HS 1.1 - Hersiening van die markomgewing Flashcards
(9 cards)
Wat is die markomgewing?
Die direkte eksterne omgewing van die onderneming
Wat is die mate van beheer wat ‘n besigheid oor die markomgewing het?
Beperkte/min beheer
Wat moet ‘n besigheid kan doen om suksesvol te wees?
Moet in staat wees om ‘n invloed uit te oefen oor die komponente van die markomgewing
Noem drie komponente van die markomgewing.
- Verbruikers/kliënte
- Verskaffers
- Tussengangers
Behalwe vir verbruikers, verskaffers en tussengangers, noem nog 2 komponente van die markomgewing.
- Mededingers
- Ander organisasies/burgerlike samelewing soos GBOs, NROs, reguleerders, strategiese alliansies, en vakbonde
Waar of Vals: ‘n Besigheid het volledige beheer oor die markomgewing.
Vals
Die term ‘tussengangers’ in die markomgewing verwys na _______.
[die agentskappe wat tussen die besigheid en die verbruikers opereer]
Waar of Vals:
‘n Besigheid se sukses hang af van sy vermoë om ‘n invloed op die markomgewing se komponente uit te oefen.
Waar
Waar of Vals:
Mededingers is nie deel van die markomgewing nie.
Vals