Die Tarentaal Flashcards
(24 cards)
Wie is die digter en wie is die spreker in hierdie gedig
Digter - Totius
Spreker - Die jagter
Die digter vergelyk die geluid wat die tarentaal maak,met…?
Die geluid van ‘n kruiwa se wiel
Hoekom maak die tarentaal hierdie geluid maak
Want hy voel alleen
Noem twee van die tarentaal se grootste vrese as hy nie ‘n maat kan vind nie
Hy sal die nag alleen in die boom slaap en hy sal alleen doodgaan
Haal ‘n woord uit die eerste strofe aan wat vir ons sê watter tyd van die dag die tarentaal na ‘n maat soek en gee ‘n sinoniem vir hierdie woord
“skeemring” - skemer - as die son sak
Identifiseer die stylfiguur in reel 9 en 10 en verduidelik die funksie daarvan
Assonansie. Die lang vokale (aa en oo) beklemtoon die gevoel van eensaamheid
Hoekom is “en dit is ook al laat” tussen aandagstrepe geplaas? Gee twee redes
Dit beklemtoon dat hy lank gewag het voordat hy ‘n maat begin soek het. Die aandagstrepe vertraag die tempo van die gedig
Wat is die funksie van die sterretjie voor die laaste strofe?
Dit dui ‘n verandering in die gedig aan
Watter rymskema word in die gedig gebruik
Paarrym
Watter gedagte word deur die rymskema beklemtoon
Die gedagte van finaliteit dat iets hartseer gaan gebeur.
Voltooi die volgende sin: Die lang klanke wat deur die hele gedig gebruik word, beklemtoon die gevoel van…
eensaamheid
Waarom gebruik die digter die woorde “skeemring” en “naadring” in plaas van skemering en nadering
Ter wille van ritme
Dui die alliterasie in reel 10 aan
The h’s
Haal ‘n voorbeeld van onomatopoeia aan wat aandui dat die spreker in die gedig ‘n skoot afgevuur het
“Knal”
Wat het hierdie gedig en Die Snoek deur Barend Toerin in gemeen
Albei handel oor diere wat deur die mens doodgemaak word.
Hoe voel jy daaroor om voels en ander diere dood te maak?
Hartseer,want diere moet ook lewe
Funksie van parentese in reel 5
Die tarentaal het te lang te wag om ‘n maat te soek
Hoekom soek doe tarentaal ‘n kameraad
Hy will nie alleen die nag in ‘n boom slaap nie
Wat gebeur in reel 10
Die tarentale is bang vir die jagter
Sinoniem vir kerm
Kla
Sinoniem vir droefgeestig
Hartseer
Naadring
Nadering - om nader te kom
Die Tema
Die hartseer wat ervaar word as ‘n geliefde deur die dood weggeneem word
Stemming/Toon
Die stemming is hartseer, droewig, veral omdat tarentale monogame voëls is, wat beteken hulle kies net een maat gedurende hulle lewe. As daardie maat sterf, bly hulle alleen vir die res van hulle lewe