K1 Flashcards
(8 cards)
Sosio-ekonomiese wanbalanse
Wanbalanse in mense se toegang tot hulpbronne soos behuising, gesondheidsorg, opvoeding en behoorlike lewenstandaard.
Lewenstandaard
Mense se toegang tot goed soos produkte en dienste wat die lewe geriefliker maak
Grondwet
Dit is die hoogste wet van Suid-Afrika, wat die regte en pligte van alle Suid-Afrikaners uiteensit.
Handves van Regte
Ingesluit in die Grondwet, dis is ‘n lys van al die belangrikste regte van die burgers van ‘n land
Ongelykheid in Suid-Afrika
- Die ongelykheid tussen rassegroepe is besig om kleiner te word, maar die ongelykheid binne rassegroepe word grooter.
- Suid-Afrika het een van die wêreld se hoogste ongelykheidskoerse
- Armoede en ongelykheidskoerse verlaag nie vinnig genoeg nie.
Wat is die oorsake van sosio-ekonomiese wanbalanse en armoede in Suid-Afrika?
- Een van die oorsake van hierdie wanbalanse is apartheid. Apartheid het op grond van ras teen mense gediskrimineer.
- Nog ‘n oorsaak van sosio-ekonomiese wanbalanse in Suid-Afrika is die regering se onvermoë om die ekonomie te laat groei en swak dienslewering.
- Plaaslike regering en munisipaliteite kan behuising en sanitasie nie vinnig genoeg lewer nie.
- Werkloosheid is ook ‘n groot probleem in Suid-Afrika en ‘n oorsaak van ongelykheid en armoede
Hoe kan Suid-Afrika armoede verminder en die land meer gelyk maak?
- Onderwys en die ontwikkeling van vaardighede is ‘n belangrike manier om ongelykheid en armoede te bekamp. Sonder dit is dit nie moontlik om ‘n goeie werk te kry en ten volle aan die ekonomie deel te neem nie. Die Handves van Menseregte gee aan alle Suid-Afrikaners, insluitende volwassenes, die reg op basiese onderwys.
- Daar is ‘n groot vaardigheidstekort in Suid-Afrika. Dit is sleg vir die land se ekonomiese groei. Die regering het die Wet op Vaardigheidsontwikkeling ingestel. Besighede werk saam met die regering om werkers se vaardighede te verbeter.
- Die skep van volhoubare werksgeleenthede. Werkskepping is ‘n belangrike deel van die vermindering van ongelykheid en armoede deurdat meer mense aan die ekonomie kan deelneem. Die land moet dus die soorte werk skep wat die werklose mense kan doen. Die regering het in 2004 met die Uitgebreide Openbare Werks-Program (UOWP) begin. Hierdie program teiken ongeskoolde en werklose mense.
Suid-Afrika het baie uitdagings o armoede en ongelykhede aan te spreek. Bespreek die stedelike en landelike uitdagings
- Mense trek na stedelike gebiede op soek na werk.
- Dienslewering in stedelike gebiede word as belangriker beskou as dienslewering in landelike gebiede
- Daar is meer armoede in landelike gebiede as in stedelike gebiede
- Moeiliker om dienste aan landelike gebiede te lewer, waar mense oor groot afstande versprei is
- Baie van hulle kan nie werk kry nie omdat landelike gebiede so min infrastruktuur het. Infrastruktuur is die basiese stelsels en dienste wat nodig is om ‘n land behoorlik aan die gang te hou, byvoorbeeld geboue, vervoer, water en elektrisiteit.
- Stede en dorpe het probleme soos werkloosheid, oorbevolking, swak dienslewering, misdaad, omgewinskade en MIV/vigs.