

Bl54

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Om aanspreeklikheid op te doen vir die aankoop van huishoudelike benodighede deur die ander genoot, moet daar aan die volgende vereistes voldoen word:

i. Beide genote moet meerderjarig wees.

ii. Toestemming moet vooraf verkry word.

iii. Die items wat aangekoop is, moet as redelik en noodsaaklike huishoudelike benodighede kwalifiseer.

iv. Die genote moet ʼn gesamentlike huishouding deel.

v. ʼn Geldige verbintenis moet tussen die genote bestaan.

A

iii, iv en v.

Bl59

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Meneer en mevrou X is binne gemeenskap van goed getroud. Watter van die volgende bates vorm deel van die gemeenskaplike boedel?

i. ʼn Bedrag van R10 000 wat meneer X as skadevergoeding vir saakbeskadiging ontvang het.

ii. ʼn Bedrag van R7 000 wat mevrou X as genoegdoening ingevolge artikel 18(a) van die Wet op Huweliksgoedere 88 van 1984 ontvang het.

iii. Die vleuelklavier wat mevrou X vir haarself gekoop het voordat sy en meneer X met mekaar getroud is.

iv. Die huurinkomste ontvang uit ʼn huureiendom, welke eiendom uitgesluit is van die gemeenskaplike boedel van die genote.

v. ʼn Bemaking aan mevrou X wat by wyse van die testament van die betrokke oorledene van die gemeenskaplike boedel uitgesluit is.

A

i, iii en iv

Bl68-71

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Is die volgende stelling waar of vals?

In Du Plessis v Pienaar NO 2003 1 SA 671 (HHA) bevestig die hof dat beide genote se afsonderlike bates aangewend kan word om skuldeisers van ʼn gesekwestreerde gemeenskaplike boedel te betaal.

A

Waar

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Is die volgende stelling waar of vals?

ʼn Ongeregistreerde naverbinteniskontrak is inter partes afdwingbaar maar nie teenoor derde partye nie.

A

Vals

Bl85-86

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Die algemene reël is dat verbinteniskontrakte vóór die verbintenis gesluit moet word. Artikel 21(1) van die Wet op Huweliksgoedere 88 van 1984 magtig egter die Hoë Hof om ‘n verandering in die bestaande goederebedeling van ‘n verbintenis met ‘n naverbinteniskontrak te beveel.

Watter van die volgende is vereistes vir ʼn suksesvolle aansoek ingevolge artikel 21(1)?

i. Die genote moet die aansoek gesamentlik bring.

ii. Geen ander persoon moet deur die voorgenome verandering benadeel word nie.

iii. Die naverbinteniskontrak moet deur twee bevoegde getuies onderteken word.

iv. Die skuldeisers van die genote moet voldoende kennis van die aansoek ontvang.

v. Gegronde redes moet vir die verandering aangevoer word.

A

i, ii, iv en v.

Bl87

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Is die volgende stelling waar of vals m.b.t die betrokke aansoek?

Gestel X en Y nader die Hoë Hof gesamentlik om hul huweliksgoederebedeling te verander sodat die aanwasbedeling op hul verbintenis van toepassing is. Die aansoek voldoen in alle opsigte aan die vereistes kragtens artikel 21(1) van die Wet op Huweliksgoedere 88 van 1984.

Die aanwasbedeling kan met terugwerkende effek ingevoer word.

A

Waar

Bl88

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Ben en Bettie is buite gemeenskap van goed met insluiting van die aanwasbedeling getroud op 1 Januarie 1997. Tydens die sluiting van die huwelik het Ben ‘n R20 000 oortrokke rekening by die bank en Bettie het R20 000 spaargeld (in kontrak as aanvangswaarde verklaar). Tien jaar na huweliksluiting sterf Ben en hy laat ‘n netto boedel van R500 000 agter. Sy boedel bestaan, onder andere, uit die volgende: R10 000 wat hy as vergoeding vir pyn en lyding ontvang het (genoegdoening); ‘n plaas wat R350 000 werd is en wat in terme van die huweliksvoorwaardekontrak van die aanwasbedeling uitgesluit is; en ‘n horlosie van R20 000 wat hy van sy vader (tydens die bestaan van die huwelik) geërf het. Ten tye van Ben se afsterwe is die netto waarde van Bettie se boedel R100 000. Haar boedel bevat, onder andere, die volgende: R20 000 wat haar moeder aan haar (tydens bestaan van huwelik) geskenk het en waarmee sy vir haar ʼn diamant halssnoer gekoop het; R10 000 vergoeding vir vermoënsskade wat sy na ‘n motorongeluk ontvang het. Volgens die beswaarde gemiddelde van die verbruikersprysindeks is R1,00 by huweliksluiting tans (by die beëindiging van die huwelik) R3,00 werd. Wat is die waarde van die aanwas-eis?

A

R50,000.00

Bl95-102

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Braam en Maggie is ingevolge die aanwasbedeling getroud. Tydens die sluiting van die verbintenis het Braam R20 000 in sy spaarrekening gehad (in kontrak as aanvangswaarde verklaar) en geen skuld nie. Maggie het egter studieskuld van R50 000 en geen bates nie. Maggie sterf in ʼn motorongeluk en laat ʼn netto boedel van R300 000 na wat bestaan uit:

Intestate erflating van haar pa (tydens bestaan van verbintenis ontvang) = R35 000;
Genoegdoening vir naamskending = R5 000;
Bates self versamel = R260 000.
Tydens Maggie se afsterwe is Braam se netto boedelwaarde R100 000. Die waarde van geld tydens sluiting van die verbintenis was twee maal meer werd as by ontbinding. Bereken die aanwas-eis.

A

R100,000.000

Bl95-102

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly