Gedig: Die Skedel Lag al Huil die Gesig Flashcards
(36 cards)
Van watter finaliteit kan die spreker nie wegskram nie?
Die dood
Watter woord dui aan dat sy nie weet wanneer sy sal sterf nie?
Eendag
Met watter gesindheid sal sy eendag die dood tegemoet gaan?
- Uitdagend, sy sal dit trotseer
- Met ‘n laggende skedel.
- Met ‘n wrange soort sin vir humor.
Watter verband is daar tussen “laggende skedel”, “sin vir humor”, en “mevrou Ples” in reels 2, 3 en 4?
‘n Grynslag
Hoe sal jy nou die “laggende skedel” se lag beskryf?
‘n Grimlag
Spotlag
Hoonlag
Waarvan word die skedel ‘n simbool?
Dood
Verganklikheid
Sterflikheid
Waarom sal die spreker nie, soos mevrou Ples en die bloubok eendag na haar dood in ‘n museum se glaskas uitgestal word nie?
Hulle was albei iets besonders: mevrou Ples is ‘n unieke vonds en die bloubok het reeds uitgesterf.
Wat bedoel sy met haar uitspraak in reël 7; “ ‘n Seldsame dier is die mens nou nie juis”?
Die mens is nie iets besonders of die moeite werd om te bewaar en uit te stal nie, want hy is nie ‘n skaars genoeg spesie nie. Daar is juis te veel mense op aarde.
Die voegwoord “Tog” skep, net soos “nietemin” of “nogtans” sekere verwagtinge. Bespreek hierdie stelling deur na reël 8 te verwys.
Nadat sy verklaar het dat die mens niks besonders of seldsaam is nie, wil sy daarop wys dat die mens baie slim is - anders as ‘n dier of mevrou Ples.
Benoem die beelspraak in reël 8 en 9: “ons met ons innerlike uurwerkvernuf”.
Metafoor
Wat word met hierdie beeld bedoel?
Die mens het ‘n innerlike besef van tyd
Die mens werk ddeur tyd aangejaag om te presteer
Die mens se verstand is ‘n ingewikkelde meganisme, wat wonderlike dinge tot stand kan bring
Die mens is tot geweldige presiesheid in staat, soos ‘n horlosie.
Watter =2 soorte beelspraak kom voor in “groot swaaiende hyskraangebare” in reël 3?
Metafoor en personifikasie.
Waarom is die beelspraak in die vorige vraag so gepas?
Die swaaiende hyskraanbewegings word direk met reusegebare vergelyk. Hiermee verkry die hyskraan self as’t ware menslike status. Dit is ‘n baie treffende beeld, omdat die reusehyskraan ‘n verlengstuk van die menslike vernuf word, soos ‘n reusehand wat ‘n yslike groot gebou op sy regte plek neer kan sit. Dis ‘n letterlike illustrasie van die omvang van die geweldige menslike prestasies.
Haal die werkwoord in reël 12 aan en verduidelik waarom dit ‘n voorbeeld van ‘n oordrywing of hiperbool is:
Die werkwoord “neerplak”.
Dit is onmoontlik dat selfs die grootste hyskraan ‘n wolkekrabber kan oplig en iewers gaan “neerplak”, dit wil sê neersmyt.
Reëls 8-12 gaan oor die mens se vernuf in die boubedryf. Wat word in die sin van reëls 12-18 beskryf?
Goudmynbedryf
Watter eienskap van die mens word deur die adjektief “grabbelende” beskryf?
Gierigheid
Die mens se navorsing gaan dus in die eerste plek om geld te maak.
Hoe sluit die beeld in reëls 14-15 aan by die beeld in reël 10?
Nes by die “hyskraangebare”-beeld, is dit ‘n metafoor, asook personifikasie.
Bespreek die geslaagdheid van die beeld. Verwys na reël 14-16: “om ons arms diep/ soos skagte te sink en die grys erts / te gryp en op te trek”
Die myaksie (hyser, toerusting en myners) word as ‘n reusearm voorgestel wat ondergronds reik en rondtas na die gouderts, dit gryp en optrek. Die mynaksie word dan ook vermenslik deur die personifikasie. Die menslike vernuf word weereens letterlik deur die beeld geïllustreer.
Verklaar waarom dit gepas is dat reël 14 op die woord “diep” eindig en dat reël 15 met “soos skagte” begin?
Die enjambement illustreer of visualiseer die afdaal na die dieptes.
Watter effek het die g- en r-klanke in reëls 15 tot 17?
Die harde en skerp klanke pas by die betekenis van die reëls: die harde arbeid om die gouderts uit te haal en tot ‘n fyn stof te vergruis.
Watter tipe halfrym word aangetref in die woorde “dwarsdeur dolomiet” (reël 14)
d-alliterasie
Wat sou die funksie van bogenoemde halfrym wees?
Dit dien as bindmiddel; die harde eksplosiewe d-klank suggereer ook die harde dolomiet of klipbanke waardeur geboor en gegrawe word.
Hoe pas die gebruik van die woord “korfagtig” in by reël 18? en watter beeldspraak is hier ter sprake?
Die goudstawe word dig opmekaar gestapel soos die selle in ‘n byekorf. Dit is weer ‘n metafoor.
Hoe pas “korfagtig” in by die res van die gedig?
Die mens is die hele tyd besig met bedrywighede in die wêreld, soos die bye in ‘n byekorf. Die ooreenkoms tussen bye en die mens se bedrywighede is opvallend: beide werk van nature, op ‘n koorsagtige wyse en baie noukeurig.