Maniere om ontwikkeling te meet Flashcards
(14 cards)
Wat is geboortekoers?
Die aantal lewende geboortes per 1000 mense in ‘n jaar.
Wat beteken ‘n hoë geboortekoers?
Daar word baie babas gebore; kom dikwels in ontwikkelende lande voor.
Wat beteken ‘n lae geboortekoers?
Minder babas word gebore; algemeen in ontwikkelde lande.
Wat is sterftekoers?
Die aantal sterftes per 1000 mense in ‘n jaar.
Wat beteken ‘n hoë sterftekoers?
Baie mense sterf; dit kan wys op swak gesondheidsorg of armoede.
Wat beteken ‘n lae sterftekoers?
Minder mense sterf; wys dikwels op goeie gesondheidsorg en lewensstandaarde.
Wat is bevolkingsgroei?
Die toename (of afname) in ‘n land se bevolking oor tyd.
Hoe word bevolkingsgroei bereken?
Geboortes – sterftes + immigrasie – emigrasie.
Wat beteken vinnige bevolkingsgroei?
Die bevolking groei vinnig, dikwels as gevolg van ‘n hoë geboortekoers en lae sterftekoers.
Wat is ‘n geslagspiramide?
‘n Grafiek wat die verspreiding van geslag (manlik/vroulik) en ouderdom in ‘n bevolking wys.
Wat wys ‘n breë basis op ‘n geslagspiramide?
Baie jong mense – hoë geboortekoers.
Wat wys ‘n smal basis op ‘n geslagspiramide?
Minder jong mense – lae geboortekoers.
Wat wys ‘n reguit vorm op ‘n geslagspiramide?
‘n Stadig groeiende of stabiele bevolking – dikwels in ontwikkelde lande.
Hoe help geslagspiramides om ontwikkeling te meet?
Hulle wys bevolkingspatrone soos geboortes, sterftes en ouderdomsverdeling – wat help om ‘n land se ontwikkelingsvlak te bepaal.